Bulletin 8-14 Mei 2022

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Albé Theunissen
Tema: ‘n Ma se storie
Teks: Luk 1:26 – 33

VANDAG
MOEDERSDAG
09h30 Erediens (Doop)
Deuroffers: Getuienis
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens.
Kategese Gr 4-10 na erediens.
Tee na afloop van erediens in Skooltjie

Baie geluk aan Nardus Fick en Sharlene de Beer-Fick wat vandag hul dogtertjie, ISLA, doop.

DONDERDAG, 12 MEI
17:30 Diensverhoudinge- en Finanskommissie vergadering in die kerkkantoor.

SONDAG, 15 MEI
Kanselruiling met De Rust gemeente
09h30 Erediens – Ds Francois du Plooy
Deuroffers: Getuienis
Kategese

MAANDAG, 16 MEI
18:00 Kerkraadsvergadering in die Skooltjie.

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
09/05 Christa Truter
12/05 Anna van der Waldt
14/05 Elna Coetzee
14/05 Floris van den Heever

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Antoinette Gerber
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.

Iemand siek of in die hospitaal?
Kontak asb vir ds Albé by 082 928 3561.

KOMMISSIEVERGADERINGS
Diensverhouding & Finanskommissie: Donderdagaand, 12 Mei, 17h30 in die kerkkantoor.
KERKRAADSVERGADERING: 16 Mei om 18h00 in die Skooltjie.

Daniël Mannekonferensie
Manne by ‘n kruispad deur Braam Grobbelaar van Moreletapark Gemeente
Datum: 20-22 Mei 2022
Plek: NG Oudtshoorn-Park, Buitekantstraat 200
Tyd: 19:00-21:00 (Vrydag), 08:00-14:00 (Saterdag)
Skakel asb kerkkantoor by 044 2722719 om bywoning te bevestig

Deurdiens
Verwelkom kerkgangers vanaf 9vm by die deure. Indien u hierby wil inskakel, kontak asb vir Arthur Muller by 072 821 9400.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u e-pos, selnommer, telefoonnommer of adres verander.

HUUR VAN PERSELE
CJV Saal : R1 000 (R1 000 deposito)
Braaikamer : R500 (R500 deposito)
Skooltjie : R500 (R500 deposito)
Kombuis : R800 (R1 000 deposito)
Maak gebruik van ons persele. Lidmate betaal net halfprys.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205

Basaar NG Oudtshoorn-Noord
Basaar op 14 Mei 2022. Kom kuier saam vanaf 11:00 by die Kafee.
Basaar open amptelik om 11:30.
Groente, pannekoek, koek, brood & beskuit, kindertafel, poeding, kafee.

Moedersdag
As jy nog ‘n ma het, wees lief vir haar, waardeer haar.
As jy nie meer ‘n ma het nie, koester haar mooi herinneringe diep in jou hart.
As jyself ‘n ma is, dank God dat hy jou met moederskap gekroon het
en druk jou kinders styf teen jou vas!
Geniet ‘n gelukkige en geseënde Moedersdag

Leraar: Ds Albé Theunissen Sel: 082 928 3561 Epos: albe@moeder.co.za
Koster: Jan Engels Sel: 082 770 9995
Skriba: Annelet Nortier Tel: 044 272 3130 Epos: skriba@moeder.co.za
Facebook: Oudtshoorn Moedergemeente             Webwerf: www.moeder.co.za
Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00           WhatsAppnr 062 969 8718