EREDIENS SONDAG 23 AUGUSTUS

EREDIENS SONDAG 23 AUGUSTUS

Kan jy jou vir een oomblik indink hoe die lewe sonder ‘n Bybel sou wees?
Wel, as dit nie vir die werk van die Bybelgenootskap was nie, het ons dalk nie elkeen ‘n Bybel in ons eie taal gehad nie, en sou baie van ons nie ‘n Bybel kon bekostig nie.

Vandag is BYBELSONDAG, en daarby vier ons die 200ste verjaarsdag van die Bybelgenootskap in SA.
Ons het vandag nie ‘n YouTube nie, maar ‘n video van ‘n “besoekende leraar” – dr Quintus Heine van die Bybelgenootskap.
Dank die Here opnuut daarvoor dat jy ‘n Bybel in jou moedertaal, jou hartstaal kan lees.
Bid asb vir die werk van die Bybelgenootskap – vir vertaling en verspreiding van Bybels. En bid vir genoegsame fondse sodat Bybels gesubsidieer kan word om teen bekostigbare pryse beskikbaar te wees.

Die Bybelgenootskap het vir sy 200e verjaarsdagjaar baie dinge beplan, o.a. om fondse in te samel.  Covid-19 het al die planne omver gewerp. Indien jy ‘n bydrae wil maak vir die BYBELGENOOTSKAP, betaal dit by jou kerkkantoor in of betaal dit direk in by Bybelgenootskap (kyk op webtuiste vir bankbesonderhede)

JAMMER:

Vriende, dit lyk vir my die video van ons “besoekende leraar” van die Bybelgenootskap wil op hierdie Saterdagaand nie deurgaan nie.

Word stil voor die Here, met die gebed van Lied 254:
Spreek Heer, spreek Heer, want U dienaar luister. Net u Woord, Heer, bring weer lig in duister. Amen

Lees 2 Tim 3:14-17 en oordink die woord.