Bulletin 6 – 12 Maart 2022

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Baie welkom aan ds Gerrit van Schalkwyk wat vandag se erediens waarneem.
Tema: Links of regs? Wat kies jy?
Teks: Luk 13: 6 – 9 Luk 23: 33 – 34; 39 – 43

VANDAG
TWEEDE LYDENSWEEK
09h00 Dankseggingsdiens – Ds Gerrit
Deuroffers: ACVV Dienssentrum
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens.
Kategese Gr 4-10 na erediens.
Tee na afloop van erediens in Braaikamer

DINSDAG – DONDERDAG
Kerkkantoor is gesluit

DONDERDAG, 10 MAART
09:00 Biduur Tuishuis

SONDAG, 13 MAART
DERDE LYDENSWEEK
09h00 Lofprysingsdiens
Deuroffers: Gemeentebediening Sinode
Kategese

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
07/03 Anita Schoeman
10/03 Boet Barkhuizen
10/03 Ziska Olivier

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Nico Oppel
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde

Kom leef jou gawe of talent uit:
*  Deurdiens (verwelkom kerkgangers vanaf half 9 by die deure)
*  Teediens (skink tee na erediens en ruim op – indien ons genoeg helpers kry, is ‘n  diensbeurt slegs een keer per kwartaal. Ons benodig 2 dames per Sondag. Stuur asb jou naam en Deurdiens / Teediens per sms of whatsapp na 0629698718

Tweede Lydensweek
Luk 23 : 43 – Jesus antwoord hom: ”Ek verseker jou:
Vandag sal jy saam met My in die paradys wees
Simboliek: Takke en vrugte wys op paradys (alhoewel Jesus hier na die HEMELSE PARADYS verwys en nie na Eden nie.)

BASAAR :
Teken asb hierdie datum aan:
Op 27 April, Vryheidsdag, gaan ons almal lekker saamwerk om ons DANK teenoor die HERE met ‘n vrolike fees te vier. Ons hou ‘n kort Reëlingsvergadering op Dinsdagaand , 15 Maart, om 17h30 in die konsistorie.

BYBELSTUDIE:
Alle dames welkom om in te skakel by Bybelstudiegroepe. Dinsdae 8:45vm of Dinsdae 10vm in konsistorie. Kontak ilsa 084 279 1797

BYBELS
Het jy dalk enige ekstra Bybels? Bring dit asb kerk of kerkkantoor toe. Ons wil dit graag uitdeel aan mense wat nie het nie.

Iemand siek of in die hospitaal?
Kontak asb vir ds Albé by 082 928 3561.

KERKKANTOOR IS 8 – 10 MAART GESLUIT VIR AFSLUITING VAN DIE FINANSIËLE BOEKJAAR EN OUDIT.

MISSIE JAPAN GEBEDSVERSOEKE
Bid asseblief saam vir die Here se sorg en leiding met:
1.  Ons gesondheid en volledige herstel ná die Corona virus
2.  Nuwe ritme en diepte in ons werk en bedieninge
3.  Die keuring en toelating van nuwe studente by KRTS.
4.  Wysheid vir die opkomende vergadering met Shikoku ring
5.  Die Du Rands op hulle nuwe pad, voortaan los van Missie Japan.

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word. Dankie vir u ondersteuning met hierdie projek. Ons het die afgelope boekjaar R1 984-00 ingesamel.

Nuwe lidmate
WELKOM aan alle nuwe lidmate in Moedergemeente. Dis ons bede dat julle in Moedergemeente ‘n geestelike tuiste sal vind waar julle die Here se liefde beleef, en waar julle deur diensbaarheid en betrokkenheid geleentheid sal vind om die Heer se liefde uit te leef. Mag julle saam met Moedergemeente groei in julle kennis van die Here en sy Woord, en so ook in julle liefde vir Hom! By die deure is ‘n vormpie vir nuwe intrekkers wat jy kan invul. Jy is ook welkom om ‘n draai by die kerkkantoor te maak (Maandae tot Vrydae
09:00 – 11:00), of om met ds Albé Theunissen kontak te maak (082 928 3561).

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb. Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u ondersteuning met hierdie projek. Ons het die afgelope boekjaar R3 605-25 ingesamel.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u e-pos, selnommer, telefoonnommer of adres verander.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205

HUUR VAN PERSELE
CJV Saal: R1 000 (R1 000 deposito)
Braaikamer: R500 (R500 deposito)
Skooltjie: R500 (R500 deposito)
Kombuis: R800 (R1 000 deposito)
Maak gebruik van ons persele. Lidmate betaal net halfprys.

LIEFDE LEEF PROJEKTE:
Na Desember vakansie is ons spens redelik leeg. Daar is asb. groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap… Enige ander skenkings van komberse, lakens, gordyne, handdoeke en klere sal ook waardeer word. Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

Gedagte vir die dag
Maak tyd om Bybel te lees, want dis die voedsel van jou gees.
Maak tyd om te bid, want dis die krag wat wonderwerke wakker skud.
Maak tyd om te glo want dis hoe jy seën van Bo ontvang.
Maak tyd om te vertrou, want dis die ankertou wat jou bo sal hou.

Leraar: Ds Albé Theunissen Sel: 082 928 3561    Epos: albetheunissen@gmail.com
Koster: Jan Engels Sel: 082 770 9995
Skriba: Annelet Nortier Tel: 044 272 3130    Epos: ngoud@mweb.co.za
Facebook: Oudtshoorn Moedergemeente      Webwerf: www.moeder.co.za
Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00      Whattsappnr 062 969 8718