Bulletin 31 Julie – 13 Augustus 2022

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Albé Theunissen
Tema: Wat is die mens?
Teks: Gen 1:26-28

VANDAG
09h30 Erediens
Deuroffers: Studentebearbeiding
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens.
Kategese Gr 4-10 na erediens.
Tee na afloop van erediens in Skooltjie

MAANDAG, 1 AUGUSTUS
18h00 Gemeentebediening in die Skooltjie

DONDERDAG, 4 AUGUSTUS
09h30 Biduur Tuishuis

VOLGENDE SONDAG, 7 AUGUSTUS
09h30 Erediens
Deuroffers: Gemeentehulpfonds
Geen Kategese

DONDERDAG, 11 AUGUSTUS
09h30 Biduur Gottlandhuis

SONDAG, 14 AUGUSTUS
09h30 Voorbereidingsdiens
Deuroffers: Arbeidsbediening
Kategese

Na 9½ jaar groet ons vandag ons skriba.
Annelet, dankie vir jou getroue diensbaarheid en bowenal dat jy Liefde laat Leef het in die kerkkantoor. Voorspoed en vreugde vir jou nuwe werksomgewing, mag die Here jou seën.

Liefste Gemeente,
Baie dankie dat ek die afgelope 9½ jaar deel van Moedergemeente kon wees. Dit was vir my ‘n voorreg om hier te kon werk. Ek sal julle mis, veral dié wat gereeld by die kerkkantoor kom inloer het. Onthou altyd julle leuse: LIEFDE LEEF! ♥ Annelet Nortier ♥

BELANGRIK!!!
Die kerkkantoor sal tot verdere kennisgewing slegs oop wees op:
Maandae, Woensdae & Vrydae 09h00 tot 11h00. Baie dankie aan Marianna Stassen wat tydelik uithelp as skriba.

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
06/08 Anna Cronje
10/08 Hennie Jansen
12/08 Lucy Swiegelaar

Ons bid vir die lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Elize Matthee
Lucinda Spies
Asook lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.

Innige meegevoel met:
Lizel Wolmarans en familie, met die afsterwe van haar ma, Babara Botha.

Iemand siek of in die hospitaal?
Kontak asb vir ds Albé by 082 928 3561.

KOMMISSIEVERGADERINGS
Gemeentebediening: Maandagaand, 1 Augustus, 18h00 in die Skooltjie.
Eiendomskommissie, DVK & Finanskommissie: Maandagaand, 5 September, 17h30 in die Skooltjie.

KERKRAADSVERGADERING: 12 September, 18h00 in die Skooltjie.

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerk -kantoor pos. Ons leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

LIDMAAT GEGEWENS
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

NOODSPENS
Daar is asb.groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap … Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630

Leraar: Ds Albé Theunissen    Sel: 082 928 3561    Epos: albe@moeder.co.za
Koster: Jan Engels Sel: 082 770 9995
Tydelike Skriba: Marianna Stassen    Tel: 044 272 3130    Epos: skriba@moeder.co.za
Facebook: Oudtshoorn Moedergemeente           Webwerf: www.moeder.co.za
Kantoorure: Maandag, Woensdag & Vrydag: 09h00 – 11h00        WhatsAppnr 062 969 8718