Bulletin 13 Maart – 9 April 2022

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Albé Theunissen
Tema: Daar is jou moeder
Teks: Joh 19: 26,27

VANDAG
DERDE LYDENSWEEK
09h00 Lofprysingsdiens
Deuroffers: Gemeentebediening Sinode
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens.
Kategese Gr 4-10 na erediens.
Tee na afloop van erediens in Braaikamer

DINSDAG, 15 MAART
17H30 Basaarvergadering in die konsistorie

DONDERDAG, 17 MAART
09:00 Biduur Gottlandhuis

SONDAG, 20 MAART
VIERDE LYDENSWEEK
09h00 Erediens – Ds Smuts
Deuroffers: Teologiese Kweekskool

SONDAG, 27 MAART
VYFDE LYDENSWEEK
09h00 Erediens
Deuroffers: Hospitaalbediening

SONDAG, 3 APRIL
SESDE LYDENSWEEK
09h00 Erediens – Ds Gerrit
Deuroffers: Gemeentefonds

TEMA: KRUISWOORDE van Jesus
Derde Lydensweek Joh 19: 26,27
Toe Jesus sy Moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief was…. Sê Hy vir haar: ”Daar is u seun” en vir die dissipel: “Daar is jou moeder”
Simboliek: Twee kleure doek word verbind. Jesus bind mense saam – selfs in SY diepste lyding! Vrouefiguur dui op Maria.

Vierde Lydensweek Joh 19: 28
Hierna het Jesus gesê: “Ek is dors”
Simboliek: Blou doek en fontein herinner ons aan water waarna Jesus smag, maar wat Hy nie kry nie.

Vyfde Lydensweek Matt 27: 46
….duisternis het oor die hele land gekom… Teen drie uur het Jesus hard uitgeroep: “My GOD, My GOD, waarom het U my verlaat?”
Simboliek: Swart doek, soos duisternis in die plek van die son… (Die enigste plek waar God vir Jesus kon verlaat, was toe Jesus ter helle neerdaal)

Sesde Lydensweek Luk 23: 46
Jesus het hard uitgeroep: “Vader in U hande gee ek my lewe oor!”
Simboliek: Takke na bo is Jesus se arms wat Hy in oorgawe na God strek.

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
14/03 Rina de Beer
14/03 Niel Truter
18/03 Stef Steffens
20/03 Corrie Alberts
25/03 Dotty van Rensburg
29/03 Johan Lategan
29/03 Minnie van der Vyver
06/04 Adre Odendaal

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Joyce Stears
Nico Oppel
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.

Innige meegevoel met:
Johanna Olivier en Adele Olivier-Lombard en gesin, met die afsterwe van hul man en pa.

Iemand siek of in die hospitaal? Kontak asb vir ds Albé by 082 928 3561.

NUWE LIDMAAT:
Baie welkom aan die volgende lidmaat, wie se lidmaatskapbewys ons ontvang het.
Vanaf Brandfort: Fick Nardus

BASAAR :
Teken asb hierdie datum aan: Op 27 April, Vryheidsdag, gaan ons almal lekker saamwerk om ons DANK teenoor die HERE met ‘n vrolike fees te vier. Ons hou ‘n kort Reëlingsvergadering op Dinsdagaand , 15 Maart, om 17h30 in die konsistorie.

Nuwe lidmate
WELKOM aan alle nuwe lidmate in Moedergemeente. Dis ons bede dat julle in Moedergemeente ‘n geestelike tuiste sal vind waar julle die Here se liefde beleef, en waar julle deur diensbaarheid en betrokkenheid geleentheid sal vind om die Heer se liefde uit te leef. Mag julle saam met Moedergemeente groei in julle kennis van die Here en sy Woord, en so ook in julle liefde vir Hom!
By die deure is ‘n vormpie vir nuwe intrekkers wat jy kan invul. Jy is ook welkom om ‘n draai by die kerkkantoor te maak (Maandae tot Vrydae 09:00 – 11:00), of om met ds Albé Theunissen kontak te maak (082 928 3561).

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word. Dankie vir u ondersteuning met hierdie projek.

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb. Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u ondersteuning met hierdie projek.

BYBELS
Het jy dalk enige ekstra Bybels? Bring dit asb kerk of kerkkantoor toe. Ons wil dit graag uitdeel aan mense wat nie het nie.

LIEFDE LEEF PROJEKTE:
Daar is asb. groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap… Enige ander skenkings van komberse, lakens, gordyne, handdoeke en klere sal ook waardeer word. Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

HUUR VAN PERSELE
CJV Saal: R1 000 (R1 000 deposito)
Braaikamer: R500 (R500 deposito)
Skooltjie: R500 (R500 deposito)
Kombuis: R800 (R1 000 deposito)
Maak gebruik van ons persele. Lidmate betaal net halfprys.

EK IS

EK is vir jou ‘n put, bodemloos met geduld
  EK is vir jou ‘n spruit, bruisend met hoop
EK is vir jou ‘n rivier, vloeiend met genade
  EK is vir jou ‘n oseaan, groot met liefde

EK is vir jou die wind, strelend oor jou siel
  EK is vir jou die son, warm in jou hart
EK is vir jou die reën, sag op jou gees
  EK is vir jou die maan, hangend oor jou lewe

     Wees jy vir My ‘n kind van geloof
   Wees jy vir My ‘n arm van vrede
     Wees jy vir My ‘n woord an vergifnis
   Wees jy vir My ‘n hand van gebed

Wees jy vir My ‘n aanbidder. EK is vir jou ‘n GOD
  Wees jy vir My ‘n navolger, EK is vir jou ‘n Herder
Wees jy vir My ‘n leerder, EK is vir jou ‘n Meester
  Wees jy vir My ‘n dienskneg, EK is vir jou Heer

Leraar: Ds Albé Theunissen    Sel: 082 928 3561    E-pos: albe@moeder.co.za
Koster: Jan Engels    Sel: 082 770 9995
Skriba: Annelet Nortier    Tel: 044 272 3130     E-pos: skriba@moeder.co.za
Facebook:   Oudtshoorn Moedergemeente      Webwerf: www.moeder.co.za
Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Whattsappnommer    062 969 8718