Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.
Smuts Janse van Rensburg
Teks: Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here toe.” (Ps 122:1)
VANDAG
09:00 Kinderdiens en Matriekdiens
Deuroffers: Gemeente Jeug
Peuterkerk: Tydens erediens
Kategese: Gr 1-3 Tydens erediens
Kategese: Gr 4-10 Na erediens (Open gesamentlik in kerk)
Kategese: Gr 11 Na erediens (in Skooltjie)
DONDERDAG, 21 OKTOBER
09:00 Biduur – Gottlandhuis
SONDAG, 24 OKTOBER
09:00 Erediens – Bevestiging van kerkraadslede
Deuroffers: Herberg Kinderhuis (Huis E)
GEEN KATEGESE
DONDERDAG, 28 OKTOBER
09:00 Biduur – Tuishuis
SATERDAG, 30 OKTOBER
11:00 BASAAR
VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
18/10 Katie Strydom
19/10 Callie Boshoff
20/10 Gert Fourie
30/10 Elsie de Jager
Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Jacomina Graham
Cynthia Engels
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde
*Stel asb vir ds Smuts of die kerkkantoor in kennis van siekes
BIDURE:
Gottlandhuis
Donderdag 21 Oktober 09:00
Donderdag 18 November 09:00
Tuishuis
Donderdag 28 Oktober 09:00
Donderdag 25 November 09:00
KATEGESE 4e KWARTAAL
Ons het hierdie jaar soveel kategese klasse verloor agv Covid. Kom ons probeer met hierdie laaste kwartaal terugkeer na “normaal”. Ouers word aangemoedig om hulle kinders terug te bring na die erediens en kategese.
Datums van kategese
17 Oktober
24 Oktober (GEEN KATEGESE, Tuisnaweek)
31 Oktober
7 November
14 November (GEEN KATEGESE, Tuisnaweek)
21 November
28 November
5 Desember (Afsluiting)
BEROEPING NUWE LERAAR
Die kerkraad is tans besig met die proses om ‘n nuwe leraar te beroep, om ds Smuts se pos te vul na sy aftrede einde Januarie 2022, DV. Die Gemeente se volgehoue VOORBIDDING word gevra – mag die Here dié leraar wat Hy vir ons bestem het, na ons bring.
GEESTELIKE NOOD?
Jy is baie welkom om ons leraar, ds Smuts van Rensburg, te kontak in geval van geestelike nood, of as jy ‘n woord van bemoediging nodig het, of vir pastorale begeleiding (berading), of as jy soek na geloofsekerheid, of as jy navrae oor die Bybel het, of sommer net as jy wil hê dat hy vir jou ‘n gebed moet doen.
BELANGRIKE DATUMS 4e KWARTAAL
Sondag 24 Oktober: Bevestiging van kerkraadslede
Saterdag 30 Oktober: Dankfeesbasaar
Sondag 31 Oktober: Besoek van 3e leraar met oog op beroep
Dinsdag 2 November: Kerkraadsvergadering – verkies ouderlinge en beroep leraar
Donderdag 11 November: Aanneming van belydenisklas
Sondag 14 November: Belydenisaflegging
Sondag 21 November: Nagmaal
Sondag 5 Desember: Kinderdiens en Afsluiting kategese (oggend)
Kerssangdiens (Aand)
BASAAR 30 OKTOBER 2021
Sameroepers Basaar 30 Oktober 2021
Sameroeper Mariaan van Rensburg 082 319 7733
Vetkoek & Kerrie & Rys Erina Cilliers & 072 610 7170
Karen Rademan 083 574 8916
Kindertafel Louise de Kock 084 574 4933
Pannekoek Marian Swart 082 855 1389
Poeding Ellen Marais 082 214 5910
Gebak Trix v/d Westhuizen 072 447 6447
Rou vleis Deon de Kock 082 856 0524
Braaivleis (vir ete) Michael van Deventer 084 584 7882
Slaaie (vir ete) Elizabeth Verwey 078 250 3583
Hotdogs Juliana Struwig 084 563 7362
Potjiekos Marius Strydom 071 135 0517
Tuintafel Franswa Stassen 082 853 6582
Wit Olifante Riaana van Deventer 084 583 9146
Groente Ben Meyer 073 229 5259
Ete-kaartjies
Soos in verlede gaan ons ete weer ‘n winskoop en treffer wees @ slegs R70: Skaaptjop, hoendersosatie, wors, roosterkoek, 2 slaaie. Ook Potjiekos: Hoender of Skenkel @ R50
Kaartjies by kerkkantoor te koop.
HOUT VIR BRAAI ASB !!!
Tuintafel
Ons sal baie dankbaar wees vir skenkings van vetplantjies, skraalplantjies, enige plantjies!!!
Kindertafel
Span jul kreatiwiteit in en maak lekker interessante goedjies wat mooi versier is vir die kindertafel. Enige lekkergoed soos: Smarties,malvalekkers,chips, versiersuiker, ens. sal ook waardeer word.
Wit Olifante
Pak jou kaste, laaie, rakke, kamers en garage reg en raak van ALLES ontslae wat nie meer vir jou van nut is nie. Gee asseblief so spoedig moontlik by die kerkkantoor af.
Bestanddele
Alle bestanddele (vir vetkoek, pannekoek, gebak, ens) moet asb voor/op 18 Okt by kerkkantoor ingehandig word. Ons benodig: Vleis: Skape, beeste, varke
Poedingtafel:
Ons benodig asb baie poedings. Hulp met die opskep sal ook waardeer word.
MATRIEKS
“Maar julle moet vasstaan en nie moedeloos word nie,
want julle sal die beloning vir julle optrede ontvang.”
– 2 Kronieke 15:7 –
Sterkte met die eindeksamen. Ons bid dat julle rustigheid en kalmte sal ervaar en altyddeur bewus sal wees van God se teenwoordigheid.
Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za