Bulletin 10 – 23 April 2022

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Albé Theunissen
Tema: Besemmaniere

VANDAG
SEWENDE LYDENSWEEK
09h30 Kinderdiens
Deuroffers: Gemeente Jeug
Peuters bly in die kerk
Kategese Gr 1 -3 bly in die kerk
Kategese Gr 4-11 bly in die kerk
Tee na afloop van erediens in Braaikamer

TEMA: KRUISWOORDE van Jesus
Sewende Lydensweek Joh 19: 30
…het Hy gesê: “Dit is VOLBRING” Toe het Hy Sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.
Simboliek: Groot doringkroon sak in takke in soos Hy Sy hoof laat sak.

VRYDAG, 15 APRIL
GOEIE VRYDAG
09H00 NAGMAAL
Deuroffers: Gemeentefonds

SONDAG, 17 APRIL
09h30 Lofprysingsdiens
Deuroffers: Gemeentebediening

DONDERDAG, 21 APRIL
09:00 Biduur Tuishuis

SONDAG, 24 APRIL
09h30 Erediens
Deuroffers: Gideons
Kategese
Jeug & Kategete vergadering

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
14/04 Thys Nel
16/04 Vera Schoeman
17/04 Martie Slabbert
21/04 Dries Liebenberg
22/04 Christine Matthews

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.

Iemand siek of in die hospitaal?
Kontak asb vir ds Albé by 082 928 3561.

HUUR VAN PERSELE
CJV Saal : R1 000 (R1 000 deposito)
Braaikamer : R500 (R500 deposito)
Skooltjie : R500 (R500 deposito)
Kombuis : R800 (R1 000 deposito)
Maak gebruik van ons persele. Lidmate betaal net halfprys.

BYBELS
Het jy dalk enige ekstra Bybels? Bring dit asb kerk of kerkkantoor toe. Ons wil dit graag uitdeel aan mense wat nie het nie.

Nuwe lidmate
WELKOM aan alle nuwe lidmate in Moedergemeente. Dis ons bede dat julle in Moedergemeente ‘n geestelike tuiste sal vind waar julle die Here se liefde beleef, en waar julle deur diensbaarheid en betrokkenheid geleentheid sal vind om die Heer se liefde uit te leef. Mag julle saam met Moedergemeente groei in julle kennis van die Here en sy Woord, en so ook in julle liefde vir Hom!
By die deure is ‘n vormpie vir nuwe intrekkers wat jy kan invul. Jy is ook welkom om ‘n draai by die kerkkantoor te maak (Maandae tot Vrydae 09:00 – 11:00), of om met ds Albé Theunissen kontak te maak (082 928 3561)

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

BASAAR 27 APRIL 2022 om 11uur
Sameroeper: ILSA VAN SCHALKWYK 084 279 1797
Vetkoek / Kerrie & Rys    Karen Rademan 083 574 8916
Kindertafel     Louise de Kock 084 574 4933
Pannekoek     Isma van Tonder 082 775 1494
Poeding         Chrismari Terblanche 082 844 5578
Gebak            Trix v/d Westhuizen 072 447 6447
Rou vleis       Deon de Kock 082 856 0524
Braaivleis (vir ete)     Michael van Deventer 084 584 7882
Braai-bykosse           Francina Gerber 084 299 8461
Hotdogs            Juliana Struwig 084 563 7362
Potjiekos          Marius Strydom 071 135 0517
Teetuin             Susan J v Rensburg 076 334 4914
Wit Olifante    Elize du Plessis 063 725 9413

Ete-kaartjies
Skaaptjop, hoendersosatie, wors, broodrolletjie, 2 slaaie @ R80
Potjiekos: Skaapkenkel @ R60
Kaartjies by kerkkantoor te koop. Kaartjies kan ook per whatsApp bestel word by 062 969 8718. Verkope sluit 25 April om 11vm

Poedingtafel:
Ons benodig asb baie poedings. Hulp met die opskep sal ook waardeer word.

Kindertafel:
Span jul kreatiwiteit in en maak lekker interessante goedjies wat mooi versier is vir die kindertafel. Enige lekkergoed soos: Smarties,malvalekkers,chips, versiersuiker, ens. sal ook waardeer word.

WIT OLIFANTE
Pak jou kaste, laaie, rakke, kamers en garage reg en raak van ALLES ontslae wat nie meer vir jou van nut is nie. Gee asseblief so spoedig moontlik by die kerkkantoor af.

HOUT VIR BRAAI ASB !!!

Bestanddele
Alle bestanddele (vir vetkoek, pannekoek, gebak, ens) moet asb voor/op 20 April by kerkkantoor ingehandig word. Ons benodig:
Olie, maalvleis, poeding, rys, ENKELLAAG koeke, skroewe-pasta, bierboksies, suiker, meel en bruismeel, bak-margarien, eiers, ens…..
Vleis: Skape, beeste, varke.

Wat is lewe?
As jy kan vergewe sonder om ‘n woord te sê
As jy liefde in iemand se oë sien sonder om te vra
As jy kan glimlag sonder ‘n rede
As jy als gee met jou hart
As jy kan luister na die stem van God sonder om te twyfel
DIS LEWE!

Leraar:   Ds Albé Theunissen Sel:    082 928 3561     Epos: albe@moeder.co.za
Koster:   Jan Engels   Sel: 082 770 9995
Skriba:   Annelet Nortier    Tel: 044 272 3130    Epos: skriba@moeder.co.za
Facebook:    Oudtshoorn Moedergemeente         Webwerf: www.moeder.co.za
Kantoorure:   Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00        WhatsAppnr   062 969 8718