Bulletin Sondag 7 Maart 2021

Begin van 4e Lydensweek. Ons oordink in die 7 Lydensweke die pad wat Jesus gestap het na die kruis – Sy lyding om ons as sondaars te verlos.

Eredienste: Onthou, jy hoef nie meer jou naam by die kerkkantoor op te gee om erediens toe te kom nie. Jy kan maar net kom.
Kategese: Gr 1-10 tydens erediens, gr 11 na erediens. (Dieselfde reëling volgende Sondag 14 Maart.)

Kerkkantoor: Gesluit Maandag tot Woensdag (Ouditeure in kantoor.)

Tyd vir kom en tyd vir gaan: Ons sê maar net solank sodat die gemeente weet Januarie 2022 is dit vir my tyd om te gaan ( hopelik nie heen te gaan nie🤣), met aftrede. Die kerkraad het betyds ‘n pre-advies kommissie aangewys (waarop ook lidmate dien wat nie op die kerkraad is nie) om die kerkraad met aanbevelings te dien oor die proses van beroeping van ‘n nuwe leraar. Die gemeente sal, wanneer nodig, behoorlik ingelig word.

Siekes: Bid asb vir lidmate wat hierdie week in hospitaal was (of steeds is):
Sidney Stander, Cecilia Gerber, Stanley van Rensburg, Johan Lategan en Sue-Anne Janse van Rensburg. Bid asb ook vir siekes in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.

Mag julle almal ‘n geseënde Sondag beleef. Mag julle gevul word met krag en liefde, om in dié week as dankbare volgeling van Jesus te leef.