Bulletin 8 – 14 Maart 2020

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Sion sê: “Die Here het my verlaat, die Here het my vergeet.”
MAAR Kan ‘n vrou haar eie baba vergeet? (Jes 49:14,15a)

VANDAG
DERDE LYDENSWEEK
09:00 Erediens
Deuroffers: Gemeentebediening
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens.
Kategese Gr 4-10 na erediens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
Tee na afloop van die diens in Braaikamer

DINSDAG
08H45 & 10H00 Bybelstudie in konsistorie.

DONDERDAG
09h00 Bybelstudie by Gottlandhuis

VOLGENDE SONDAG
VIERDE LYDENSWEEK
09:00 Lofprysingsdiens
Deuroffers: Hospitaalbediening

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R3 901-00
Deuroffers: R1 508-30
Getal lidmate in diens: 158 + inwoners van 2 ouetehuise

Verkiesing van Kerraadslid
Op ‘n kerkraadsvergadering, gehou op Donderdag 27 Februarie, is die volgende lidmaat tot die kerkraad verkies:
Ouderlinge: Abry Bence

KERKKANTOOR IS 9 & 10 MAART GESLUIT VIR AFSLUITING VAN DIE FINANSIËLE BOEKJAAR EN OUDIT.

Wat beteken Lydenstyd vir jou?
Lydenstyd is ʼn tyd vir selfondersoek, skuldbelydenis, gebed en diens aan ander. Dit is ʼn tyd om nog meer as gewoonlik die Woord van God te lees en te oordink.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
10/03 Ziska Olivier, Tiranstraat 8
14/03 Niël Truter, Bothastraat 28

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Betsie Erasmus, Caves Aftreeoord 20
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Pieter Esterhuizen, Reservestraat 103
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

NUWE LIDMATE:
Baie welkom aan die volgende. lidmaat, wie se lidmaatskapbewys ons ontvang het.
Vanaf Humansdorp: Van der Merwe, Emanuella Elizabeth (Geb. Bellia), Wyk: Gottlandhuis

SONDAG 5 APRIL OM 16:00
Die Passie van ons Heer – met Woord, lied en musiek.
Ons is bevoorreg om op die sewende Lydenssondag, 5 dae voor Goeie Vrydag,
op hierdie besondere manier na te dink oor die pad wat ons Here Jesus
in ons plek geloop het.
Ons ontvang besoek van ‘n uitgelese musiekgroep van George (o.a. orrelis dr Gerrit Jordaan en pianis Dalene Brits) wat ons kom bedien. Slegs kollekte by deure. Nooi jou vriende om hierin te deel.