Bulletin 7 – 13 April 2019

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God. (Ef 2:8)

VANDAG
SESDE LYDENSWEEK
DANKSEGGING EN VEROOTMOEDIGING
09:30 Kinderdiens
Deuroffers: Gemeente Jeug
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kinders bly in kerk vir kinderdiens.
Graad 1-3 bly na die diens agter in kerk vir afmerk van registers.
Graad 4-10 gaan na klasse na diens.
Belydenisklas na diens in Skooltjie.
Tee na afloop van die diens in Braaikamer

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R4 352-40
Deuroffers: R1 091-90
Getal lidmate in diens: 159 + inwoners van 2 ouetehuise

VOLGENDE SONDAG
SEWENDE LYDENSWEEK
09:00 Erediens
Deuroffers: Gideons
Kinderdankofferkoeverte inhandig

Belangrike datums hierdie kwartaal
19 April GOEIE VRYDAG
21 April PAASFEES
28 April AFSKEID ds Gerrit en Ilsa
1 Mei (Woensdag) BASAAR
30 Mei (Donderdag) HEMELVAART
2 – 9 Junie PINKSTER & PINKSTERFEES

LYDENSWEKE
7 Apr – Week 6
Kanselkleed : net ‘n pikswart lap.
Rympie:

“My God, my God,
waarom het U my verlaat?
In U hande gee Ek my gees!”
– sodat ons nooit van
God verlate sal wees…

14 Apr – Week 7
Kanselkleed : Dit is volbring
Rympie:

Dit het Hy alles vir óns verduur!
Toe Sy asem Hom verlaat om 3 uur,
roep Hy hard : “Dit is volbring!”
En eers tóé eindig Sy lyding.

Biduur Tuishuis en Gottlandhuis
Donderdag 18 April om 09:00
(Agv die sinodesitting asook Hemelvaart en Pinksterbidure, sal daar hierdie kwartaal nie nog ander bidure in Tuishuis en Gottlandhuis gehou word nie.)

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
09/04 Marie Alberts, Bellinganhof 1ste vloer K211
09/04 Maria Pieterse, St Saviourstraat 65
11/04 Lydia Serfontein, Oudtshoorn aftreeoord 126

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Bossie Boshoff, Hoogstraat 206
Marinda Boshoff, Hoogstraat 206
Kobus le Roux, Riempie Village No 4
Deané Olivier, La Plume 3
Deon Briel, Adderleystraat 203
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met:
Louis en Cecile van Huyssteen met die afsterwe van Louis se broer.

NUWE LIDMATE:
Baie welkom aan die volgende. lidmate, wie se lidmaatskapbewyse ons ontvang het.

Vanaf Welgeluk:
Kuyler (Geb. Saayman), Duné Loopstraat 21 (Wyk: 04A)

Vanaf Lorraine:
Swiegelaar, Carel Hoopstraat 38A (Wyk: 33E)

Afskeid ds Gerrit en Ilsa
Op Sondag 28 April, na meer as 31 jaar diens in die gemeente, lewer ds Gerrit sy afskeidspreek en neem ons afskeid van hom en Ilsa. Na die diens sal daar ’n gesellige geleentheid wees waar lidmate ds Gerrit en Ilsa kan groet. ALMAL is welkom – by die erediens en die gesellige geleentheid.
(LW, dit is nie ’n tuisnaweek nie. Daar gaan wel nie kategese wees nie, sodat almal – ook die kinders – geleentheid kan kry om die gesellige geleentheid by te woon.)

BASAAR :
Op 1 Mei, Werkersdag, gaan ons almal lekker saamwerk om ons DANK teenoor die HERE met ‘n vrolike fees te vier.
Kafee : 10vm
Saaldeure : Maak eers 11vm oop!
Ete : 11:30 vm.

Basaar benodig asb :
* Bierboksies
* Groot gazebo
* kleinkoekies, enkellaag grootkoeke, kleiner melkterte en kleiner grootkoeke
* hout

Basaarlyste :
Tyd is bitter min. Neem asb u lys en besorg terug voor 25 April. Dankie!

ETEkaartjies :
Te koop by kerkkantoor @ R 65
[2 tjops, sosatie, wors, 2 slaaie, roosterkoekie]
Kaartjies is ook na die erediens in die konsistorie beskikbaar.

KINDERTAFEL
Span jul kreatiwiteit in en maak lekker interessante goedjies wat mooi versier is vir die kindertafel. Enige lekkergoed soos: Smarties,malvalekkers,chips, versiersuiker, ens. sal ook waardeer word.

Ons begin reeds vroeg met WIT OLIFANTE.
Pak jou kaste, laaie, rakke, kamers en garage reg en raak van ALLES ontslae wat nie meer vir jou van nut is nie. Gee asseblief so spoedig moontlik by die kerkkantoor af.

Tuintafel
Ons sal ook baie dankbaar wees vir skenkings van vetplantjies, skraalplantjies, enige plantjies!!!

DIENS VAN BARMHARTIGHEID:
Daar is asb.groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap, konfyt, ens. Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

BASAAR – WOENSDAG, 1 MEI
Groot dank aan die volgende konvenors.

Konvenors wat wag dat u aanmeld :
Kafee                Sonja MacKay 082 904 2137
Kinders            Noeline Grundling 072 371 1716
Pannekoek      Marie Verwey 082 946 4087
Poeding           Ellen Marais 082 214 5910
Gebak              Margaret v Rensburg 084 515 8799
Elaine Martin 076 162 0804
Rou vleis         Deon en Marie Briel 083 701 5538
Braaivleis        Michael v Deventer 084 584 7882
Hotdogs          Juliana Struwig 084 563 7362
Pot                   Marius Strydom 071 135 0517
Tuintafel         Lenie de Vos 082 340 4891
Wit Olifante   Anita Koen 083 294 8739
Koeldrank       Riaana v Deventer 084 583 9146
Groente           Ben Meyer 073 2295 259

Ek wens vir jou…
’n Bril – sodat jy die sonskyn en skaterlag in elke dag sal raaksien.
Dat die lourierblaar jou sal herinnerdat jy in Christus ’n wenner is.
Dat jy in die blommeprag rondom jou sal onthou
dat klein dingetjies sin aan die lewe gee.
Dat jy met passie sal lewe en onvoorwaardelik soos Christus sal liefhê.
Dat jy die goue draad van Sy genade wat jou ewig deurvleg, sal raaksien.
Dat jy in die voetspore van Jesus sal leef en sy voorbeeld sal navolg.

Leraar: Ds Gerrit van Schalkwyk:   Tel: 0442791751 :   Sel: 0828782954
Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg:   Tel: 0442791679 :   Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130   : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247      : Epos: ngoud@mweb.co.za       : www.moeder.co.za