Bulletin 6 September 2020

Goeiedag liewe vriende. Mag jy op hierdie Sondag versterk word in jou geloof en so ook bemoedig word vir jou lewenspad in navolging van Christus.

BULLETIN:
EREDIENSTE IN KERKGEBOU:
Onthou om die kerkkantoor weeksdae tussen 09:00-12:00 te skakel as jy eredienste wil bywoon. As daar teen Woensdag meer as 50 persone name opgegee het, kan ons ‘n tweede erediens om 10:30 hou.

OFFERS:
Offergawes (enige bydraes) kan by die kerkkantoor inbetaal word of Sondae in die dankofferbussie gegooi word. Wat deurkollektes betref: Kyk op die almanak vir watter instansies jy ‘n bydrae wil maak. Sit dit in gemerkte koevert, sodat skriba weet vir wie dit bestem is. Vandag se deuroffers is vir die Instituut vir Dowes.

VOORBIDDING VIR SIEKES:
Jan Engels
Cynthia Engels
Magriet Coetzee
Susan Janse van Rensburg
Jannie Struwig
Bossie Boshoff
Al die siekes in siekeboë van tehuise en aftreeoorde, lidmate wat positief getoets is vir Covid-19 (en verkies dat hul name nie bekend gemaak word nie).

VANDAG SE EREDIENS:
Die Skriflesing kom uit Jes 61 en 62. Jy kan gerus ook Luk 4:16-21 lees, omdat Jesus hier self verklaar dat die woorde van Jes 61 in Hom waar geword het.
En as jy wil saamsing, maak solank jou Liedboek by Lied 197 oop.

Geseënde Sondag vir julle! En stap die nuwe week met nuwe hoop en vertroue in!