Bulletin 30 MEI – 5 JUNIE 2021

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.
GETUIENISMAAND

Ds Gerrit van Schalkwyk
WOORD EN LIED: LÉWE deur die Heilige Gees ! Baie welkom aan ds Gerrit van Schalkwyk wat vandag se Lofprysingsdiens waarneem.

VANDAG
09:30 Lofprysingsdiens (Ds Gerrit van Shalkwyk)
Deuroffers: Zimbabwe / Malawi / Mosambiek
Peuterkerk tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens
Kategese gr 4-10 na erediens

DONDERDAG, 3 JUNIE
09:30 Biduur: Tuishuis

VRYDAG, 4 JUNIE
06:30 Biduur in die Skooltjie

VOLGENDE SONDAG, 6 JUNIE
BIDDAG VIR EKOLOGIE
09:30 Erediens
Deuroffers: Gemeentebediening
Kinderdankofferkoeverte inhandig

TOEGANG NA EREDIENSTE EN OPNEEM VAN OFFERGAWES
Al drie deure sal voortaan oop wees vir in- en uitgaan. (By al die deure sal sanitizer wees.) Moet asb nie by deure saamdrom nie – hou veilige afstand. Bankkollekte word met inkom in houer gemerk “Bankkollekte” geplaas. Deurkollekte word met uitgaan in houer gemerk “Deurkollekte” geplaas.

PINKSTERREEKS
‘n Wonderlike bedrag van R7 760-40 is gedurende die Pinksterreeks vir Bybelverspreiding ontvang.

Verkiesing van Kerraadslede
Op ‘n kerkraadsvergadering, gehou op Maandag 24 Mei, is die volgende lidmate tot die kerkraad verkies:
Ouderling: Ries Dempsey
Diaken: André Olivier

NUWE LIDMATE:
Baie welkom aan die volgende lidmate, wie se lidmaatskapbewys ons ontvang het.
Vanaf George-Bergsig: Olivier, Jacobus Johannes
Vanaf Oudtshoorn-Park: Grobler, MarieVERJAARSDAE 80+ jr:

Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
31/05 Anna Drotskie
01/06 Abe Coetzer

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.

Voorbidding word ook gevra vir die volgende:
• Sending
• Beroeping van ‘n nuwe leraar
• Ander gemeentes wat moet besluit of hulle wil terugstig.
• Dolering – dat die kerk bly by die ware leer van die Woord

Neem asseblief kennis van kategesedatums vir die res van kwartaal 2:
30 Mei–Kategese
6 Junie-Kategese
13 Junie–TUISNAWEEK
20 Junie–Kategese
27 Junie–Kategese
4 Julie–Kategese

POPIA WET
Moedergemeente voldoen aan hierdie Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting . Die kerkraad het die predikant en die skriba aangewys as die twee inligtingsbeamptes.

MEI-MAAND = GETUIENIS-MAAND
Die Here het gesê dat Hy sy Gees op ons sal uitstort, sodat ons sy getuies kan wees (Hand 1:8) In Mei fokus ons op ons roeping tot getuienis.
Ons gaan nie hierdie jaar ‘n vormpie invul waarin ons ons tot geloofsoffers ten bate van getuieniswerk verbind nie. Lidmate wat ‘n bydrae vir getuieniswerk (sendingprojekte) wil maak, kan die bydrae in ‘n koevert gemerk “GETUIENIS” sit en dit in die houer vir deuroffers gooi. Hierdie fondse sal uitsluitlik vir getuieniswerk (sending) aangewend word.

FINANSIȄLE JAARSTATE
Neem asb kennis dat die 2020/2021 Finansiële Jaarstate ter insae by die kerkkantoor beskikbaar is.

Die kerkraad het dit goedgedink om Ds Smuts na Pinkster ‘n week af te gee. ( 25 – 31 Mei ) Indien u ’n leraar nodig het, skakel gerus vir Manus Blignault by 0829683675 en hy sal met ‘n Ringsleraar reël.

DANKOFFER ELEKTRONIES
Dit sal die kerkraad baie help om beter te beplan oor die fondse indien u u maandelikse dankoffer via debietorder of internet inbetaal. (U moet asb self by die bank reël ivm die debietorder) Dankie vir u begrip.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank, Rek no 1752044630, takkode 175205

n Rand-‘n-jaar-projek
Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

LIEFDE LEEF:
Daar is asb.groot behoefte aan blikkies kos, pasta, toiletware, warm klere en komberse vir die noodspens.  Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres

ONTHOU – WOENSDAG 16 JUNIE DEURRY-WEGNEEM- BEDERFBOKSIE 12:30-13:30
Lamstjop, hoendersosatie, wors, roosterkoekie, wortelslaai, aartappelslaai, basaarpoeding en plaatkoek @ slegs R100. Plaas bestelling by Louise de Kock 0845744933 @ Vydag 11 Junie.  LW: Daar sal ook, apart van die bederfboksie, PANNEKOEK te koop wees!!!

JUNIE – MAAND VAN SPESIALE OFFERS
Agv Covid sal ons (weer) nie op 16 Junie ‘n gewone basaar kan hou nie. Ja, ons almal mis die saamwerk en samesyn van ‘n kerkbasaar, maar ons reken dat dit nie nou veilig is om basaar te hou nie.  Omdat dit die soveelste basaar is wat ons mis, gaan ons Junie-maand ‘n spesiale dankoffer insameling hou.
1. Kontantinsameling: Ons wil vra dat lidmate gedurende Juniemaand die bedrag wat jy vir die basaar sou bydra (kontant of bestanddele of items vir tafels), en die bedrag wat jy op die basaar sou spandeer, in ‘n koevert gemerk “BASAAR-OFFER” sal sit en dat jy dit in een van die houers vir offergawes sal plaas. (Jy kan dit natuurlik ook by die kerkkantoor inbetaal of per EFT oorbetaal.)
2. Woensdag 16 Junie Deurry-Wegneem-Bederfboksie: Ons gaan wel weer op 16 Junie ‘n deurry verkoping hou – vanaf 12:30 tot 13:30. (Ry aan SPAR se kant by parkeerterrein in, betaal en ontvang jou bederfboksie. Ry aan Kampstraat se kant van parkeerterrein uit.)
Soos altyd gaan jy weer baie goeie waarde vir jou geld kry. Jy kry ‘n braai-ete (lamstjop, hoendersosatie, wors, roosterkoek, wortelslaai, aartappelslaai) asook basaarpoeding én ‘n stukkie plaatkoek @ slegs R100!
Bestellings: Bestellings moet asb vooraf geplaas word @ Vrydag 11 Junie voor 13:00 by Louise de Kock – sel no 0845744933.
Bydraes en hulp: Dit sal wonderlik wees as jy ‘n bydrae kan maak en/of behulpsaam kan wees. Die volgende bydraes/hulp is welkom:
Bydraes vir en hulp met braai – kontak Deon de Kock 0828560524
Bydraes (bestanddele) vir en hulp met wortelslaai – kontak Elizabeth Verwey 0782503583
Bydraes (bestanddele) vir en hulp met aartappelslaai – kontak Mariaan v Rensburg 0823197733
Bydraes vir en hulp met basaarpoeding – kontak Ellen Marais 0822145910
Bestanddele vir of hulp met bak van plaatkoek – Louise de Kock 0845744933
3. Pannekoek 16 Junie: Daar gaan ook op 16 Junie 12:30 – 13:30 op die parkeerterrein (op ‘n ander punt as bederfboksie) pannekoek te koop wees. Jy kan jouself (of iemand anders) dus behoorlik bederf!
Bydraes van bestanddele (koekmeel, kookolie, eiers, suiker, ens) asook hulp met bak van pannekoek – kontak Marie Verwey 0829464087
LW: Alle bestanddele moet asb voor/op 9 Junie by kerkkantoor afgegee word!

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag:  09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 :     Epos: ngoud@mweb.co.za :     www.moeder.co.za