Bulletin 27 Januarie – 8 Februarie 2019

Ds Smuts Janse van Rensburg
Net soos die liggaam ‘n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus. (1 Kor 12:12)

VANDAG
09:00 Erediens
Deuroffers: Arbeidsbediening Plaaslik
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
(verlaat diens na kindertyd – sal op skerm aangedui word)
Kategese Gr 4-10 na kerkdiens.
Belydenisklas na kerkdiens.
Tee na afloop van die diens in (LW!) Braaikamer
10:30 Kategete vergadering

MAANDAG
17h30 Gemeentebediening in die Skooltjie.
18h30 Eiendomskommissie in die Skooltjie.

DINSDAG
18h00 Liefde-Leef Kommissie in die Skooltjie

WOENSDAG
18h00 Gespreksete ds Smuts met belydenisklas en ouers

DONDERDAG
09h00 Bybelstudie by Hoogstr. Pastorie

VRYDAG
06H00 Biduur

SONDAG, 3 FEBRUARIE
09:00 Erediens
Deuroffers: Gemeentefonds

SONDAG, 10 FEBRUARIE
09:00 Evangelisasiereeks – Ds Dave Viljoen
Deuroffers: Gemeentebediening

VERLEDE WEEK
Bankkollekte: R8 309-00
Deuroffers: R1 277-70
Getal lidmate in diens: 315 + inwoners van 2 ouetehuise

Ds Gerrit neem sy afnaweek 26 -30 Januarie. In geval van nood of dood, of as jy met ‘n bedienaar van die Woord wil gesels, kontak ds Smuts (044 279 1679 / 082 921 6854).

Ouers met peuters en babas
Almal – van speenoud tot beenoud, arm of ryk, in jou Sondagsklere of in jou werksklere – is baie welkom om die erediens in die kerkgebou by te woon.
Ouers met kleiner kinders (voorskoolse peuters) wat graag hulle peuters wil laat oppas terwyl hulleself rustig in die erediens kan wees, is baie welkom om hul kleingoed na die Peuterkerk te neem waar hulle tydens die diens sinvol deur vroue/mammas besig gehou word.
Ouers met babas wat gemakliker is om hul babas tydens die diens op ‘n privaat plek te versorg, is welkom om in die konsistorie te sit. Die diens word op ‘n TV-skerm na die konsitorie herlei.

Bidure Tuishuis 1e Kwartaal
Dinsdag 19 Februarie 09:00
Donderdag 7 Maart 09:00

BIDURE – GOTTLANDHUIS
Donderdag 21 Februarie
Donderdag 07 Maart
Donderdag 18 April

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
30/01 Bettie Kritzinger, Oudtshoorn Aftreeoord 5
04/02 Hermien Vermaak, Oudtshoorn Aftreeoord 119
06/02 Kobie Keyter, Milliniumpark Siekeboeg
06/02 Elna van der Westhuizen, Sonnehof Nr 6

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Poppie Grundling
Elsabé Naudé, Tuishuis W/S 32
Danie Niemand, Oxfordstraat 94(1)
Kobus Terblanche, Swartsingel
Bettie Kritzinger, Oudtshoorn Aftreeoord 5
Katy Strydom, Tuishuis W/S 22
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

NUWE LIDMATE:
Baie welkom aan die volgende. lidmate, wie se lidmaatskapbewyse ons ontvang het.
Vanaf Langenhovenpark:
Spies, Heidi (Geb. Engels), Elsonlaan 407, Wyk:29A
Spies, Schalk Francois Johannes, Elsonlaan 407, Wyk:29A
Spies, Frederik Johannes van Rooyen, Elsonlaan 407, Wyk:29A
Spies, Lucinda, Elsonlaan 407, Wyk:29A

Vanaf Kleinmond:
Swart, Cecil, Caves Aftreeoord 87 Wyk: 31B
Swart, Wilhelmina Christina (Geb. Brand), Caves Aftreeoord 87 Wyk: 31B

Kategese belydenisklas en ouers
Kinders in die belydenisklas en hulle ouers word genooi na ‘n gespreksete met ds Smuts op Woensdag 30 Januarie om 18:00. Sien asb die skrywe wat deur die kinders uitgestuur word en antwoord asb voor Maandag 28 Jan om te bevestig daat julle die geleentheid gaan bywoon.

EVANGELISASIEREEKS
Onthou ons Evangelisasiereeks Sondag 10 Februarie 09:00 en 18:30, Maandag 11 Febr 18:30 en Dinsdag 12 Feb 18:30. Prediker: Dr Dave Viljoen van Kenridge. Tema: Breek soos brood
Bring jou vriend, werknemer, gelowiges van enige gemeente om saam geestelik toegerus en opgebou te word.

KOMMISSIEVERGADERINGS
Jeugkommissie:
Sondag, 27 Januarie, 10h30 in die konsistorie.

Gemeentebediening:
Maandagaand, 28 Januarie, 17h30 in die Skooltjie.

Eiendomskommissie:
Maandagaand, 28 Januarie, 18h30 in die Skooltjie.

Liefde-Leef Kommissie:
Dinsdagaand, 29 Januarie, 18h00 in die Skooltjie.

Diensverhoudingkommissie:
Dinsdagaand, 19 Februarie, 17h30 in die kerkkantoor.

Finanskommissie:
Dinsdagaand, 19 Februarie, 18h30 in die kerkkantoor.

KERKRAADSVERGADERING
25 Februarie om 18h00 in die Skooltjie.

POTJIEKOS GESELLIGHEID
Ons wil graag Vrydag, 1 Maart, ‘n Potjiekos geselligheid in die binnehof van die Gemeentesentrum hou. Etekaartjies sal vanaf einde Januarie beskikbaar wees vir die heerlike potjiekos. Enigeen wat belangstel om potte te maak en/of bestanddele te skenk kan vir ds Gerrit skakel by 0442791751 of 0828782954)

Ete en Praatjie vir Sakepersone en ander belangstellendes
Ligte Middagete saam met Senior Toekomskundige van Universiteit Stellenbosch se Instituut vir Toekomsstudies DORIS VILJOEN
Tema: Sewe stilhouplekke na die toekoms van besigheid in SA
Vrydag 8 Februarie 12:30 – 14:00 in Moedergemeente Kerksaal
Toegang (ete plus praatjie): R150 (Die ete word aangebied as ‘n fondsinsamelingsprojek ten bate van NG Moedergemeente)

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb. Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

Kontak ons leraars
Indien jy ‘n geestelike behoefte het en graag met een van ons leraars wil gesels, neem vrymoedigheid om een van hulle te kontak:
Ds Gerrit van Schalkwyk 0442791751 of 0828782954
Ds Smuts van Rensburg 044 279 1679 / 082 921 6854

GEBEDSGELEENTHEID
Vrydag 1 Februarie om 06h00 ons maandelikse gebedsgeleentheid in die binnehof van die gemeentesentrum.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630,
Takkode 175205

Om oor na te dink
Wat die kerk vandag nodig het, is nie mense wat meer geld kan gee,
of slimmer planne kan bedink, of harder kan werk nie,
maar mense wat volhardend sal bid.
(EM Bounds)

Leraar: Ds Gerrit van Schalkwyk: Tel: 0442791751 : Sel: 0828782954
Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za