Bulletin 23 Februarie – 7 Maart 2020

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.
Liefde Leef Maand

Ds Smuts Janse van Rensburg
Ons sal aan die volgende geslag vertel van die roemryke dade van die Here en van sy mag, van die wonderdade wat Hy gedoen het. (Ps 78:4)

VANDAG
EERSTE LYDENSWEEK
09:00 Dankseggingsdiens
Deuroffers: Gemeentefonds
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens.
Kategese Gr 4-10 na erediens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
Tee na afloop van die diens in Braaikamer
11h00 Kategete toerusting in konsistorie

DINSDAG
08H45 & 10H00 Bybelstudie in konsistorie.

WOENSDAG
ASWOENSDAG

DONDERDAG
18h00 Kerkraadsvergadering

VOLGENDE SONDAG
TWEEDE LYDENSWEEK
09:00 Erediens
Deuroffers: ACVV Dienssentrum

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R5 486-10
Deuroffers: R1 353-50
Getal lidmate in diens: 258 + inwoners van 2 ouetehuise

KERKRAADSVERGADERING : Donderdag, 27 Februarie om 18h00 in die Skooltjie.

Ds Smuts – Vergadering
Ds Smuts sal hierdie week van Maandagmiddag tot Donderdagmiddag nie beskikbaar wees nie agv bywoning van ‘n vergadering. In geval van ernstige nood of dood, kontak asb die kerkkantoor.

ASWOENSDAG
Aswoensdag is die begin van die veertig dae Lydenstyd. Lydenstyd is ‘n tyd van selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed en diens aan ander. Dit is ‘n tyd om nóg meer as gewoonlik die Bybel te lees en te oordink. Deur dit alles berei ons voor vir Paasfees, wat die hoogtepunt van die kerklike jaar is.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
24/02 Emmie King, Millenniumpark 309
25/02 Jeanne Pelser, Martinique w/s 12
26/02 Anna Brummer, Merimar Woonstel 107
02/03 Hennie v/d Westhuizen, Bellinganhof Blok F nr 5
07/03 Anita Schoeman, Melkbossingel 17

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Betsie Erasmus, Caves Aftreeoord 20
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Franswa Stassen, Lamprechtstraat 443
Lana Bestbier, Parkweg 154
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Pieter Esterhuizen, Reservestraat 103
Ronel Crafford, Draaistraat 119
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met:
Familie en vriende van Anna Olivier (Oxfordst 20) met die verlies van haar afsterwe.
Sidney en Marie Stander (Badenhorstst 6) met die afsterwe van Marie se suster, Susie Scholtz.

Wêreldbiddag vir Vroue 2020
Vrydag 6 Maart by NG Kerk Oudtshoorn Park om 10:00
Tema: “Staan op! Neem jou slaapmat en loop.”
Die wêreldbiddag is ’n wêreldwye ekumeniese beweging van Christenvroue, -mans en kinders wat jaarliks bymekaarkom om ’n besondere dag van
gebed te vier. Regoor die wêreld in 170 lande word dieselfde tema gevier. Ons wil al die vrouens hartlik uitnooi om saam te kom bid. Bring asseblief julle huiswerkers saam. Kollekte word opgeneem.

Wêreldbiddag vir Mans
Saterdag 7 Maart om 06:30 kom ons mans in die Skooltjie bymekaar om voorbidding te doen vir verskeie sake. Nooi ook jou vriende van ander gemeentes en kerke om
saam te kom bid.

Nuwe lidmate
WELKOM aan alle nuwe lidmate in Moedergemeente. Dis ons bede dat julle in Moedergemeente ‘n geestelike tuiste sal vind waar julle die Here se liefde beleef, en waar julle deur diensbaarheid en betrokkenheid geleentheid sal vind om die Heer se liefde uit te leef. Mag julle saam met Moedergemeente groei in julle kennis van die Here en sy Woord, en so ook in julle liefde vir Hom!
By die deure is ‘n vormpie vir nuwe intrekkers wat jy kan invul. Jy is ook welkom om ‘n draai by die kerkkantoor te maak (Maandae tot Vrydae 09:00 – 11:00), of om met ds Smuts van Rensburg kontak te maak (044 279 1679 / 082 921 6854).

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

Kontak jou leraar
In Moedergemeente leef ons ons leuse uit: Liefde leef! Lidmate word toegerus en geroep om die Heer se liefde uit te leef deur mekaar se laste te dra, mekaar by te staan, mekaar te bemoedig en mekaar te vermaan wanneer nodig. Ons is dus nie ‘n dominee-gemeente nie, maar wel ‘n gemeente waar lidmate mekaar bedien.
Maar dit mag ook wees dat lidmate behoefte het aan ‘n geestelike gesprek met die predikant. Neem vrymoedigheid om ds Smuts van Rensburg te kontak as jy ‘n behoefte daaraan het – 0829216854. Kontak hom asb ook as jy bewus is van geestelike of fisiese nood, ernstige siekte of dood.

NGK Volmoed Dankfees
Saterdag 29 Februarie om 11:00 Volmoed Kerksaal Kiosk reeds oop vanaf 10:00.
Etekaartjies (2 tjops, wors, 2 slaaie en broodjie) @ R65 beskikbaar by Wikus (084 956 8254) / Johan (083 236 3456) / Adri (072 037 0090)

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

EERSTE KWARTAAL BELANGRIKE DATUMS
6 Maart: Wêreldbiddag vir Vroue (Park)
7 Maart: Wêreldbiddag vir Mans
9 – 10 Maart: Kantoor gesluit vir Oudit
29 Maart: Lofprysingsdiens – Jan de Wet

Bybelstudiegroep
Ds Smuts oorweeg om in die tweede kwartaal met ‘n Bybelstudiegroep te begin. Hy verneem graag of daar lidmate is wat belangstel om by so ‘n groep in te skakel. Lidmate van alle ouderdomme is welkom. Kontak ds Smuts as jy belangstel, en meld of jy sal verkies dat die groep in die oggend of aand bymekaar kom. (Stuur teksboodskap na 0829216854.)

Liefde Leef benodig asb:
Wol & Lappe / Kinderklere / Aandrokkies / Toiletware / Beddegoed / Kombuisware / Meubels / Baie dankie vir al die skenkings
wat ons so getrou ontvang.

BIDURE TUISHUIS en GOTTLANDHUIS
Bidure hierdie kwartaal
Tuishuis: Don 5 Mrt om 09:00
Gottlandhuis: Don 12 Mrt om 09:00

SONDAG 5 APRIL OM 16:00
Die Passie van ons Heer – met Woord, lied en musiek.
Ons is bevoorreg om op die sewende Lydenssondag, 5 dae voor Goeie Vrydag, op hierdie besondere manier na te dink oor die pad wat ons Here Jesus in ons plek geloop het.
Ons ontvang besoek van ‘n uitgelese musiekgroep van George (o.a. orrelis dr Gerrit Jordaan en pianis Dalene Brits) wat ons kom bedien. Slegs kollekte by deure. Nooi jou vriende om hierin te deel.

As iemand hulp nodig het en jy het die vermoë om te help,
moenie aanvaar dat iemand anders dit sal doen nie – doen dit self .

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za