Bulletin 23 Augustus 2020

MOEDERGEMEENTE BULLETIN:
Liewe medegelowiges, mag julle almal ‘n geseënde Sondag beleef.

DANKIE:

* Vir meelewing en omgee vir mekaar in hierdie tyd

* Vir bydraes vir hulpverlening aan mense in nood

* Vir getrouheid tov dankoffers

* Vir dié wat bydraes gemaak het vir basaar wat ons nie kon hou nie

* Vir inisiatiewe vir fondsinsameling

* ONTHOU:
Vrydagaand se wegneem hoenderburgers. Bestel voor Dinsdag, asseblief.

* KANTOOR: Oop weeksdae 09:00-12:00

* EREDIENSTE:  Sondae 09:30
. “Bespreek plek” by kantoor. Moet asb nie kom as jy nie jou naam opgegee het nie.

* DEURKOLLEKTES
: Kyk op almanak waarvoor gaan deurkollektes. As jy bydrae vir ‘n spesifieke saak wil maak, plaas in koevert, skryf daarop waarvoor dit gaan, besorg by kerkkantoor (posbus).

* MEEGEVOEL:  Met Jaco Meyer (eggenoot) en Nihanda Schmidt (suster) met die afsterwe van Nicky Meyer.

* SIEKES: Cynthia Engels en Lidmate in siekeboeë. Laat weet asb as lidmate hospitaal toe gaan

* BYBELSONDAG:
Vandag Bybelsondag. Vier 200e verjaarsdag van Bybelgenootskap in SA. Bid asb vir werk van Bybelgenootskap. As jy bydrae vir Bybelgenootskap wil maak, besorg asb in gemerkte koevert by kerkkantoor. Die kerkkantoor sal al die bydraes namens Moedergemeente aan Bybelgenootskap oorbetaal.