Bulletin 18 Februarie – 2 Maart 2019

FEBRUARIE – LIEFDE LEEF MAAND

Ds Smuts Janse van Rensburg
Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het
en deurdat julle die waarheid glo. (2 Tes 2:13)

VANDAG
09:00 NAGMAAL
Deuroffers: Gemeentebediening
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na kerkdiens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
GEEN TEE

DINSDAG
09:00 Bybelstudie by Hoogstr. Pastorie
09:00 Biduur by Tuishuis
17:30 Diensverhoudinge & Finanskommissie vergadering in die kerkkantoor.

DONDERDAG
09:00 Bybelstudie by Hoogstr. Pastorie
09:00 Biduur by Gottlandhuis

SONDAG, 24 FEBRUARIE
09:00 Dankseggingsdiens
Deuroffers: Gemeentefonds

MAANDAG, 25 FEBRUARIE
18:00 Kerkraadsvergadering

SATERDAG
06:30 Wêreldbiddag vir mans in die Skooltjie.
10:00 Lektuurverspreiding

SONDAG, 3 Maart
EERSTE LYDENSWEEK
09:00 Erediens
Deuroffers: ACVV Dienssentrum

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R5 745-70
Deuroffers: R1 570-00
Getal lidmate in diens: 254 + inwoners van 2 ouetehuise

BAIE GELUK
Baie geluk aan Ilsa van Schalkwyk met haar verjaarsdag Woensdag die 20e! Mag dit vir jou ‘n mooi- en bederfdag wees, en mag jy in die nuwe lewensjaar die seën van ons Heer in oorvloed ervaar!

Ds Smuts – Afnaweek
Ds Smuts is van Donderdag tot Maandag van diens af terwyl hy sy kwartaallikse afnaweek neem. Indien u ‘n leraar benodig, skakel asb vir ds Gerrit 0442791751 of 0828782954

VERGADERINGS
Diensverhoudingkommissie & Finanskommissie:
Dinsdagaand, 19 Februarie, 17h30 in die kerkkantoor.

Kerkraadsvergadering:
25 Februarie om 18h00 in die Skooltjie.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
21/02 Kleintjie van Niekerk, Tuishuis woonstel 72
26/02 Anna Brummer, Merimar Woonstel 107
02/03 Hennie van der Westhuizen, Bellinganhof Blok F nr 5

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Danie Niemand, Oxfordstraat 94(1)
Issie Schnetler, Melkbossingel 25
Rosina van den Heever, Buitekantstraat 169
Martin Strüwig, Buitekantstraat 71
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met:
familie en vriende van Anneke Vlok (Tuishuis) na haar afsterwe. (Haar troos- en dankdiens was reeds Woensdag.)

Bid hierdie week spesifiek vir:
– Reën
– Gewilligheid by lidmate om diensbaar te wees
– Lidmate wat swaarkry (siekte, behoeftigheid, eensaamheid, hartseer, ens)

WÊRELDBIDDAG VIR VROUE
Vrydag 1 Maart om 12:30 by NG Kerk Oudtshoorn-Wes (NIE BY MOEDERGEMEENTE NIE)
Tema: KOM – ALLES IS GEREED
Die Wêreldbiddag is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging van Christenvroue, -mans en –kinders, wat jaarliks bymekaarkom om ‘n besondere dag van gebed te vier. Regoor die wêreld in 170 lande word dieselfde tema gevier.  Ons wil al die vrouens hartlik uitnooi om saam te kom bid. Bring asb. julle huiswerkers saam. Kollekte by die deure gaan vir Bybelverspreiding.

Wêreldbiddag vir Mans
Ons nooi nou reeds alle mans om op SATERDAG 2 MAART om 06:30 in die Skooltjie bymekaar te kom vir die Wêreldbiddag vir Mans. Ons verenig in gebed met Christenmans wêreldwyd as ons vir verskeie sake voorbidding doen. Nooi ook jou Christenvriende uit ander gemeentes.

Moenie na die wêreld kyk vir jou hoop, drome en verwagtings nie, want al kry jy wat jy so graag wil hê, gaan dit jou nie bevredig nie.
Kyk na God.

BIDURE – GOTTLANDHUIS
21 Februarie
07 Maart
18 April

Bidure Tuishuis 1e Kwartaal
Dinsdag 19 Februarie 09:00
Donderdag 7 Maart 09:00

HOE KAN HUL GLO AS HULLE NIE HOOR OF DIT LEES NIE?
Saterdagoggend, 8 Desember, om 10 tot 11 vm, kan jy dalk iemand se rigting verander van die hel na die hemel en van die dood na die lewe.
Hoe? Kom na die konsistorie en deel dmv traktaatjies die beste nuus uit aan almal wat hulle hande oop hou. Jy hoef nie te kan praat of baie goed te weet nie – net uithou en gee. Dis deel van ons gemeente se gehoorsaamheid om die liefde van Jesus te leef. Net vir ‘n uur.  Sien uit om jou daar te sien.

Kontak ons leraars
Indien jy ‘n geestelike behoefte het en graag met een van ons leraars wil gesels, neem vrymoedigheid om een van hulle te kontak:
Ds Gerrit van Schalkwyk 0442791751 of 0828782954
Ds Smuts van Rensburg 044 279 1679 / 082 921 6854

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb. Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

DIENS VAN BARMHARTIGHEID:
Daar is asb.groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap, konfyt, ens.  Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

NGK Volmoed Dankfees
Saterdag 2 Maart 2019 om 11:00 Volmoed Kerksaal. Kiosk reeds oop vanaf 10:00
Etekaartjies (2 tjops, wors, 2 slaaie en broodjie) @ R60 beskikbaar by Viljee Keller (082 565 5716) en Coetzee Laubscher (076 075 7287)

Om oor na te dink
Die beste en mooiste dinge in die wêreld
kan nie gesien of aangeraak word nie.
Hulle moet met die hart gevoel word.
(Helen Keller – Onthou, Helen Keller was doof én blind!)

Leraar: Ds Gerrit van Schalkwyk:  Tel: 0442791751 :   Sel: 0828782954
Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg:   Tel: 0442791679 :   Sel: 0829216854
Kerkkantoor:   Tel: 0442723130 :   Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 :   Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za