Bulletin 15 Maart – 4 April 2020

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

LYDENSTYD

Ds Smuts Janse van Rensburg
Ek wil die Here loof,
met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof.
Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie.
(Ps 103:1,2)

VANDAG
VIERDE LYDENSWEEK
09:00 Lofprysingsdiens & bevestiging van ouderling
Deuroffers: Hospitaalbediening
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens.
Kategese Gr 4-10 na erediens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
Tee na afloop van die diens in Braaikamer

DINSDAG
08H45 & 10H00 Bybelstudie in konsistorie.

SONDAG, 22 MAART
VYFDE LYDENSWEEK
09:00 Erediens – Ds Helgard van Rensburg
Deuroffers: Teologiese Kweekskool

SONDAG, 29 MAART
SESDE LYDENSWEEK
09:00 Lofprysingsdiens – Jan de Wet
Deuroffers: Gemeentebediening

VRYDAG, 3 APRIL
06h30 Biduur

SONDAG, 5 APRIL
SEWENDE LYDENSWEEK
DAG VAN DANKSEGGING EN VEROOTMOEDIGING
09:30 Kinderdiens
Deuroffers: Gemeente Jeug
16:00 Passie van ons Heer – Met Woord & Lied (Musiekgroep van George)

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R6 763-80
Deuroffers: R1 494-20
Getal lidmate in diens: 258 + inwoners van 2 ouetehuise

Abry Bence word vanoggend as ouderling bevestig. Baie geluk aan Abry. Mag jy saam met die kerkraad die Here dien tot opbou van die gemeente, tot uitbreiding van die koninkryk en tot eer van God.

LOFPRYSINGSDIENS saam met JAN DE WET
MOEDERGEMEENTE SONDAG 29 MAART om 09:00
Lidmate, KKNK-feesgangers, alle Christen-gelowiges, oud en jonk word uitgenooi om die Here saam te dien en aanbid.

Ds Smuts van Rensburg – Uitstedig
Ds Smuts vertrek Woensdag nm Kaap toe vir ‘n vergadering van Bybelgenootskap. Na die vergadering is hy met verlof tot 30 Maart, DV.

LIEF EN LEED

VERJAARSDAE 80+ jr:
18/03 Stef Steffens, Jubileestraat 71
20/03 Corrie Alberts, Hoogstraat 153A
25/03 Johanna Gerber, Gottlandhuis K32
25/03 Dotty van Rensburg, Bellinganhof K122
29/03 Johan Lategan, Klein Karoostraat 14
29/03 Minnie van der Vyver, Caves Aftreeoord 74
01/04 Kitty Viviers, Hooper w/s 1
03/04 Lienkie Pretorius, Tuishuis Siekeboeg

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Betsie Erasmus, Caves Aftreeoord 20
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Pieter Esterhuizen, Reservestraat 103
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met:
Ronell Smuts (en die Van Antwerpen familie) met die afsterwe van haar moeder. Mag julle waarlik die troos van ons Heer beleef!

SONDAG 5 APRIL OM 16:00
Die Passie van ons Heer – met Woord en musiek.
Ons is bevoorreg om op die sewende Lydenssondag, 5 dae voor Goeie Vrydag, op hierdie besondere manier na te dink oor die pad wat ons Here Jesus in ons plek geloop het.  Ons ontvang besoek van ‘n uitgelese musiekgroep van George (o.a. orrelis dr Gerrit Jordaan en pianis Dalene Brits) wat ons kom bedien.

Om oor na te dink
As ‘n mens die Here waarlik ken,
sal jou lewe ‘n loflied
tot eer van God wees.
Dit sal sigbaar word
in jou aanbidding,
in jou diens, in jou huwelik
en in jou gesinslewe.
Want jy het iets om te sê,
‘n God oor wie jy nie
uitgepraat kan raak nie.
(Johan Smit)

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg:    Tel: 0442791679 :  Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 :   Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 :     Epos: ngoud@mweb.co.za   :      www.moeder.co.za