Bulletin 13 September 2020

MOEDERGEMEENTE BULLETIN

DANKoffers by erediens (dié wat kom), kantoor, EFT of aftrekorder.

Deuroffers: Plaas in koevert en skryf op waarvoor jou bydrae gaan. Vandag se deuroffers vir BADISA (sinode se barmhartigheidsprojekte)

HERBERG KINDERHUIS: Ons gemeente ondersteun oor jare reeds een van die dogtershuise van dié kinderhuis. As jy ‘n bydrae wil maak vir dié dogters: Hulle benodig altyd toiletware. Gee af by kerkkantoor. Kontak diaken Elaine Martin as jy meer inligting verlang oor ondersteuning aan die dogters. (Elaine 0761620804)

Bid asb vir siekes:
Andrie Wiese, Joan Ferguson, Belinda Terblanche, Grethe Verwey, Jannie Struwig, Hester Fourie, Cynthia Engels, almal in siekeboë van tehuise en aftreeoorde.

Bid asb ook vir hulle wat geliefdes aan die dood afgestaan het:

Joan Ferguson – broer oorlede.

Ronel Crafford – suster oorlede.

Moedergemeente braai saam in die gees op Nasionale Braaidag op 24 September. Braaipakke (rou, 4 vleise) met 2 klaar slaaie, basaarpoeding en roosterkoekie @ R100 – beskikbaar op 23 Sept. Bestel by Louise de Kock 0845744933 voor/op Vrydag 18 Sept. (Miskien kan jy ‘n senior burger of alleenloper se dag opvrolik deur aan te bied dat jy sy/haar vleis braai!)

Mag vandag se erediens vir jou ware ontmoeting met die Here bring – deur sy Woord en sy Gees. Mag jy Hom met jou hele hart aanbid. Mag jy aangeraak, toegerus en versterk word sodat jy Hom met volharding en toewyding sal navolg en dien. Geseënde Sondag vir jou!