Bulletin 13 – 26 Oktober 2019

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
U het my gevorm,
my aanmekaar geweef in die skoot van my moeder.
Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. (Ps 139:13,14b)

VANDAG
09:00 Oorwinningsdiens
Deuroffers: Kansa
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 na kindertyd tydens erediens
Kategese Gr 4-10 na kerkdiens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
Tee na afloop van erediens in Braaikamer.

DONDERDAG
9:00 Biduur Gottlandhuis

SONDAG, 20 OKTOBER
HERVORMINGSFEES
Besoek van Bybelgenootskap
09:00 Erediens
Deuroffers: Bybelvertalers
10:30 Kategetevergadering

VRYDAG, 25 OKTOBER
BASAAR

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: 5 676-60
Deuroffers: R1 805-50
Getal lidmate in diens: 261 + inwoners van 2 ouetehuise

MATRIEKS
“Maar julle moet vasstaan en nie moedeloos word nie, want julle sal die beloning vir julle optrede ontvang.”  – 2 Kronieke 15:7 –

Sterkte met die eindeksamen. Ons bid dat julle rustigheid en kalmte sal ervaar en altyddeur bewus sal wees van God se teenwoordigheid.

Belydenis van geloof
Ds Smuts begin hierdie week met geloofsgesprekke met die 17 kinders in die kategese belydenisklas wat van voorneme is om binnekort belydenis van geloof af te lê. Bid asb vir hierdie gesprekke en vir elkeen van hierdie kinders.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
15/10 Drina Zaayman, Bellinganhof 1E Vloer K 262
18/10 Katie Strydom, Tuishuis W/S 22
19/10 Callie Boshoff, Eldorado 89
20/10 Gert Fourie, St Georgesstraat 176
24/10 Rina Bekker, Tuishuis W/S 35

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Cassie Carsten,
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Marelize van Niekerk, Adderleystraat 298A
Mercia van der Rijst, Hoogstraat 14A
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met families en naasbestaandes wat geliefdes aan die dood afgestaan het:
Die naasbestaandes van Kitty Nortier (St Saviourst 2) wat oorlede is. (Troosdiens was reeds Vrydag.)
Magdaleen le Roux (St Saviourst 41) met die afsterwe van haar swaer.

Geluk aan ons skriba!
Baie geluk aan ons skriba met haar verjaarsdag Maandag 14 Oktober! Mag jy ‘n geseënde dag en nuwe lewensjaar ervaar! Dankie vir wat jy in die kerkkantoor vir Moedergemeente doen!

NUWE LIDMATE:
Baie welkom aan die volgende lidmate, wie se lidmaatskapbewyse ons ontvang het.

Vanaf Leeu-Gamka:
Van der Bank, Anna, (Geb. Fourie) Tuishuis w/s 65 Wyk: Tuishuis
Vanaf De Rust:
Fourie, Ockert Stefanus Gottlandhuis K 33 Wyk: Gottlandhuis

Iemand wat kan help, asb?
Ons is op soek na ‘n betroubare persoon wat ‘n senior burger behulpsaam kan wees met die aankoop van kos, toiletware, ens. (Geld word voorsien. Hulp word vir die aankope verlang) Kontak ds Smuts vir besonderhede

BASAAR Vrydagaand 25 Oktober
* Kom ons gee en werk vir hierdie basaar uit dankbaarheid teenoor die Here
* Dit is ‘n gemeentebasaar waar ons álmal hande vat en saam werk en dien

Tyd: 16:30 Kuier in teetuin, koop pannekoek, wit olifante, vleis, groente, produkte by tuintafel
18:00 Basaar open vir verkope van gebak, kindertafel & gesigverf, poeding
18:00 Etes, potjie, hot dogs, kerrie & rys, ens
Verkope: Kontant – geen kaartfasiliteite

Ete-kaartjies
Soos in verlede gaan ons ete weer ‘n winskoop en treffer wees @ slegs R65: Skaaptjop, hoendersosatie, wors, roosterkoek, wortelslaai & aartappelslaai.
Potjiekos: Skaap- & Beespotjie R45
Kaartjies by kerkkantoor óf Sondae na die erediens in die konsistorie te koop.

Bestanddele
Alle bestanddele (vir poedings, gebak, ens) moet asb voor/op 18 Okt by kerkkantoor ingehandig word.
Ons benodig:
Braaihout: Veral dik stompe vir “donkie” (Kontak Michael 084 584 7882)
Vleis: Skape, beeste, varke (Kontak Marie 083 701 5538 of Smuts 082 921 6854)
Poedingtafel: Ons benodig nog poeding, veral gebakte poeding vir opskep en helpers om te help skep. Poeding moet asseblief teen 15h00 op die 25ste Oktober by die Kerksaal wees sodat dames kan help skep. Kontak Ellen Marais by 0822145910.
Kindertafel: Span jul kreatiwiteit in en maak lekker interessante goedjies wat mooi versier is vir die kindertafel. Enige lekkergoed soos: Smarties,malvalekkers,chips, versiersuiker, ens. sal ook waardeer word. (Kontak Noeline 072 371 1716)
WIT OLIFANTE: Ons begin reeds vroeg. Pak jou kaste, laaie, rakke, kamers en garage reg en raak van ALLES ontslae wat nie meer vir jou van nut is nie. Gee asseblief so spoedig moontlik by die kerkkantoor af.
SLAAIE: Ons benodig asb mense wat kan help om die aartappelslaai en wortelslaai te maak. Skenkings van aartappels, mayonnaise, kondensmelk, wortels en pynappels sal ook waardeer word. Kontak asb vir Elizabeth Verwey by 078 250 3583