Bulletin 13-19 Januarie 2019

Preek: Ds Smuts Janse van Rensburg: Dien die Here met blydskap! (Ps 100:2)

VANDAG

09h00 Kinderdiens
Deuroffers: Gemeente Jeug
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 bly in die kerk
Kategese Gr 4-10 bly in die kerk
Kategese: Alle kinders bly na die erediens in die kerk vir opening van kategese en klasindelings. Daarna kan die kinders saam ‘n stukkie waatlemoen geniet!
Almal welkom: Skop die jaar op ‘n gesellige noot af deur na die erediens ‘n stukkie waatlemoen te geniet!
Kategete vergadering van vanoggend skuif na Sondag, 27 Januarie 10h30 in konsistorie.

MAANDAG
06h00 Biduur in die Skooltjie

DINSDAG
06h00 Biduur in die Skooltjie

WOENSDAG
06h00 Biduur in die Skooltjie

DONDERDAG
06h00 Biduur in die Skooltjie

VRYDAG
06h00 Biduur in die Skooltjie

VOLGENDE SONDAG
09:00 Erediens
Deuroffers: Gemeentefonds

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R2 726-00
Deuroffers: R1 180-95
Getal lidmate in diens: 128 + inwoners van 2 ouetehuise

BIDURE – GOTTLANDHUIS
24 Januarie
21 Februarie
07 Maart
18 April

KATEGESE
Baie welkom aan al ons jongmense. Ons glo dat vanjaar geestelik verrykend sal wees en dat ons almal net nog nader aan ons Hemelse Vader sal groei.
Die graad 1 kinders moet saam met die res van die kinders in die kerk bly na afloop van die diens, sodat hulle in hul onderskeie klasse ingedeel kan word.

Almanakke
Lidmate wat nog nie almanakke ontvang het nie, kan dit asb by die kantoor kom afhaal. (LW kantoorure Maandae tot Vrydae 09:00 – 11:00)

Dankie!
Ds Smuts bedank almal vir geluk- en seënwense met sy verjaarsdag op 3 Januarie! Elkeen se gelukwensing is kosbaar en word opreg waardeer!

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
14/01 Correen Barnard, Tuishuis 36
14/01 Anna Horn, Tuishuis w/s 6

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Danie Niemand, Oxfordstraat 94(1)
Kobus Terblanche, Swartsingel
Bettie Kritzinger, Oudtshoorn Aftreeoord 5
Antoinette Gerber, Langenhoven Village Nr 3
Dora Herselman, Loopstraat 14
Rentia Bresler, Loopstraat 14
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met:
Surina Serfontein en familie, met afsterwe van haar moeder.

WEEK VAN GEBED
Wanneer gaan dit in ‘n gemeente goed? As die gemeente se finansies gesond is? As ons lekker basaar hou? As ons na kerk waatlemoen eet en daar ‘n goeie gees in die gemeente is?  Nee, dit gaan alleen goed as die Here deur sy Gees lewe gee, en as die gemeente die vrug van die Gees dra.
Dit is waarom GEBED so belangrik is. ‘n BIDDENDE gemeente is ‘n lewende gemeente! ‘n BIDDENDE gemeente is ‘n gemeente wat vrug dra tot eer van die Here.  Daarom roep ons almal op om hierdie week elke oggend van 06:00 – 06:30 in die skooltjie bymekaar te kom om saam met ander in gebed te verenig. (As jy nie daar kan wees nie, rig iewers elke dag ‘n tyd vir voorbidding in.)

Gesprek met alle ouderlinge, diakens en dienswerkers
Ons nooi ouderlinge, diakens en dienswerkers na ‘n ontmoeting op Woensdag 23 Januarie vanaf 18:00 tot 19:30 in Die Skooltjie. Ons gaan saam besin oor ons rol in die gemeente, sodat Moedergemeente ook in 2019 die Here se liefde kan laat leef!

KOMMISSIEVERGADERINGS
Eredienskommissie: Donderdagaand, 24 Januarie, 17h15 in die konsistorie.
Jeugkommissie: Sondag, 27 Januarie, 10h30 in die konsistorie.
Gemeentebediening: Maandagaand, 28 Januarie, 17h30 in die Skooltjie.
Eiendomskommissie: Maandagaand, 28 Januarie, 18h30 in die Skooltjie.
Liefde-Leef Kommissie: Dinsdagaand, 29 Januarie, 18h00 in die Skooltjie.
Diensverhoudingkommissie: Dinsdagaand, 19 Februarie, 17h30 in die kerkkantoor.
Finanskommissie: Dinsdagaand, 19 Februarie, 18h30 in die kerkkantoor.

Evangelisasiereeks
Ons evangelisasiereeks begin Sondagoggend 10 Februarie en dan Sondagaand 10e, Maandagaand 11e en Dinsdagaand 12e. Dr Dave Viljoen van Kenridge bedien die Woord.
Maak asb nou reeds ‘n aantekening in jou dagboek en nooi vriende (van ander gemeentes of kerke, of mense wat kerklos is) om die reeks saam met jou by te woon.

POTJIEKOS GESELLIGHEID
Ons wil graag Vrydag, 1 Maart, ‘n Potjiekos geselligheid in die binnehof van die Gemeentesentrum hou. Etekaartjies sal ook vanaf einde Januarie beskikbaar wees vir die heerlike potjiekos. Enigeen wat belangstel om potte te maak en/of bestanddele te skenk kan vir ds Gerrit skakel by 0442791751 of 0828782954)

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb. Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

DIENS VAN BARMHARTIGHEID:
Na Desember vakansie is ons spens dol leeg. Daar is asb.groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap, konfyt, ens.  Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

WEBTUISTE
Ons wil graag ons webtuiste optimaal benut. Lidmate wat inligting / foto’s rakende ons Gemeente het kan dit vir die Skriba stuur by ngoud@mweb.co.za, waar dit verwerk sal word.

Rand-‘n-jaar-projek
Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

LIDMAAT GEGEWENS
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank Rek no 1752044630, takkode 175205

Leraar: Ds Gerrit van Schalkwyk: Tel: 0442791751 : Sel: 0828782954
Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za