Kindertyd 23 Augustus 2020

KINDERTYD SONDAG 23 OKTOBER:

Goeiedag liewe ouers. Ek wyk vandag ‘n bietjie af van die die lees van ‘n Bybelstorie. Omdat dit vandag BYBELSONDAG is, (en die Bybelgenootskap in SA boonop sy 200e verjaarsdag vier!), is dit die ideale geleentheid om vir ons kinders te vertel hoe gelukkig hulle is om ‘n Bybel te kan hê, en dit nogal in hulle eie taal!
Daarom stuur ek aan julle die ware verhaal van Mary Jones. Dit is hierdie dogtertjie se liefde vir die Bybel wat tot die ontstaan van die Bybelgenootskap gelei het.
Die Bybelgenootskap beywer hom wêreldwyd daarvoor om die Bybel te vertaal, en te druk, en teen bekostigbare prys beskikbaar te stel.
Luister saam met jou kind na die Mary Jones verhaal. Gesels met jou kind oor hierdie dogtertjie se liefde vir die Here se Bybel. En sê in gebed saam met jou kind vir die Here dankie omdat ons ‘n Bybel het.
Mag jy jou kinders leer om die Bybel as Woord van God lief te hê, en te glo!
Mooi en geseënde Sondag vir jou saam met jou kind