Advertensie vir Voltydse Leraarspos te Oudtshoorn

 

KERK OUDTSHOORN MOEDERGEMEENTE (sedert 1853)
Ring van Oudtshoorn, Sinode Wes-Kaapland

VOLTYDSE LERAARSPOS
In biddende afhanklikheid van die Here,
stel die kerkraad die pos bekend en nooi slegs gelegitimeerde predikante in die NG Kerk,
wat oor bedieningsbevoegdheid beskik, om hul CV’s beskikbaar te stel

GEMEENTEPROFIEL – DOLERENDE GEMEENTE – VISIE: LIEFDE LEEF
Die gemeente bestaan uit ongeveer 775 belydende lidmate en 166 dooplidmate.
Familie-gevoel, meelewende omgee gemeente.

LERAARPROFIEL:
Toegewyde Bybelstudent & Skrifgetroue prediker (getrou aan die belydenis van die kerk).
Afwisseling in liturgie binne raamwerk van gereformeerde tradisie.
Pastor wat passievol is oor lidmate van alle ouderdomme en sensitief is teenoor gemeente kultuur.
Entoesiasties oor pastorale en informele besoeke aan huis van lidmate.
Strewe na voortdurende geestelike groei en persoonlike ontwikkeling.
Uitvoering met ywer en toewyding van ampspligte soos omskryf in artikel 9 van Kerkorde.

VERGOEDINGSPAKKET:
Volgens sinodale riglyne.
Behuising onderhandelbaar.

AANSOEKE EN NAVRAE:
‘n Volledige CV wat die volgende insluit: gawes, visie en erediensbenadering. Verstrek die name en kontakbesonderhede van drie referente. Opsioneel: ‘n bekendstellingsvideo.
Stuur aan Pre-Advies voorsitter, Louise de Wet – E-pos: dvkngoud@gmail.com

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 6 Augustus 2021 om 12:00
DATUM VAN DIENSAANVAARDING: DV 1 Februarie 2022

Die kerkraad behou hom die reg voor om, sonder opgaaf van redes, geen aanstelling te maak nie.