Bulletin 27 Mei – 2 Junie 2018 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 25 May 2018 12:22
Preek:  Ds Gerrit van Schalkwyk:  “Maskers af !!!”  (Esegiël 33:30-33)  (Jak 1 :22-25)

VANDAG
09h30  Dankseggingsdiens  
Deuroffers:  Studentebearbeiding
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Belydenisklas na erediens.
Tee na afloop van die erediens.

MAANDAG
18h00  Kerkraadsvergadering  

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Gottlandhuis

VRYDAG
06h30  ons maandelikse gebedsgeleentheid in die Skooltjie.

SATERDAG
10H00  Lektuurverspreiding

VOLGENDE SONDAG
BIDDAG VIR EKOLOGIE
09h30  Erediens  
Deuroffers:  Gemeentehulpfonds

Ds Gerrit is met verlof 28/5 – 4/7.  Skakel asb ds Smuts by 0829216854 indien u ‘n predikant benodig.

Bidure Tuishuis en Gottlandhuis
31 Mei   Gottlandhuis      09:00
07 Junie Tuishuis            09:30
14 Junie Gottlandhuis      09:00
21 Junie Tuishuis            09:30

VERLEDE WEEK:

Bankkollekte:  R4 337-30
Deuroffers: R1 382-65
Getal lidmate in diens: 197 + inwoners van 2 ouetehuise

PINKSTERREEKS
‘n Wonderlike bedrag van R12 208-05 is gedurende die Pinksterreeks vir Bybelverspreiding ontvang.
Baie dankie aan persone wat gedurende Pinkster vervoer verskaf het, dit word opreg waardeer.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
31/05   Anna Drotskie, Tuishuis W/S 11  

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Han van Popering, Hoogstraat 303
Johanna Claassen, Eldorado 63
Renier O’Neale, Swartsingel 18
Willie Grundling, Hoogstraat 205
Stephen Keyser, Oudtshoorn aftreeoord 57
Sidney Stander, Badenhorststraat 06
Eugene Claassen, Badstraat 134

Innige meegevoel aan:
Elize van den Heever en gesin, Kerkstraat 06, met die afsterwe van haar ma, Martie Streicher.

HOE KAN HUL GLO AS HULLE NIE HOOR OF DIT LEES NIE?
Saterdagoggend, 2 Mei, om 10 tot 11 vm, kan jy dalk iemand se rigting verander van die hel na die hemel en van die dood na die lewe.
Hoe?  Kom na die konsistorie en deel dmv traktaatjies die beste nuus uit aan almal wat hulle hande oop hou. Jy hoef nie te kan praat of baie goed te weet nie –  net uithou en gee.
Dis deel van ons gemeente se gehoorsaamheid om die liefde van Jesus te leef. Net vir ‘n uur. Sien uit om jou daar te sien.

Diensbaarheid in jou wyk:
Is jy begerig en bereid om as wyks-ouderling, wyksdiaken of dienswerker te dien?  
Gaan bid daaroor - miskien wil die Here jou met jou gawes op ‘n besondere manier gebruik.
Kontak asseblief ons leier-ouderling (sy is ook voorsitter van ons Kommissie vir Gemeentebediening) Anita Koen (044 279 2708  / 083 294 8739)

BOEK:  EK WIL NET SÊ ....
Enige pluimpies of klagtes kan in dié boek geskryf word.
Gedurende die week is die boek in die kerkkantoor en Sondae in die konsistorie.

TOEKOMS VAN HOOGSTRAAT PASTORIE NA DS GERRIT SE AFTREDE:
Ons wil graag ‘n kommissie saamstel om ondersoek in te stel na bg. Enigeen wat iemand wil benoem of self op die kommissie wil dien kan ds Smuts of die Skriba kontak.

'n Rand-'n-jaar-projek
Die gedagte met die rand-'n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in 'n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog 'n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is 'n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

VLOERPOLEERDER
Staan daar dalk een by jou wat jy nie meer gebruik nie? Indien wel, skakel asb die koster of die skriba.

KALENDER
Let asb daarop dat die bankbesonderhede voor op die 2018 kalender is en die ds, skriba, koster en orrelis se besonderhede agter op.
BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank     
Rek no 1752044630,
Takkode 175205

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb.  Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

NUWE INTREKKERS

Indien u 'n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom!  U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos.  ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

Siekes
Ons vra vriendelik dat u die kerkkantoor en/of leraars in kennis sal stel wanneer lidmate gehospitaliseer word. Ons gemeente het 'n bedieningspan wat lidmate in hospitale besoek, bemoedig en bedien.

LIEFDE LEEF PROJEK:
Daar is groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap, konfyt, ens.  Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

HUUR VAN PERSELE
CJV Saal:    R700  (R350 deposito)
Braaikamer:  R300  (R150 deposito)
Skooltjie:    R200   (R100 deposito)
Kombuis:    R500   (R300 deposito)
Maak gebruik van ons persele. Lidmate betaal net halfprys.
Last Updated on Friday, 25 May 2018 12:28
 

Kalender

<<  July 2018  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
        1
  2  3  4  5  6  7  8
  9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 18 guests online