Bulletin 22 April – 5 Mei 2018 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 20 April 2018 15:52
Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin. Baie welkom aan ds Stronkie van Wyngaard wat vandag se erediens lei.

Prediker: Ds Stronkie van Wyngaard
Genade, onbeskryflik groot het U aan my bewys!  (Lied 510:1)

VANDAG
09h30  Erediens
Deuroffers:  Gemeentebediening
Kinderdankofferkoeverte inhandig.
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Belydenisklas na erediens.
Tee na afloop van die erediens.
U word uitgenooi na 'n ontmoeting vanmiddag om 16:00 – 17:15 in die Skooltjie.  Ons wil graag gesels en toerusting gee met die oog op diensbaarheid in die wyke!
Ons vertrou dat almal teenwoordig sal wees! (Verskonings by ds Smuts)

Kategete vergadering van vanoggend skuif na Sondag, 6 Mei om 11h15 in konsistorie.

DINSDAG
09h00  Bybelstudie by Hoogstr. Pastorie

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Hoogstr. Pastorie

SONDAG, 29 APRIL
09h30  Erediens
Deuroffers:  Gemeentebediening
GEEN KATEGESE

VRYDAG, 4 MEI
06H30  Biduur in die Skooltjie

SONDAG, 6 MEI
ARBEIDSONDAG
09h30  Erediens
Deuroffers:  Arbeidsbediening
11h15  Kategete Vergadering

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte:  R4 918-60
Deuroffers: R1 229-60
Getal lidmate in diens: 300 + inwoners van 2 ouetehuise

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
22/04   Matthys Matthews, St Saviourstraat 71  
26/04   Susan Herselman, Tuishuis W/S 31
04/05   Winnie Swiegelaar, Gottlandhuis K28
04/05   Ada Taylor, Tuishuis W/S 01  

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Peet Vermaak, Kampstraat 04B
Fanie Greeff, Langenhovenweg 131
Judie van der Berg, Hugenootstraat 07
Stephen Thysse, St Saviourstraat 1
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Eugene Claassen, Badstraat 134
Johanna Claassen, Eldorado 63
Han van Popering, Hoogstraat 303  

Innige meegevoel aan:
Hennie van der Westhuizen (Bellinganhof) en haar seun Johan (St Johnstraat) met die afsterwe van haar man Daan. Die troos- en dankdiens is Maandag 11:00 by Bellinganhof.

VERLOF
Ds Gerrit is met verlof 20/4 – 8/5. Skakel asb ds Smuts by 0829216854 indien u ‘n predikant benodig.

VERLOF
Ds Smuts is met verlof 25/4 – 1/5. Indien die ondersteuning van 'n predikant in geval van ernstige nood of dood gedurende hierdie tydperk verlang word, kan ds Jan Marais (Wes-gemeente) gekontak word by 0442724608 / 0829249242.

Hemelvaartdiens – Donderdag 10 Mei om 13:15
Donderdag 10 Mei is Hemelvaartdag. Vir meeste mense is dit maar 'n doodgewone dag. Vir ons as gelowiges is dit 'n baie besondere dag. Kom ons gedenk en vier hierdie dag deur te kom na die erediens om 13:15. Nooi ook jou kollegas en vriende – ongeag die kerk waaraan hulle behoort. Moedergemeente se deure staan wawyd oop en wil almal met die liefde van ons Heer ontvang.

Pinkster 2018 – Sondag 13 Mei – Donderdag 17 Mei
Pinkster was nog altyd 'n besondere tyd in ons kerklike jaar. Besluit nou reeds dat jy ook hierdie jaar al die Pinkster-byeenkomste gaan bywoon – Sondag 13 Mei om 09:30, Maan 14 Mei tot Don 17 Mei elke aand om 18:00. Ons sing elke aand reeds vanaf 17:45 hartlik saam!
Sondag 20 Mei sit ons op Pinksterfees aan by die Nagmaalstafel.

Bidure in Tuishuis en Gottlandhuis
Bidure sal na al die langnaweke en Pinkster weer in aanvang neem. Datums vir byeenkomste sal bekend gemaak word.

KOMMISSIEVERGADERINGS
Gemeentebediening:
Maandagaand, 7 Mei, 17h30 in die Skooltjie.

Eiendomskommissie:
Maandagaand, 7 Mei, 18h30 in die Skooltjie.

Liefde-Leef Kommissie:
Dinsdagaand, 8 Mei, 18h00 in die Skooltjie.

Diensverhoudingkommissie:
Donderdagaand, 22 Mei, 17h15 in die kerkkantoor.

Finanskommissie:
Donderdagaand, 22 Mei,  18h00 in die kerkkantoor.

LIEFDE LEEF GEMEENTEBRAAI 20 Mei 2018
Onthou die Liefde-Leef Bring en Braai om 12:00 in Binnehof van Gemeentesentrum. Vure en koffie sal verskaf word.  Bring u eie eetgerei, eet- en drinkgoed en kom kuier saam. Laat weet asb die Kerkkantoor of jy die geselligheid gaan bywoon voor Vrydag 18 Mei om 11 vm.

Siekes
Ons vra vriendelik dat u die kerkkantoor en/of leraars in kennis sal stel wanneer lidmate gehospitaliseer word. Ons gemeente het 'n bedieningspan wat lidmate in hospitale besoek, bemoedig en bedien.

 

Kalender

<<  July 2018  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
        1
  2  3  4  5  6  7  8
  9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031     

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 20 guests online