Bulletin 9 Junie – 13 Julie 2019

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. (Op 2&3)

VANDAG
BIDDAG VIR JEUG EN KATEGESE
PINKSTERFEES
09:30 NAGMAAL
Deuroffers: Bybelverspreiding
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na kerkdiens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
GEEN Tee na afloop van die diens
11H30 Liefde Leef Bring & Braai

SONDAG, 16 JUNIE
NASIONALE BIDDAG VIR BLINDES
Vadersdag & Jeugdag
09:30 Dankseggingsdiens
Deuroffers: Bediening Dowes

SONDAG, 23 JUNIE
09:30 Erediens
Deuroffers: Ringsgelde

SONDAG, 30 JUNIE
09:30 Erediens
Deuroffers: Gemeentefonds

SONDAG, 7 JULIE
09:30 Erediens
Deuroffers: Gemeentebediening

VRYDAG, 12 JULIE
06:30 Biduur

SONDAG, 14 JULIE
09:30 Erediens
Deuroffers: Gemeente Jeug

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R5 713-55
Deuroffers: R1 709-00
Getal lidmate in diens: 228 + inwoners van 2 ouetehuise

PINKSTER 2019
Ons dank die Heer vir ‘n geseënde Pinkster!
Mag Hy, deur die werking van die Heilige Gees, gee dat die boodskappe uit die briewe in Openbaring vrug sal dra.
Mag Moedergmeente in die oë van die Here ‘n lewende gemeente wees wat altyd luister na wat die Gees deur die Woord vir ons sê. (Baie dankie aan almal wat Donderdagaand sop en brood gemaak het! Die saamkuier om die soppotte was heerlik!)

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
10/06 Danie van der Westhuizen, St Georgesstraat 25
12/06 Web Broodryk, Bellinganhof K115
15/06 Liena Phister, Tuishuis W/S 39
21/06 Rina du Plessis, Tuishuis Siekeboeg
21/06 Elsa Pretorius, Tuishuis 59
22/06 Ghun Boshoff, Oudtshoorn Aftreeoord Siekeboeg
25/06 Cecil Swart, Caves Aftreeoord 87
26/06 Babe Theron, Tuishuis woonstel 69
27/06 Thelma Schoeman, Aftreeoord 104
04/07 Naas Barnardt, Caves Aftreeoord Nr 2
06/07 Cecilia Gerber, Oxfordstraat 85
07/07 Susie Hall, Tuishuis W/S 08
10/07 Hettie Roeland, H van Heerden Boulevard 393
13/07 Winnie Swanepoel, Tuishuis Siekeboeg

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Kitty Nortier, St Saviourstraat 021
Annelize Crook, Van der Rietstraat 21A
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met:
Thys en Bettie Lourens (Jan Van Riebeeckweg 18) met die afsterwe van Thys se suster.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

Verlof – ds Smuts van Rensburg
Ds Smuts is met verlof van 10 Junie tot 7 Julie. Gedurende hierdie tyd sal ds Gerrit van Schalkwyk die prediking waarneem en sal hy ook vir NOODGEVALLE (slegs ernstige siekte en dood) beskikbaar wees by 0828782954 om lidmate te bedien.
Ons versoek vriendelik dat ‘n kerkraadslid in kennis gestel word as lidmate in die hospitaal opgeneem word.

KERKKANTOOR IS GEDURENDE DIE SKOOLVAKANSIE SLEGS OP WOENSDAG, 26 JUNIE, 9 – 11 VM OOP.

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Ondersteun asb hierdie projek. Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

GENIET DIE VAKANSIE!
Die skole sluit hierdie week. Mag ons kinders ‘n wonderlike, luilekker wintervakansie geniet. Mag die ouers wat elke dag skoolkar ry en kinders ondersteun, ook die blaaskans geniet.  Aan almal wat die voorreg het om met verlof te wees of met vakansie weg te gaan – geniet dit en kom veilig terug! Kom ons bid vir mekaar se veiligheid en bewaring!

ONTHOU:
Die kerkdeure is steeds op Sondae oop vir ons eredienste om 09:30. (En waar jy gaan vakansie hou, word daar ook eredienste gehou.) Wees ook in die skoolvakansie getrou in bywoning van eredienste! Omdat ons in vakansietye uit roetine is en so maklik kan vergeet, vra ons vriendelik dat lidmate ook gedurende die skoolvakansie getrou sal wees in die gee (inbetaling) van dankoffers.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205

Om oor na te dink
Volharding is ‘n gawe van die Heilige Gees.
Dit is die hoop op die dinge wat kom
wat die gelowige die krag gee
om uit te hou totdat die
wedloop voltooi is.
(Willie Jonker)