Bulletin 7 Februarie 2021

MOEDERGEMEENTE BULLETIN

Môresê op hierdie Sondagoggend. My bede is dat julle hierdie dag regtig as Dag van die Here, as rusdag sal ervaar.

WEEK VAN GEBED:  Hierdie week is Week van Gebed. Ons kom Maandag tot Vrydag elke oggend 06:00 – 06:30 in die CJV-Saal bymekaar om te bid. As jy nie daar kan wees nie, maak asb iewers in jou dag tyd om voorbidding te doen. Ek beoog om sms’e uit te stuur om spesifieke sake te noem waarvoor ons kan bid. Mag Moedergemeente in 2021 ‘n biddende gemeente wees. Onthou, ons kan ‘n verskil maak deur te bid!

EREDIENSTE: Terwyl slegs 50 persone tans eredienste kan bywoon, vra ons dat julle asb vooraf deur die week julle name by die kerkkantoor sal opgee. (Onthou asb maskers!)

Kerkkantoor is Maandae tot Vrydae oop 09:00 – 11:00.

Skole heropen 15 Februarie. Kategese heropen 21 Februarie, DV. Ons sal volgende Sondag meer besonderhede deurgee.

Meegevoel: Met Heinrich en Amada Bosman (St Savior), met afsterwe van Amada se pa.
Meegevoel met Faan Fourie (Gottlandhuis) met afsterwe van sy suster.

Voorbidding vir siekes: Bid asb vir almal wat siek is waarvan jy weet. Dank ook die Here vir elkeen wat gesond geword het. Ons noem die volgende lidmate vir wie julle asb moet bid:

Ons koster, Jan Engels, het hierdie week ‘n rugoperasie gehad, en sy vrou Cynthia, ontvang chemoterapie.

Stanley van Rensburg is na ‘n hartaanval in die hospitaal.
(Laat weet asb as julle van lidmate weet wat in die hospitaal is.)