Bulletin 6-19 Junie 2021

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde… (1 Tes 5:11)

VANDAG
BIDDAG VIR EKOLOGIE
09:30 Erediens
Deuroffers: Gemeentebediening
Kinderdankofferkoeverte inhandig
Peuterkerk tydens erediens
Kategese gr 1-10 tydens erediens –
Kinders gaan 09:30 direk na saal.
Kategese gr 11 (belydenisklas) –
Na erediens in skooltjie

DONDERDAG, 10 JUNIE
09:30 Biduur: Gottlandhuis

VOLGENDE SONDAG, 13 JUNIE
BIDDAG VIR JEUG EN KATEGESE
09:30 Erediens
Deuroffers: Jeugwerk
GEEN KATEGESE

WOENSDAG, 16 JUNIE
12:30 – 13:30
Deurry-Wegneem-Bederfboksie & Pannekoek

SONDAG, 20 JUNIE
VADERSDAG
NASIONALE BIDDAG VIR BLINDES
09:30 Erediens – Ds Gerrit van Schalkwyk
Deuroffers: Bediening Dowes
Peuterkerk tydens erediens
Kategese gr 1-10 tydens erediens – Kinders gaan 09:30 direk na saal.
Kategese gr 11 (belydenisklas) – Na erediens in skooltjie

Verkiesing van Kerkraadslede
Op ‘n kerkraadsvergadering, gehou op Maandag 24 Mei, is die volgende lidmate tot die kerkraad verkies:
Ouderling: Ries Dempsey
Diaken: André Olivier

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
10/06 Danie v/d Westhuizen
15/06 Liena Phister

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Annette de Kock
Boet Steffens
Jeanette Olivier
Johann van Zyl
Marie Schmidt
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.

Innige Meegevoel met
Makkie Vosloo met afsterwe van haar skoonseun (Peter Gray).

Bywoning van eredienste, opneem van offergawes en kategese
As gevolg van die nuutste veiligheidsregulasies soos aangekondig deur die staatspresident, moet ons (vir die soveelste keer sedert Maart 2020) sekere reëlings weer aanpas:
• Toegang tot eredienste sal slegs deur die hoofdeur geskied. Al drie deure sal egter oop wees om die kerkgebou na die erediens te verlaat.
• Bankkollekte word met inkom in houer gemerk “Bankkollekte” geplaas. Deurkollekte word met uitgaan in houer gemerk “Deurkollekte” geplaas.
• Kategese: Peuterkerk en kategese gr 1-10 sal tydens erediens plaasvind. Kinders gaan 09:30 direk na saal. (Slegs die belydenisklas, gr 11, se klas is na erediens.)
***Onthou asb: Saniteer hande by deur, dra masker en moenie by deure saamdrom nie – hou veilige afstand.

‘n Tyd om te gaan en ‘n tyd om te kom
Die gemeente neem kennis dat ds Smuts van Rensburg in Januarie 2022 aftree-ouderdom bereik. Aangesien dit sy laaste jaar in die voltydse bediening is, moet hy sover moontlik sy uitstaande verlof gebruik. Hy sal dus van 17 Junie – 13 Julie sy Sabbatsverlof neem (wat agv Covid van 2020 oorgestaan het).

Die kerkraad het intussen begin met die proses om ‘n nuwe leraar te beroep. ‘n Pre-advies kommissie is aangewys om aan die kerkraad voorstelle en aanbevelings te maak. Aangesien die kerkraad gereken het dat die stem van meer lidmate in die beroepingsproses gehoor moet word, is daar ook lidmate wat nie kerkraadslede is nie, op die kommissie benoem.
Die kommissie het aanbevelings oor die proses wat gevolg word en die profiel van ‘n leraar vir Moedergemeente, aan die kerkraad voorgelê. Dit is deur die kerkraad goedgekeur. Die kerkraad gaan dus nou voort om die vakature in die Kerkbode en op ander platvorms bekend te stel. Gelegitimeerdes (proponente en predikante) wat daartoe geroepe voel, sal só geleentheid kry om hulle besonderhede aan die kerkraad te stuur. Maar weereens kry lidmate ook geleentheid om deel te wees van die proses. Lidmate wat graag ‘n proponent of leraar se naam op die groslys vir beroeping wil plaas, kan dit doen deur die proponent/leraar se naam en van en kontakbesonderhede op skrif aan die kerkkantoor deur te gee. Die genomineerde sal dan genooi word om sy/haar besonderhede aan die kerkraad te stuur.

Voorbidding: Die beroeping van ‘n nuwe leraar is in die eerste plek ‘n saak van gebed. Lidmate word gevra om asseblief getrou vir die beroepingsproses te bid. Mag die Here self deur sy Gees leiding gee. Mag Hy die leraar na Moedergemeente bring wat Hy in sy wysheid vir hierdie gemeente bestem het.

Kategesedatums: Kwartaal 2:
6 Junie-Kategese
13 Junie–TUISNAWEEK
20 Junie–Kategese
27 Junie–Kategese
4 Julie–Kategese

DANKOFFER ELEKTRONIES
Dit sal die kerkraad baie help om beter te beplan oor die fondse indien u u maandelikse dankoffer via debietorder of internet inbetaal. (U moet asb self by die bank reël ivm die debietorder) Dankie vir u begrip.

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

LIEFDE LEEF:
Daar is asb.groot behoefte aan blikkies kos, pasta, toiletware, warm klere en komberse vir die noodspens.  Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander het.

ONTHOU – WOENSDAG 16 JUNIE
DEURRY-WEGNEEM- BEDERFBOKSIE 12:30-13:30
Lamstjop, hoendersosatie, wors, roosterkoekie, wortelslaai, aartappelslaai, basaarpoeding en plaatkoek @ slegs R100. Plaas bestelling by Louise de Kock 0845744933 @ Vydag 11 Junie

PANNEKOEK !!!!
Pannekoek 16 Junie: Daar gaan ook op 16 Junie 12:30 – 13:30 op die parkeerterrein (op ‘n ander punt as bederfboksie) pannekoek te koop wees. Jy kan jouself (of iemand anders) dus behoorlik bederf!
Bydraes van bestanddele (koekmeel, kookolie, eiers, suiker, ens) asook hulp met bak van pannekoek –
kontak Marie Verwey 0829464087. Bestellings kan ook vooraf by Marie geplaas word.
JUNIE – MAAND VAN SPESIALE OFFERS
Agv Covid sal ons (weer) nie op 16 Junie ‘n gewone basaar kan hou nie. Ja, ons almal mis die saamwerk en samesyn van ‘n kerkbasaar, maar ons reken dat dit nie nou veilig is om basaar te hou nie.
Omdat dit die soveelste basaar is wat ons mis, gaan ons Junie-maand ‘n spesiale dankoffer insameling hou.
1. Kontantinsameling: Ons wil vra dat lidmate gedurende Juniemaand die bedrag wat jy vir die basaar sou bydra (kontant of bestanddele of items vir tafels), en die bedrag wat jy op die basaar sou spandeer, in ‘n koevert gemerk “BASAAR-OFFER” sal sit en dat jy dit in een van die houers vir offergawes sal plaas. (Jy kan dit natuurlik ook by die kerkkantoor inbetaal of per EFT oorbetaal.)
2. Woensdag 16 Junie Deurry-Wegneem-Bederfboksie: Ons gaan wel weer op 16 Junie ‘n deurry verkoping hou – vanaf 12:30 tot 13:30. (Ry aan SPAR se kant by parkeerterrein in, betaal en ontvang jou bederfboksie. Ry aan Kampstraat se kant van parkeerterrein uit.)
Soos altyd gaan jy weer baie goeie waarde vir jou geld kry. Jy kry ‘n braai-ete (lamstjop, hoendersosatie, wors, roosterkoek, wortelslaai, aartappelslaai) asook basaarpoeding én ‘n stukkie plaatkoek @ slegs R100!
Bestellings: Bestellings moet asb vooraf geplaas word @ Vrydag 11 Junie voor 13:00 by Louise de Kock – sel no 0845744933.
Bydraes en hulp: Dit sal wonderlik wees as jy ‘n bydrae kan maak en/of behulpsaam kan wees. Die volgende bydraes/hulp is welkom:
Bydraes vir en hulp met braai – kontak Deon de Kock 0828560524
Bydraes (bestanddele) vir en hulp met wortelslaai – kontak Elizabeth Verwey 0782503583
Bydraes (bestanddele) vir en hulp met aartappelslaai – kontak Mariaan v Rensburg 0823197733
Bydraes vir en hulp met basaarpoeding – kontak Ellen Marais 0822145910
Bestanddele vir of hulp met bak van plaatkoek – Louise de Kock 0845744933
3. Pannekoek 16 Junie: Daar gaan ook op 16 Junie 12:30 – 13:30 op die parkeerterrein (op ‘n ander punt as bederfboksie) pannekoek te koop wees. Jy kan jouself (of iemand anders) dus behoorlik bederf!
Bydraes van bestanddele (koekmeel, kookolie, eiers, suiker, ens) asook hulp met bak van pannekoek – kontak Marie Verwey 0829464087 Bestellings kan ook vooraf by Marie geplaas word.
LW: Alle bestanddele moet asb voor/op 9 Junie by kerkkantoor afgegee word!

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za