Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.
Baie welkom aan ds Smuts Janse van Rensburg wat vandag se Erediens waarneem
Ds Smuts Janse van Rensburg
Tema: Kan God ‘n mens vergeet?
Teks: Jes 49: 13-16 ; Mat 27: 45,46
DONDERDAG 9 MAART
09:00 Biduur Tuishuis
VOLGENDE SONDAG 12 MAART
VIERDE LYDENSWEEK
09:00 Erediens
Deuroffers: Sentrum van Hoop
KATEGESE
VERJAARSDAE 80 +
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
05/03 Boetie Pienaar
10/03 Ziska Olivier
Ons bid vir lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Lidmate in siekeboë by Tehuise
Meegevoel aan: Ernest Claassen is die afgelope week oorlede. Innige meegevoel aan sy vriende & familie
EERSTE KWARTAAL BELANGRIKE DATUMS
13-15 MAART – Kerkkantoor gesluit vir Oudit
17-20 MAART – #Imagine Tienerfees
25 MAART – Basaar
ATTESTATE
Attestate is van die volgende lidmate ontvang, ons vertrou hulle sal gelukkig wees in ons Gemeente:
Belydende lidmate:
Meyer (Meyer) Gertruida vanaf Sionsrand
Schmitt Henry Carl en Nihanda Schmitt (Claassen) vanaf Kareedouw
Maree (Maree) Juanita vanaf Piketberg
Hopley Lukas vanaf Reebok
Greyling (Ueckermann) Marcelle vanaf Nooitgedaght
Doop Lidmate:
Schmitt Hannah Emily
Maree Eleazar
NUWE BANKBESONDERHEDE
Weens hoë bankkostes het die Kerk besluit om te skuif na FNB Bank.
Geliewe asb die nodige veranderinge by u bank aan te bring, aangesien FNB vanaf 31 Maart 2023 in werking sal tree en die ander bankrekeninge nie meer in gebruik sal wees nie.
FNB
NG Moedergemeente
Rek nr.: 63038755352
Takkode: 210554
LIEFDE LEEF PROJEKTE:
Daar is asseblief groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv. koffie,suiker,tee,soutvleis, ontbytpap …
Enige ander skenkings van komberse, lakens, gordyne, handdoeke en klere sal ook waardeer word.
Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.
Rand-‘n-jaar-projek
Die gedagte met rand-‘n-jaar-projek is dat jy , in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as die R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit).
Koeverte is in die portaal of by die Kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die Erediens of in die week by die Kerkkantoor ingehandig word.
STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb.
Dit is ‘n deurlopende projek. U kan dit by die Kerkkantoor of die Kerk ingee wanneer dit vol is.
Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.
BASAAR 25 MAART 10:00
Ons benodig dringend die volgende bestanddele:
Koekmeel & Bruismeel, Eiers, Kookolie, Wit asyn,Bakpoeier, Suiker, Margeriene (bak), Wit Olifante, Vleis, Rys, Maalvleis, Aartappels, Gemengde groente, Hoender, Poeding, Koeke, Terte, Kleinkoekies & beskuit, Vars melk, Boksie melk, Koffie, Tee en Nescafe Cappucino sakkies koffie. Kontak asb vir Jan Loubser @ 072 619 1019
Konvenors Tafels:
Braai – Michael v Deventer – 084 584 7882
Potjiekos – Marius Strydom – 071 135 0517
Vleis – Jo Verwey – 082 849 5121
Pannekoek – Isma van Tonder – 082 775 1494
Gebak – Trix vd Westhuizen – 072 447 6447
Worsbrood, Sosatie, Kerrie vetkoeke – Francina Gerber – 084 299 8461
Poeding – Chrismari Terblanche – 082 844 5578
Teetuin – Deidré Olivier – 072 551 6233
Kindertafel – Louise de Kock – 084 574 4933
Wit Olifant – Elize du Plessis – 063 725 9413
Slaai – Arthur Muller – 072 821 9400
Leraar: Ds Albé Theunissen Sel: 082 928 3561 Epos: albe@moeder.co.za
Koster: Jan Engels Sel: 082 770 9995
Skriba: Elzanne Kruger Tel: 044 272 3130 Epos: skriba@moeder.co.za
Facebook: Oudtshoorn Moedergemeente Webwerf: www.moeder.co.za
Kantoorure: Maandae; 10:00 – 12:00 & Dinsdae tot Vrydae: 09:00 – 12:00 WhatsAppnr 062 969 8718