Bulletin 5 – 12 Junie 2022

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Albé Theunissen
Tema: PINKSTERFEES Saam met die Gees
Teks: Galasiërs 5

VANDAG
PINKSTERFEES
BIDDAG VIR EKOLOGIE
09h30 PINKSTER
Deuroffers: Bybelverspreiding
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens.
Kategese Gr 4-10 na erediens.
Tee na afloop van erediens in Skooltjie

Die kerkraad het dit goedgedink om ds Albé na Pinkster af te gee. ( 06 – 11 Junie) Indien u ’n krisis of sterfgeval het, skakel gerus vir Manus Blignault by 0829683675.

SONDAG, 12 JUNIE
BIDDAG VIR JEUG EN KATEGESE
09h30 Lofprysingsdiens
Deuroffers: Jeugwerk
Kategese
Kinderdankofferkoeverte inhandig

LIEFDE-LEEF BRING EN BRAAI:
Die gemeente braai word uitgestel tot ’n later datum.

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
10/06 Danie van der Westhuizen

Ons bid vir die lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Diederich Lerm
Asook lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.

Iemand siek of in die hospitaal? Kontak asb vir ds Albé by 082 928 3561.

Ouers met peuters en babas
Ouers met kleiner kinders (voorskoolse peuters) wat graag hulle peuters wil laat oppas terwyl hulleself rustig in die erediens kan wees, is baie welkom om hul kleingoed na die Peuterkerk (by die Skooltjie) te neem waar hulle tydens die diens sinvol besig gehou word. Ouers met babas, wat gemakliker is om hul babas tydens die diens op ‘n privaat plek te versorg, is welkom om in die konsistorie te sit. Die diens word op ‘n TV-skerm na die konsitorie herlei.

GEBEDSVERSOEKE: MISSIE JAPAN
Bid asb. vir die Here se sorg en leiding m.b.t. die volgende sake:
•  Ons het die afgelope maande baie hard gewerk, en tegelyk baie gaste ontvang aan huis. Bid asb. vir krag, balans en gesondheid.
•  Ons het begin met ’n nuwe fase van bediening in ons plaaslike gemeente (RCJ Kita Kobe), saam met ‘n nuwe leraarspaar, (ds.) Hajime en sy vrou Yuko Nishibori, met hulle seun Hikari. Carina se rol in die kinderbediening hier brei uit. Dank saam met ons die Here daarvoor en vra asb. vir Sy leiding vir wat voorlê.
•  Ons daaglikse werk – ek wat klasgee by die kweekskool, betrokke is by verskeie gemeentes en leraars, ekstra navorsing doen in Missiologie; Carina se voltydse tuisonderrig van ons 4 kinders met verskeie ander (Japannese) studies en werk – dit verg baie energie en wysheid.
•  ‘n Belangrike Missie Japan vergadering – Dinsdag 7 Junie 11h00 SA tyd – saam met RCJ Shikoku se kerkleiers oor die pad van samewerking vorentoe.

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Ondersteun asb hierdie projek. Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

Oggend Gebed
Liewe Heer,
Laat die werke van die Heilige Gees
waardig raak in elkeen van ons lewens.
Sodat ons tot ‘n besef sal kom,
Dat daar net een God en Vader is,
wat aan al ons behoeftes voorsien.
Asook in ons tye van nood en verdrukking.
Dankie Here, dat U ons God en Vader is.
Maar die meeste van alles,
Baie dankie dat U ons groot voorsiener in alles is.
Ons loof en eer U daarvoor. Amen.

Leraar: Ds Albé Theunissen    Sel: 082 928 3561    Epos: albe@moeder.co.za
Koster: Jan Engels    Sel: 082 770 9995
Skriba: Annelet Nortier    Tel: 044 272 3130    Epos: skriba@moeder.co.za
Facebook: Oudtshoorn Moedergemeente        Webwerf: www.moeder.co.za
Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00        WhatsAppnr 062 969 8718