Bulletin 5 – 11 Mei 2019

GETUIENISMAAND: Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels:
doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees,
en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
(Mat 28:19,20)

VANDAG
Sinodale Bid- en Dankdag
ARBEIDSONDAG
09:30 Erediens
Deuroffers: Getuienis
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na kerkdiens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
11:15 Kategete vergadering in die Konsistorie
Tee: Na erediens word gemeente genooi om saam tee te drink in die tuin van die ou pastorie (en as jy wil, ‘n draai deur die huis te stap)

In die lig van verlede Sondag se aanddiens, sal daar nie vanaand (soos op almanak aangedui) ‘n aanddiens wees nie.

MAANDAG
17:30 Gemeentebediening vergadering

DINSDAG
17:30 Diensverhouding en Finanskommissie vergadering

VOLGENDE SONDAG
Moedersdag
09:30 Erediens
Deuroffers: Getuienis

VERLEDE WEEK
Bankkollekte: R9 194-50
Deuroffers: R2 084-60
Getal lidmate in diens: 397 + inwoners van 2 ouetehuise

Gerrit en Ilsa nooi almal vir ‘n koppie kerktee op die pastorie se stoep. U is welkom om deur die huis te stap alhoewel dit redelik deurmekaar is agv die pakkery! ( Kinders asb vergesel deur ouers.)

Basaarbedankings :
Elke keer staan ek verstom
om te sien hoe alles na die tafels kom!

Wit olifante en halwe skape in gelid.
Poedings en koeke word neergesit.

Vure brand hoog en pryse bly laag;
Moedergemeente het opgedaag!

Pannekoek, terte en plante wat blom,
ons almal doen dit net vir HOM!

Here, dankie vir genade en U seën.
Ons weet U het ons guns verleen!

Ilsa bedank almal vir soveel jare se heerlike samewerking. Solank ons die HERE eerste stel, sal Hy ons nooit teleurstel. Mooi loop!  Die Basaar was voorwaar baie geseënd met ‘n bedrag van R130 534-90

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
05/05 Mickey Ritter, Tuishuis 50

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Deon Briel, Adderleystraat 203
Lydia du Plessis, Jan van Riebeeckweg 35
Mariaan Janse van Rensburg, Melkbossingel 24
Toekie Blignault, Gottlandhuis K38
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

MEI – GETUIENISMAAND
Gedurende Mei dink ons as gemeente weer na oor ons roeping om as medewerkers in die Koninkryk getuies van die evangelie te wees.

Sondag 5 Mei: Ds Smuts v Rensburg
Hand 9:1-20 Tema: As God jou hart aanraak en jou roep

Sondag 12 Mei: Ds Charl du Plessis George Bergsig Gemeente
Ons hoor van George Bergsig se getuienisaksies.

Sondag 19 Mei: Ds Johan Engelbrecht Hartenbos Gemeente
Ons hoor van Hartenbos se getuienisaksies.
Ons verbintenis tot geloofsbelofte-offers.

Sondag 26 Mei: Ds Smuts vRensburg Gasvryheidsondag – bid nou al oor wie jy gaan nooi om as jou gas saam met jou die erediens by te woon.

KOMMISSIEVERGADERINGS
Jeugkommissie: Sondag, 05 Mei, 11h15 in die konsistorie.
Gemeentebediening: Maandagaand, 06 Mei, 17h30 in die Skooltjie.
DVK & Finanskommissie: Dinsdagaand, 07 Mei, 17h30 in die kerkkantoor.

KERKRAADSVERGADERING : 20 Mei, 18h00 in die Skooltjie.

Belangrike datums hierdie kwartaal:
30 Mei (Donderdag) HEMELVAART
2 – 9 Junie PINKSTER & PINKSTERFEES

Verskoning vir ongerief
Die kerkraad beplan om binnekort noodsaaklike instandhoudingswerk in die kerk te doen. Die mat in die portaal van die Kerkstraat-portaal is verwyder om beskadiging te voorkom en sal eers vervang word na afhandeling van herstelwerk. Die kerkraad vra om verskoning vir enige ongerief.