Bulletin 4 Junie 2023

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Prediker: Albé Theunissen
Die Hart van aanbidding (Deel 1)

VANDAG
BIDDAG VIR EKOLOGIE
09:30 Erediens
Deuroffers: Zimbabwe, Malawi & Mosambiek
KATEGESE
Tee na afloop van erediens

DINSDAG 6 JUNIE
10:00 – 11:00 Vrouebybelstudie
Kontak Ilsa 084 279 1797

VOLGENDE SONDAG 11 JUNIE
BIDDAG VIR JEUG & KATEGESE
09:30 Erediens
Deuroffers: Sinodale Jeugwerk
KATEGESE

Biddag vir Ekologie
ONS BID VIR:

  1. Gebed van dankbaarheid vir die aarde waarvan ons afhanklik is vir oorlewing.
  2. Gebed vir owerhede diegene wat beleidsveranderinge bring.
  3. Gebed vir diegene wat werklik ‘n verskil probeer maak in die wêreld en omgewing, mense wat opstaan teen ons patrone van geweld teen die aarde.
  4. Gebed vir besighede wat klein veranderinge kan maak om ‘n groot impak te hê op die omgewing.
  5. Gebed vir onsself dat die Here ons harte sal verander om meer in harmonie met die omgewing te lewe en beter besluite te neem ten gunste van die omgewing.

VERJAARSDAE 80 +
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
01/06 Abe Coetzer
01/06 Johan du Plessis
10/06 Danie vd Westhuizen

Ons bid vir lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Lidmate in siekeboeg

Meegevoel aan: Innige meegevoel aan die vriende & familie van Olga Minnie wat oorlede is.

LIEFDE LEEF PROJEKTE:
Die noodspens is redelik leeg. Daar is asseblief groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv.; koffie,suiker,tee,soutvleis, ontbytpap …
Enige ander skenkings van komberse, lakens, gordyne, handdoeke en klere sal ook waardeer word. Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Die gedagte met rand-‘n-jaar-projek is dat jy , in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as die R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit).
Koeverte is in die portaal of by die Kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die Erediens of in die week by die Kerkkantoor ingehandig word.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb.
Dit is ‘n deurlopende projek. U kan dit by die Kerkkantoor of die Kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

NUWE BANKBESONDERHEDE
Weens hoë bankkostes het die Kerk besluit om te skuif na FNB Bank.
Geliewe asb die nodige veranderinge by u bank aan te bring.
FNB – NG Moedergemeente
Rek nr.: 63038755352
Takkode: 210554

Om oor na te dink
Elke keer as jy vir iemand glimlag,
is dit ‘n daad van liefde,
‘n geskenk vir daardie persoon,
‘n pragtige gebaar.

(Moeder Teresa)

Leraar: Ds Albé Theunissen Sel: 082 928 3561 Epos: albe@moeder.co.za
Koster: Jan Engels Sel: 082 770 9995
Skriba: Elzanne Kruger Tel: 044 272 3130 Epos: skriba@moeder.co.za
Facebook: Oudtshoorn Moedergemeente Webwerf: www.moeder.co.za
Kantoorure: Maandae: 10:00 – 12:00; Dinsdae tot Vrydae: 09:00 – 12:00 WhatsAppnr 062 969 8718