Bulletin 28 Julie – 3 Augustus 2019

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Ek het julle lief, sê die Here. Maar julle vra: “Hoe het U ons lief?” (Mal 1:2)

VANDAG
09:30 Erediens
Deuroffers: Arbeidsbediening
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na kerkdiens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
11:15 Kategete vergadering
Tee na afloop van die diens in Braaikamer

DONDERDAG
09:30 Biduur by Tuishuis

VRYDAG
06:30 Biduur, ons maandelikse gebedsgeleentheid in die Skooltjie.

SATERDAG
10:00 Lektuurverspreiding

VOLGENGE SONDAG
09:30 Erediens
Deuroffers: Gemeentehulpfonds

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R4 199-00
Deuroffers: R911-90
Getal lidmate in diens: 199 + inwoners van 2 ouetehuise

Bidure vir kwartaal, Donderdae
1 Augustus om 09:30 Tuishuis
22 Augustus om 09:30 Gottlandhuis
12 September om 09:30 Tuishuis

Alle inwoners van Gottlandhuis en Tuishuis, ongeag aan watter kerk of Gemeente jy behoort, is welkom by die bidure. Ander lidmate wat nie in Gottlandhuis of Tuishuis woon nie, is ook baie welkom om die bidure by te woon.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
01/08 Christa Ellis, Milleniumpark Siekeboeg

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Cecile van Huyssteen, Oranjestraat 16A
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Isma van Tonder, Merimar w/s 106
Johan Appel, Gottlandhuis K8
Kitty Nortier, St Saviourstraat 021
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Marcus Nortjé, Oudtshoorn aftreeoord 126
Martie Jonck, Tuishuis Siekeboeg B
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met families en naasbestaandes wat geliefdes aan die dood afgestaan het:
Moedergemeente se oudste lidmaat, oom Web Broodryk (Bellinghanhof), is hierdie week in die ouderdom van 102 oorlede. (Hy en tannie Ina sou Oktober 70 jaar getroud gewees het.) Meegevoel met tannie Ina en hulle dogter en haar man, Gerrida en Kobus le Roux (Riempie Village). Die dank- en troosdiens vind Vrydag in Bellinghanhof plaas. (Tyd sal later bekend gemaak word.)

Geluk aan ons koster!
Baie geluk aan ons koster, Jan Engels, met sy verjaarsdag die afgelope week!
Ons bede is dat die Here vir jou saam met Cynthia sal seën en dat Hy julle in sy hande van genade sal toevou. Baie dankie ook vir alles wat jy as koster in die gemeente doen, en vir die gesindheid waarmee jy jou taak verrig.

KOMMISSIEVERGADERINGS
Jeugkommissie: Sondag, 28 Julie, 11h15 in die konsistorie.
Eiendomskommissie: Maandagaand, 29 Julie, 18h00 in die Skooltjie.
Liefde Leef kommissie: Dinsdagaand, 30 Julie, 18h00 in die Skooltjie.
Gemeentebediening: Maandagaand, 12 Augustus, 17h30 in die Skooltjie.
DVK & Finanskommissie: Dinsdagaand, 13 Augustus, 17h30 in die kerkkantoor.
KERKRAADSVERGADERING: 26 Augustus, 18h00 in die Skooltjie.

Kontak gerus jou leraar
Ds Smuts van Rensburg is beskikbaar en kan gekontak word as iemand die behoefte het om oor geestelike sake te gesels, op soek is na geloofsekerheid en geestelike leiding, behoefte het aan vertroosting, bemoediging en berading. Kontak hom in geval van ernstige siekte, hospitalisasie, dood en geboorte.

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

HOE KAN HUL GLO AS HULLE NIE HOOR OF DIT LEES NIE?
Saterdagoggend, 3 Augustus, om 10 tot 11 vm, kan jy dalk iemand se rigting verander van die hel na die hemel en van die dood na die lewe.
Hoe? Kom na die konsistorie en deel dmv traktaatjies die beste nuus uit aan almal wat hulle hande oop hou. Jy hoef nie te kan praat of baie goed te weet nie –
net uithou en gee. Dis deel van ons gemeente se gehoorsaamheid om die liefde van Jesus te leef. Net vir ‘n uur. Sien uit om jou daar te sien.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Ondersteun asb hierdie projek. Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

NG Kerk Oudtshoorn-Suid bied aan: VROUE-AAND
Dinsdag 6 Aug 2019 om 18:30 in die Anneks (langs Kerksaal)
Tema: Pienk Pret Drag: Semi-formeel met iets pienk
AAND VOL PRET met gaskunstenaars Tania Smit (skrywer) en
Janine Fourie (sanger) PRYS: R130 (Ligte aandete ingesluit)
Kaartjies by Oudtshoorn-Suid Kerk-kantoor en Marianne Dall 083 564 3508

NG Kerk Volmoed Dankfees
Datum: 31 Augustus, 11vm. Kiosk open reeds om 10 vm
Plek: NG Kerk Volmoed Kerksaal
Etes @ R65: Halwe hoender, 2 slaaie en roosterkoek
Ete-kaartjies is beskikbaar by Wilna 083 305 0167 of Daan 082 219 1517 of Koos 072 297 0531

LIDMAAT GEGEWENS
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

NG Moedergemeente bied aan:
TRAILRUN & PRETSTAP/DRAF vir Bybels
op SATERDAG, 14 SEPTEMBER 2019 in wildskamp tussen veldblomme en diere. Almal ontvang ‘n medalje.

Waar? Tsumkwe, tweede ingang by stoor aan linkerkant. (16km op De Rust-pad. Hou asb in gedagte dat daar steeds padwerke is wat u reistyd gaan vertraag)

Afstande & Wegspringtye
±21km Trailrun 7H30
10km Trailrun 8H30
5km Stap / Draf 9H00

Trailrun se inskrywings kan vooraf gedoen word. Navrae: moedergemeenteodn@gmail.com

5km STAP / DRAF INSKRYWINGS VANAF: 7H00 – 8H30

INSKRYWINGSFOOI
±21km Trailrun Volwassenes: R100-00
10km Trailrun Volwassenes: R80-00
Hoërskool Kinders: R50-00
5km Stap / Draf Volwassenes: R50-00
Kinders: R20-00

Gelukkige trekkings sal 10:30 begin! Daar sal ook pryse vir die wenners van die onderskeie afdelings wees.
NAVRAE: Jodi (0823756770) of Riaana (0845839146) of Kerkkantoor (0442723130)
Koffie/tee, koeldrank, jaffels, roosterkoeke, pannekoek & poeding te koop. Sien julle daar, dit gaan lekker wees!

HELP ASB!!!!!!!!!!!!!!!!
PRETSTAP,14 SEPTEMBER
Gelukkige trekkings: Ons is asb dringend op soek na pryse vir gelukkige trekkings. Indien u kan help, skakel asb Ds Smuts by 0829216854 / Riaana 0845839146 / kerkkantoor by 0442723130.
Poedings : Indien daar mense is wat poedings of vla kan skenk skakel asb die Kerkkantoor by 0442723130 / Riaana 0845839146
Skenkings: Ons benodig asb ook water, deeg, brode, maalvleis, bacon, eiers, wors, kaneelsuiker, tamatie & uiesmoor, hout.
Hande:
Ons benodig mense by die vlg tafels:
* Inskrywings
* Jaffel & roosterkoek verkope
* Pannekoek bak
* Poeding verkope
* Koffie & koeldrank verkope
* Braai van wors
* Medaljes uitdeel
Ons kan dit nie sonder julle hulp doen nie.

Om oor na te dink
Die beste omtrent oudword is
dat ‘n mens al daardie dinge wat jy as jongmens nie kon kry nie,
gelukkig nie meer wil hê nie.
(LS McCandles)