Bulletin 27 JUNIE – 3 JULIE 2021

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Gerrit van Schalkwyk
Teks: Jakobus 1:19 & 3:1 – 12
Tema: Hoe lyk jou tong?

VANDAG
09:30 Erediens – Ds Gerrit van Schalkwyk
Deuroffers: Gemeentebediening

SONDAG, 4 JULIE
09:30 Erediens – Ds Gerrit van Schalkwyk
Deuroffers: Gemeentebediening

Baie welkom aan ds Gerrit van Schalkwyk wat die volgende Sondae se eredienste waarneem:  Vandag (27 Junie), 4 Julie & 11 Julie.

Ds Smuts is met Sabbatsverlof 22 Junie – 13 Julie. Indien u ’n leraar nodig het, skakel gerus vir Manus Blignault by 0829683675 en hy sal met ‘n Ringsleraar reël.

Bywoning van eredienste, opneem van offergawes en kategese
As gevolg van die nuutste veiligheidsregulasies soos aangekondig deur die staatspresident, moet ons (vir die soveelste keer sedert Maart 2020) sekere reëlings weer aanpas:
• Toegang tot eredienste sal slegs deur die hoofdeur geskied. Al drie deure sal egter oop wees om die kerkgebou na die erediens te verlaat.
• Bankkollekte word met inkom in houer gemerk “Bankkollekte” geplaas. Deurkollekte word met uitgaan in houer gemerk “Deurkollekte” geplaas.
• Onthou asb om gedurende die week by die kerkkantoor (044 2723130) te bespreek vir Sondag se erediens, aangesien daar net 50 mense binne ‘n gebou toegelaat mag word.
*** Onthou asb: Saniteer hande by deur, dra masker en moenie by deure saamdrom nie – hou veilige afstand.

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
27/06 Thelma Schoeman
29/06 Emmy Claassen

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Lidmate wat behandeling vir kanker ontvang.
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.
Bid asb ook vir ons dokters en ander verpleegpersoneel.

Innige meegevoel met:
Petro van Zyl, met die afsterwe van haar man, Johan

DANKOFFER ELEKTRONIES
Dit sal die kerkraad baie help om beter te beplan oor die fondse indien u u maandelikse dankoffer via debietorder of internet inbetaal. (U moet asb self by die bank reël ivm die debietorder) Dankie vir u begrip.

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

LIEFDE LEEF:
Daar is asb.groot behoefte aan blikkies kos, pasta, toiletware, warm klere en komberse vir die noodspens.  Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres.

FONDSINSAMELING
Ons wil graag elke tweede of derde week, verkieslik op ‘n Vrydag, iets te ete verkoop om ons kerkkas aan te vul. Hiervoor het ons asb al ons lidmate se hulp nodig. Alles gaan in Moedergemeente se kombuis gemaak word. Skakel asb die skriba by die Kerkkantoor 0442723130 indien jy kan help met skenkings, maak van produkte of verpakking daarvan. Die datums van wanneer wat gemaak en verkoop gaan word sal later deurgegee word.
Wie kan help by:
Pannekoek
Malvapoeding
Koekies
Beskuit
Jaffels
Kerrievetkoeke
Hoenderburgers

FONDSINSAMELING
Ons skop sommer af met Donderdag, 8 Julie. Hoor by jou werk, vriende en familie….. en bestel pannekoeke!!!!! Die pannekoeke kan Donderdag, 8 Julie by die Braaikamer
afgehaal word.
Vir bestellings kontak die skriba by 0442723130 Maandag – Vrydag, 9 – 11 vm. Afsnydatum vir bestellings is Maandag, 5 Julie.
Bydraes van bestanddele (koekmeel, kookolie, eiers, suiker, ens) kan by kerkkantoor afgegee word.
Hulp met bak van pannekoek – kontak Marie Verwey 0829464087.

POPIA WET
Wat is die POPIA wet: Dit is die wet op Beskerming van persoonlike inligting wat reeds in 2013 deur die regering onderskryf is, in 2020 goedgekeur is en op 1 Julie 2021 inwerking tree.  Die wet verplig alle besighede om persoonlike inligting van kliënte en werknemers te beskerm.
Geen persoonlike inligting mag aan enige persoon of maatskappy gegee word as daar nie toestemming verkry is deur die persoon wie se inligting verlang word nie.
Die wet reguleer die manier waarop persoonlike inligting van mense gestoor mag word.
Lidmate moet nou toestemming gee om persoonlike inligting te stoor of om dit aan enige iemand bekend te maak, m.a.w. inligting soos telefoonnommers, adresse, Identiteitsnommers ensovoorts mag aan niemand gegee word as daar nie toestemming verkry is nie.
Lidmate se persoonlike inligting word slegs bekend gemaak of gedeel vir kerklike of gemeentelike gebruik met vooraf toestemming.
Lidmate wat nie wil hê dat hulle inligting vir kerklike of gemeentelike sake gebruik word nie moet asseblief die kerkkantoor laat weet anders aanvaar ons dat dit in orde is.
Alle inligting wat reeds in die kerk se besit is word vertroulik hanteer.

Loof God wanneer jy gelukkig is.
Soek God wanneer jy swaarkry.
Aanbid God wanneer jy stil word.
Vertrou God wanneer jy hartseer is.
En dank God elke oomblik van die dag…