Bulletin 27 Februarie – 5 Maart 2022

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Vandag:  Ds Albé Theunissen
Tema: Vergewe hulle.
Teks: Luk 23: 33 – 34

VANDAG
EERSTE LYDENSWEEK
09h00 NAGMAAL
Deuroffers: Gemeentefonds
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens.
Kategese Gr 4-10 na erediens.
Tee na afloop van erediens in Skooltjie

MAANDAG, 28 FEBRUARIE
18:00 Kerkraadsvergadering

VRYDAG, 4 MAART
13:00 Wêreldbiddag vir Vroue: Tema: “Ek weet wat Ek vir jou beplan”

SATERDAG, 5 MAART
07h00 Wêreldbiddag vir Mans in Skooltjie

SONDAG, 6 MAART
TWEEDE LYDENSWEEK
09h00 Dankseggingsdiens – Ds Gerrit
Deuroffers: Gemeentebediening Sinode
Kategese

Eerste Lydensweek
Luk 23 : 34 – “Toe sê Jesus: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. Hulle het Sy klere verdeel deur te loot.”
Simboliek: Wit doeke simboliseer Sy klere wat verdeel is.

Aswoensdag – 2 Maart
Aswoensdag is die begin van Lydenstyd, vir 46 dae voor Paasfees dink ons aan Jesus Christus se lyding en sterfte. Ons gebruik die as van die gebrande palmtakke van Palmsondag om ‘n kruisie op ons voorkoppe te trek. Dit simboliseer ons verootmoediging voor God. Wanneer ons die kruis op iemand se kop trek sê ons: Jesus Christus het vir jou gely en vir jou gesterf. Vir 40 dae gee ons iets op, maar op elke Sondag vier ons die wete dat Paasfees vir elkeen van ons kom en dat Christus die dood oorwin, vir ewig lewe en ons saam met Hom.

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
26/02 Anna Brummer
26/02 Ria Mulder
02/03 Hennie v/d Westhuizen
05/03 Boetie Pienaar

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Nico Oppel
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde
Innige meegevoel met:
Cynthia Engels en gesin, met die afsterwe van haar suster.

Kom leef jou gawe of talent uit:
• Deurdiens (verwelkom kerkgangers vanaf half 9 by die deure)
• Teediens (skink tee na erediens en ruim op – indien ons genoeg helpers kry, is diensbeurt slegs een keer per kwartaal. Ons benodig 2 dames per Sondag.
Stuur asb jou naam en Deurdiens / Teediens per sms of whatsapp na 0629698718

BYBELSTUDIE:
Alle dames welkom om in te skakel by Bybelstudiegroepe. Dinsdae 8:45vm of Dinsdae 10vm in konsistorie. Kontak ilsa 084 279 17

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205

Basaar Helen Bellinganhof 5 Maart om 9:00 by Condorstraat 1
Tombola, Hamburgers, Teetuin, Pannekoek, Vetkoek, Kerrie en rys, Poedings, Gebak en nog baie meer.