Bulletin 26 Mei – 1 Junie 2019

GETUIENISMAAND
Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees,
het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het,
engele as gaste gehuisves.  (Hebr 13:2)

Gasvryheidsondag: ‘n Spesiale woord van welkom aan al ons besoekers. Mag julle in Moedergemeente ‘n stukkie van die Here se liefde en gasvryheid ervaar!

VANDAG
GASVRYHEIDSSONDAG
09:30 Lofprysingsdiens
Deuroffers: Getuienis
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na kerkdiens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
Tee na afloop van die diens in Braaikamer

DONDERDAG
13:15 HEMELVAARTDIENS

VOLGENDE SONDAG
BIDDAG VIR EKOLOGIE
09:30 PINKSTER (Voorbereidingsdiens)
Deuroffers: Bybelverspreiding
18:30 PINKSTER
Deuroffers: Bybelverspreiding

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R3 369-00
Deuroffers: R1 115-20
Getal lidmate in diens: 114 + inwoners van 2 ouetehuise

Baie geluk aan die volgende lidmaat wat vandag bevestig word as Kerkraadslid:
Wynand Malan – Diaken

Op ‘n Kerkraadsvergadering is die vlg persoon benoem as kerkraadslid:
Anton Gerber – Diaken

HEMELVAART
Hemelvaartdienste word DV op Donderdag, 30 Mei, op die vlg tye in die onderskeie gemeentes gehou:
Odn-Park – 09:30
Odn-Wes – 10:00
Moedergemeente – 13:15
Odn-Suid – 18:00
Odn-Noord – 18:30
Welgeluk – 18:30
Volmoed – 18:30
U is baie welkom om die Koningskap van die Here Jesus Christus saam met ander gelowiges te vier.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
31/05 Anna Drotskie, Tuishuis Siekeboeg

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Lydia du Plessis, Jan van Riebeeckweg 35
Wilmé van der Vyfer, Caves Aftreeoord 74
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Geboortes
Geluk aan Hannes en Ilonka Arndt met geboorte van hulle seuntjie en so ook aan oupa Johan en ouma Duppie!
Geluk ook aan Jacques en Esmaré Bruwer met geboorte van hul eerste kleinkind (dogtertjie!)
(NS: Laat weet kerkkantoor van geboorte van kinders en kleinkinders sodat gemeente in julle dankbaarheid en vreugde kan deel!)

PINKSTER 2019
Pinksterdienste begin Sondagoggend, 2 Mei om 09:30.
Vanaf Sondagaand tot Donderdagaand is Pinksterdienste om 18:30.
Sondag 9 Junie sluit ons die Pinkstertyd af met Pinksterfees en Nagmaal om 09:30
Besluit en beplan om hierdie jaar getrou te wees in bywoning van Pinksterreeks!
Kom luister saam na die Woord uit Openbaring! Kom sing saam!
Kom bid saam! Kom – word aangeraak deur die Woord en die Gees!

Geloofsbelofteoffers
Die vorms vir geloofsbelofteoffers is verlede Sondag uitgedeel. Indien jy nog nie so ‘n vorm met al die inligting oor ons getuienisaksies en die verbintenisvorm ontvang het nie, neem asb by deure. Besorg ingevulde vorm by kerkkantoor of gooi dit in dankoffersakkie.

HOE KAN HUL GLO AS HULLE NIE HOOR OF DIT LEES NIE?
Saterdagoggend, 8 Junie, om 10 tot 11 vm, kan jy dalk iemand se rigting verander van die hel na die hemel en van die dood na die lewe.
Hoe? Kom na die konsistorie en deel dmv traktaatjies die beste nuus uit aan almal wat hulle hande oop hou. Jy hoef nie te kan praat of baie goed te weet nie –
net uithou en gee. Dis deel van ons gemeente se gehoorsaamheid om die liefde van Jesus te leef. Net vir ‘n uur. Sien uit om jou daar te sien

FINANSIȄLE JAARSTATE
Neem asb kennis dat die 2018/2019 Finansiële Jaarstate ter insae by die kerkkantoor beskikbaar is.

Dankoffers – Wees getrou!
Ons doen ‘n beroep op lidmate om getrou te wees in die gee van offergawes. Om ‘n offergawe te gee is deel van jou dankbaarheid teenoor die Here vir jou verlossing en al die seëninge wat jy uit Sy hand ontvang. Jy kan jou dankoffer op verskillende maniere gee: Direkte inbetaling in kerk se bankrekening, per aftrekorder, inbetaling by kerkkantoor, betaling by dienswerker, in kollektesakkie Sondae (sit in koevert en merk “dankoffer”).
DANKIE aan lidmate wat getrou is in hul offervaardigheid!

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

OU HANDDOEKE
Iemand in ons gemeente het ou handoeke nodig. Indien u het, gee asb af by die kerkkantoor. Dankie

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, Takkode 175205

Om oor na te dink
Heiligmaking is ‘n proses,
iets wat ons in hierdie lewe
nooit heeltemal sal kan vervolmaak nie.
(Jerry Bridges)

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 :        Epos: ngoud@mweb.co.za :         www.moeder.co.za