Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.
Ds Albé Theunissen
Tema: Die Een wat ken
Teks: Ps 139: 1 – 12
VANDAG
SESDE LYDENSWEEK
09:00 Erediens
Deuroffers: Christelike Lektuurfonds
KATEGESE
Tee na afloop van erediens
DINSDAG 28 MAART
10:00 – 11:00 Vrouebybelstudie. Kontak Ilsa 084 279 1797
VRYDAG 31 MAART
SKOLE SLUIT
VOLGENDE SONDAG 2 APRIL
DAG VAN DANKSEGGING & VEROOTMOEDIGING
SEWENDE LYDENSWEEK
09:00 Erediens
Deuroffers: Hospitaalbediening
GEEN KATEGESE
Neem asb kennis Eredienste verander op 10 April na 09:30
VERJAARSDAE 80+
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
25/03 Patsy Fourie
25/03 Dotty van Rensburg
29/03 Minnie vd Vyver
29/03 Johan Lategan
KERKKANTOOR GESLUIT
Neem asseblief kennis dat die kerkkantoor op die volgende datums gesluit sal wees:
29 – 30 MAART
Neem kennis dat die kerkkantoor gedurende die skoolvakansie slegs Maandag, 3 April, oop sal wees.
Vir dringende navrae/hulp tydens skoolvakansie kontak asb Louise de Wet @ 072 340 5270
Iemand siek of in die hospitaal?
Kontak asb vir ds Albé by 082 928 3561.
BASAAR
Daar is besluit om die basaar uit te stel tot 6 MEI 2023 om 10:00
Ons benodig dringend die volgende bestanddele:
Koekmeel & Bruismeel, Eiers, Kookolie, Wit asyn,Bakpoeier, Suiker, Margeriene (bak), Wit Olifante, Vleis, Rys, Maalvleis, Aartappels, Gemengde groente, Hoender, Poeding, Koeke, Terte, Kleinkoekies & beskuit, Vars melk, Boksie melk, Koffie, Tee en Nescafe Cappucino sakkies koffie. Kontak asb vir Jan Loubser @ 072 619 1019
NUWE BANKBESONDERHEDE
Weens hoë bankkostes het die Kerk besluit om te skuif na FNB Bank.
Geliewe asb die nodige veranderinge by u bank aan te bring, aangesien FNB vanaf 31 Maart 2023 in werking sal tree en die ander bankrekeninge nie meer in gebruik sal wees nie.
FNB
NG Moedergemeente
Rek nr.: 63038755352
Takkode: 210554
HUUR VAN PERSELE
CJV Saal: R1 000 (R1 000 deposito)
Braaikamer : R500 (R500 deposito)
Skooltjie: R500 (R500 deposito)
Kombuis: R800 (R1 000 deposito)
Maak gebruik van ons persele. Lidmate betaal net halfprys.
LIEFDE LEEF PROJEKTE:
Daar is asseblief groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv. koffie,suiker,tee,soutvleis, ontbytpap…
Enige ander skenkings van komberse, lakens, gordyne, handdoeke en klere sal ook waardeer word. Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.
GEMEENTEKAMP BY OPPI-DAM 21-23 APRIL 2023
Indien enige iemand nog belangstel in die gemeentekamp, kontak asseblief vir Elzanne by die kerkkantoor.
LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnommer, telefoonnommer of fisiese adres verander.
Leraar: Ds Albé Theunissen Sel: 082 928 3561 Epos: albe@moeder.co.za
Koster: Jan Engels Sel: 082 770 9995
Skriba: Elzanne Kruger Tel: 044 272 3130 Epos: skriba@moeder.co.za
Facebook: Oudtshoorn Moedergemeente Webwerf: www.moeder.co.za
Kantoorure: Maandae; 10:00 – 12:00; Dinsdae tot Vrydae: 09:00 – 12:00 WhatsAppnr 062 969 8718