Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

VANDAG
KINDERDIENS
09:30 Erediens
Deuroffers: Gemeente Jeug
KATEGESE
Tee na afloop van erediens
DINSDAG 25 JULIE
10:00 – 11:00 Vrouebybelstudie
Kontak Ilsa 084 279 1797
VOLGENDE SONDAG 30 JULIE
09:30 Erediens
Deuroffers: Moslembediening
KATEGESE
Tee na afloop van erediens
KOMMISSIEVERGADERINGS
Gemeentebediening: Maandagaand, 24 Julie, 18h00 in die Skooltjie.
Liefde Leef Bediening: Dinsdagaand, 25 Julie, 17h30 in die Skooltjie.
Personeelbediening: Dinsdagaand, 8 Augustus, 17h30 in die Kerkkantoor.
Fondsebediening: Dinsdagaand, 8 Augustus, 18h00 in die Kerkkantoor.
Eiendomsbediening: Dinsdagaand, 8 Augustus, 18h30 in die Kerkkantoor.
KERKRAADSVERGADERING : 14 Augustus, 18h00 in die Braaikamer.
VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word u toegewens….
23/07 Jannie Maree
27/07 Maryna Stassen
Ons bid vir die lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.

LIEFDE LEEF PROJEKTE:
Die noodspens is redelik leeg. Daar is asseblief groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv.; koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap…
Enige ander skenkings van komberse, lakens, gordyne, handdoeke en klere sal ook waardeer word. Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.
NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerk -kantoor pos. Die leraar sal u dan so gou moontlik besoek.
‘n Rand-‘n-jaar-projek
Ondersteun asb hierdie projek. Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.
LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnommer, telefoonnommer of adres verander.
BANKBESONDERHEDE
NG Moedergemeente, FNB
Rek no 63038755352

NG Moedergemeente bied aan:
WILDE KAROO TRAILRUN & PRETSTAP/DRAF SATERDAG, 2 SEPTEMBER 2023
Op Tsumkwe ‘n wildskamp tussen veldblomme en diere
Hou asb hierdie datum oop.
Ons gaan asb weer almal se hulp nodig hê. Verdere inligting volg later.
Leraar: Ds Albé Theunissen Sel: 082 928 3561 Epos: albe@moeder.co.za
Koster: Jan Engels Sel: 082 770 9995
Skriba: Elzanne Kruger Tel: 044 272 3130 Epos: skriba@moeder.co.za
Facebook: Oudtshoorn Moedergemeente Webwerf: www.moeder.co.za
Kantoorure: Maandae; 10:00 – 12:00: Dinsdae tot Vrydae: 09:00 – 12:00 WhatsAppnr 062 969 8718