Bulletin 23 – 30 Oktober 2022

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Albé Theunissen
Tema: Dit gaan goed!

VANDAG
09h00 Oorwinningsdiens
Deuroffers: Kansa
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens Kategese gr 1-3 tydens erediens.
Kategese Gr 4-10 na erediens.
Tee na afloop van erediens in Skooltjie

VOLGENDE SONDAG 23 OKTOBER
09h00 Kansel ruiling Welgeluk (Bertine Malan)
Deuroffers: Herberg Kinderhuis (Huis E)
GEEN Kategese & Peuterkerk

Baie welkom aan ons nuwe skriba, Elzanne Kruger. Dit is vir ons lekker om jou in Moedergemeente te ontvang en vertrou dat jy gou tuis sal voel. ‘Mag die lig van God jou omring, die liefde van God jou omvou, die krag van God jou beskerm en die teenwoordigheid van God oor jou en jou huisgesin waak.”

LIEF EN LEED
Ons bid vir die lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Frik van Zyl
Nettie van Zyl – ICU Bayview
Asook lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.

Meegevoel aan:
Tannie Adah Taylor is die afgelope week oorlede. Innige meegevoel aan haar vriende & familie

Iemand siek of in die hospitaal?
Kontak asb vir ds Albé 082 928 3561.

ATTESTATE
Attestate is van die volgende lidmate ontvang, ons vertrou hulle sal gelukkig wees in ons Gemeente:
Belydende lidmate:
Pretorius (Euvrard) Charlotte en Casper Francois Pretorius vanaf Oudtshoorn Noord
du Plessis (Smit) Suzan-Mari vanaf Oudtshoorn Noord
Fourie (Strydom) Erica vanaf Oudtshoorn Noord
Doop Lidmaat: Pretorius Jeanne Helouise

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerk -kantoor pos. U sal dan so gou moontlik besoek word.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr ,telefoonnr of adres verander.

BANKBESONDERHEDE – NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank Rek no 1752044630

Leraar: Ds Albé Theunissen    Sel: 082 928 3561    Epos:albe@moeder.co.za
Koster: Jan Engels    Sel: 082 770 9995
Skriba: Elzanne Kruger    Tel: 044 272 3130/0629698718
Epos:   skriba@moeder.co.za
Facebook:   Oudtshoorn Moedergemeente
Webwerf:   www.moeder.co.za
Kantoorure:   Maandag – Vrydag: 09h00 –12:00

BASAAR 5 November 10:00
Ons benodig dringend die volgende bestanddele:
Koekmeel & bruismeel, eiers, kookolie, wit asyn, suiker, margarien (bak), Wit Olifante, vleis, rys, maalvleis, aartappels, gemengde groente, hoender, poeding, koeke, terte, kleinkoekies & beskuit, vars melk, boksie melk, koffie, tee en Nescafe Cappucino sakkies koffie. Kontak asb vir Riaana by 084 583 9146
Etekaartjies is vanaf Maandag, 24 Oktober, beskikbaar by die Kerkkantoor
Potjiekos @ R60
Braaivleisete @ R80

Choose to Inspire
Give rather than take,
Love rather than hate,
Better rather than bitter,
Heal rather than wound,
Let go rather than dwell,
Encourage rather than criticize,
Be grateful rather than resentful,
Choose to BE HAPPY and
focus on the light within each other
rather the shadows. (Babz)