Bulletin 21 November tot 5 Desember 2021

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Erediens: Smuts Janse van Rensburg
Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: “Dit is My liggaam; dit is vir julle. Gebruik dit tot My gedagtenis.” Net so het Hy ná die maaltyd gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur My bloed beseël is. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, tot My gedagtenis.” (1 Kor 1:23-26)

VANDAG
09:00 Nagmaal
Deuroffers: Gottlandhuis
Peuterkerk: Tydens erediens
Kategese: Gr 1-3 Tydens erediens
Kategese: Gr 4-10 Na erediens in kerk

Die skriba is met verlof vanaf 22 – 26 November.
Marianna Stassen sal Maandag, – Vrydag van 9 – 11 vm in haar plek aflos.

DONDERDAG, 25 NOVEMBER
09:00 Biduur – Tuishuis

SONDAG 28 NOVEMBER
09:00 Erediens: Ds Gerrit van Schalkwyk
Bevestiging van drie ouderlinge
Deuroffers: Dopelinge
Peuterkerk tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens
Kategese gr 4-10 na erediens

SONDAG 5 Desember
09:00 KERSSANGDIENS (LW – die Kerssangdiens is hierdie jaar nie die aand nie!)

KATEGESE:
Sluiting met Kerssangdiens. Met hierdie diens sluit die kategese vir die jaar.
Alle kinders wat teenwoordig is sal iets in die hand ontvang as erkenning vir hulle teenwoordigheid en vir hulle getrouheid deur nog ‘n moeilike jaar van kategetiese onderrig.

NOODSPENS:
‘n Bydrae as Kersgeskenk vir almal in nood. Met die Kerssangdiens kry alle lidmate ‘n geleentheid om ‘n bydrae in die vorm van kontant of nie-bederfbare kos te bring. Sodoende kan die noodspens voorraad vir die feesseisoen opbou. Onthou om jou geskenk aan minderbevoorregtes saam te bring na die Kerssangdiens om 09:00!

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar …  Seën, vrede en vreugde word u toegewens….
27/11 Koos Pieterse
28/11 Hilda Zeelie
01/12 Baas Rademeyer
02/12 Rina Malan
03/12 Alvin Aspeling

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde
*  Stel asb vir ds Smuts of die kerkkantoor in kennis van siekes

Meegevoel: met Johanette Raubenheimer en haar twee dogters Monique en Bianca, met die afterwe van Nico.

Volmoed Eeufees program: 26 – 28 November 2021
*  26/11 19:00 Orrel en Musiekuitvoering met oa Japie Liebenberg (in kerk)
*  27/11 07:30 vir 08:00 Inskrywings en Pretstap vir Bybels begin – fondse vir Bybelverspreiding
*  08:00 Kiosk open (Pannekoek, jaffles, poeding, koeldrank, ens.)
*  09:00 Pretstap trekking van pryse by saal
*  10:00 Vleisfees (ook te koop: Eeufees bekers, resepteboeke, sleutelhouers)
*  11:00 – 12:00 Wegneemetes (R80 Tjop, Wors, Sosatie, 2 slaaie & broodjie)
*  28/11 09:30 Erediens met nagmaal en kliplegging by kerk (Bring asb ‘n klip saam)
Navrae: Clara Mulder 084 504 3377 Kaartfasiliteite beskikbaar.
Hou ons facebook-blad dop vir die volle naweek program.

ELJADA INSTITUUT
‘n Kerspartytjie word beplan vir Eljada op 16 Desember 2021. Kontant donasies of toiletware soos waslappies, tandepasta/borsels, ens word benodig. Skakel Miriam Bence by 076 617 5429. ‘n Baie groot Eljada dankie!!!!

Iets op Nagmaalsondag om oor na te dink
Sien nou die wonderlike ruil wat hier plaasvind.
Jesus neem jou sonde en jy ontvang sy onskuld!
Hy sterf sodat jy ewig kan leef.
Hy word verneder sodat jy in God se heerlikheid kan deel.
Hy word skuldig verklaar, en jy is vry – heerlik vry! (Die Bybellennium)

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg:   Tel: 0442791679 :   Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130   :   Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247   :   Epos: ngoud@mweb.co.za   :   www.moeder.co.za