Bulletin 20-26 Junie 2021

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Baie welkom aan ds Gerrit van Schalkwyk wat die volgende Sondae se erediens waarneem:
Vandag (20 Junie), 27 Junie, 4 Julie & 11 Julie.

Gelukkige Vadersdag
Pappas is doodgewone mans, wat deur liefde verander is in helde, avoturiers, storie vertellers en sangers, en dan word hulle BUITENGEWONE pa’s!

VANDAG
VADERSDAG
NASIONALE BIDDAG VIR BLINDES
09:30 Erediens – Ds Gerrit van Schalkwyk
Deuroffers: Bediening Dowes
Peuterkerk tydens erediens
Kategese gr 1-10 tydens erediens –
Kinders gaan 09:30 direk na saal.

SONDAG, 27 JUNIE
09:30 Erediens – Ds Gerrit van Schalkwyk
Deuroffers: Gemeentedediening
Peuterkerk tydens erediens
Kategese gr 1-10 tydens erediens.
Kinders gaan 09:30 direk na saal.

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
21/06 Rina du Plessis
21/06 Elsa Pretorius
22/06 Ghun Boshoff
22/06 Jan Krause
25/6 Cecil Swart
26/6 Babe Theron

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Johann van Zyl
Tina Minnaar
Lidmate wat behandeling vir kanker ontvang.
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.
Bid asb ook vir ons dokters en ander verpleegpersoneel.

Ds Smuts neem sy afnaweek 17 – 21 Junie. Sy Sabbatsverlof volg daarop 22 Junie – 13 Julie. Indien u ’n leraar nodig het, skakel gerus vir Manus Blignault by 0829683675 en hy sal met ‘n Ringsleraar reël.

Bywoning van eredienste, opneem van offergawes en kategeseB
As gevolg van die nuutste veiligheidsregulasies soos aangekondig deur die staatspresident, moet ons (vir die soveelste keer sedert Maart 2020) sekere reëlings weer aanpas:
• Toegang tot eredienste sal slegs deur die hoofdeur geskied. Al drie deure sal egter oop wees om die kerkgebou na die erediens te verlaat.
• Bankkollekte word met inkom in houer gemerk “Bankkollekte” geplaas. Deurkollekte word met uitgaan in houer gemerk “Deurkollekte” geplaas.
• Onthou asb om gedurende die week by die kerkkantoor (044 2723130) te bespreek vir Sondag se erediens, aangesien daar net 50 mense binne ‘n gebou toegelaat mag word.
*** Onthou asb: Saniteer hande by deur, dra masker en moenie by deure saamdrom nie – hou veilige afstand.

Deurry-wegneem-ete, pannekoek en koeksister verkope.
Alle eer aan ons Hemelse Vader! – die dag was ‘n groot sukses!!! Baie dankie aan almal wat bydraes gemaak het – in watter vorm ook al! Baie dankie aan almal wat hard gewerk het! En baie dankie aan almal wat ondersteun het! Dankie vir die hartlike gees en gesindheid! Ons is dankbaar om ook op hierdie manier diensbaar te kan wees en saam te werk sodat die werk in die Here se gemeente kan voortgaan.

NUWE LIDMAAT:
Baie welkom aan die volgende lidmate, wie se lidmaatskapbewyse ontvang is.
Vanaf Oudtshoorn-Noord:
Bosch, Catharina Johanna Maria (geb. Minnie)
Vanaf Brackenfell – Proteahoogte:
Bauer, Ané (geb. Cilliers), Bauer Jean Michael en Bauer Briaan Gerrit

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za