Bulletin 2 – 8 Junie 2019

GETUIENISMAAND
Ds Smuts Janse van Rensburg
Jesus het gesê: Wie ore het en kan hoor, moet luister! (Mark 4:9)

VANDAG
BIDDAG VIR EKOLOGIE
09:30 PINKSTER (Voorbereidingsdiens)
Deuroffers: Bybelverspreiding
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na kerkdiens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
Tee na afloop van die diens in Braaikamer
18:30 PINKSTER
Deuroffers: Bybelverspreiding

MAANDAG
18:30 PINKSTER
Deuroffers: Bybelverspreiding
DINSDAG
18:30 PINKSTER
Deuroffers: Bybelverspreiding
WOENSDAG
18:30 PINKSTER
Deuroffers: Bybelverspreiding
DONDERDAG
18:30 PINKSTER
Deuroffers: Bybelverspreiding
SATERDAG
10:00 Lektuurverspreiding
VOLGENDE SONDAG
BIDDAG VIR JEUG EN KATEGESE
PINKSTERFEES
09:30 NAGMAAL
Deuroffers: Bybelverspreiding

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R4 887-70
Deuroffers: R1 239-50
Getal lidmate in diens: 225 + inwoners van 2 ouetehuise

Op ‘n Kerkraadsvergadering is die vlg persoon benoem as kerkraadslid:
Anton Gerber – Diaken

PINKSTER 2019
Neem ‘n besluit: Hierdie jaar gaan ek die Pinksterbidure bywoon!
Bring ‘n vriend, buurman of kollega saam.
Mag die Here ons as gemeente op ‘n besondere manier aanraak.
Mag ons wat ore het opnuut luister!

Sien Pinksteprogram wat by deure beskikbaar is.

LW: Lidmate wat vir die Pinksterbyeenkomste elke aand wil voorbidding doen,
kan vanaf 18:00 saam met ander voor-bidders in die konsistorie bymekaar kom.
Voorsang elke aand vanaf 18:15

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
04/06 Estelle Banfield, Gottlandhuis K11

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Kitty Nortier, St Saviourstraat 021
Annelize Crook, Van der Rietstraat 21A
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met:
Al die naasbestaandes van Lydia du Plessis (Jan v Riebeeck 35) na haar afsterwe – in besonder met Lydia en Renier O’Neale, asook Ruben en Scottie Els. (Die troosdiens was reeds gister.)

HOE KAN HUL GLO AS HULLE NIE HOOR OF DIT LEES NIE?
Saterdagoggend, 8 Junie, om 10 tot 11 vm, kan jy dalk iemand se rigting verander van die hel na die hemel en van die dood na die lewe.
Hoe? Kom na die konsistorie en deel dmv traktaatjies die beste nuus uit aan almal wat hulle hande oop hou. Jy hoef nie te kan praat of baie goed te weet nie –  net uithou en gee. Dis deel van ons gemeente se gehoorsaamheid om die liefde van Jesus te leef. Net vir ‘n uur.  Sien uit om jou daar te sien.

Verlof – ds Smuts van Rensburg
Ds Smuts is met verlof van 9 Junie tot 7 Julie. Gedurende hierdie tyd sal ds Gerrit van Schalkwyk die prediking waarneem en sal hy vir NOODGEVALLE (slegs ernstige siekte en dood) beskikbaar wees by 0828782954

Geloofsbelofteoffers
As jy nog nie ‘n geloofsbelofteoffer-vorm ingevul het nie, maak asb so. Daar is nog inligtingspamflette met die vorm wat ingevul moet word by die deure of die kerkkantoor beskikbaar. Besorg ingevulde vorm by kerkkantoor of gooi dit in dankoffersakkie.

OU HANDDOEKE
Iemand in ons gemeente het ou handoeke nodig. Indien u het, gee asb af by die kerkkantoor. Dankie

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

Volgende Sondag – Liefde Leef Bring & Braai (na nagmaal en kategese)
ALMAL word genooi na ‘n bring & braai in ons braaikamer. Die vure sal vanaf 11:30 brand en daar sal koffie ook wees. Bring jou eie eet- en drinkgoed. Eetgerei, stoele en tafels sal voorsien word. Dis ‘n geleentheid om mekaar bietjie beter te leer ken. Ds Smuts en Mariaan wil ook graag meer van ons lidmate rondom ‘n braaivleisvuur leer ken.
NB: Laat weet die kerkkantoor voor/op Donderdag as jy kom, sodat ons weet vir hoeveel om gereed te maak.

LIEFDE LEEF PROJEK:
Daar is groot behoefte aan komberse en warm klere vir die koue, asook KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap, konfyt, ens. Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Ondersteun asb hierdie projek. Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205

Om oor na te dink
Elke keer as jy vir iemand glimlag,
is dit ‘n daad van liefde,
‘n geskenk vir daardie persoon,
‘n pragtige gebaar.
(Moeder Teresa)

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za