Bulletin 18 April – 8 MEI 2021

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Teks: Joh 20:19,21,26 Tema: VREDE VIR JULLE

VANDAG
09:00 Erediens
Deuroffers: Gemeente Jeug
09:00 Peuterkerk & Kategese gr 1-10 – Tydens erediens (gaan direk na kategese)
Kategese belydenisklas (gr 11) – Na erediens in Skooltjie

SONDAG – 25 April
09:00 Erediens
Deuroffers: Gideons

SONDAG – 2 Mei
Arbeidsondag
Sinodale Bid- en Dankdag
09:00 Erediens
Deuroffers: Gemeente-ontwikkeling

SONDAG – 9 Mei
Moedersdag
09:30 Erediens
Deuroffers: Getuienis

Skole sluit Vrydag 23 April
Skole hervat Maandag 3 Mei
Kerkkantoor sal gesluit wees gedurende die skoolvakansie.

Eredienste 25 April en 2 Mei: 09:00
Eredienste vanaf 9 Mei: 09:30

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
21/04 Dries Liebenberg
22/04 Matthys Matthews
26/04 Susan Herselman
04/05 Winnie S

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Bettie Meyer
Gerald Crook
Johan Appel
Nettie van Zyl
Stanley van Rensburg
Tarra du Plessis
Lidmate wat behandeling vir kanker ontvang.
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.
Bid asb ook vir ons dokters en ander verpleegpersoneel.

Innige meegevoel met:
Naasbestaandes van Lydia Serfontein (Oudtshoorn Aftreeoord siekeboeg)
Janine Stander en familie, met die afsterwe van haar man, Stan (Christo)
Mag julle waarlik die troos van ons Heer beleef!

NUWE LIDMAAT:
Baie welkom aan die volgende lidmaat, wie se lidmaatskapbewys ons ontvang het.
Vanaf Oudtshoorn-Park: Marx, Melanie Henriëtte

Voorbidding gevra
Die ringskommissie fasiliteer tans ‘n gesprek tussen kerkrade van verskeie gemeentes op Oudtshoorn. Hierdie gesprek handel oor die moontlikheid van terugstigting na Moedergemeente. Die kerkraad het besluit om deel te wees van hierdie gesprek. Die gesprek is egter nog in ‘n beginstadium, en daar is geen besluite geneem nie. Die gemeente sal op hoogte gehou word van vordering van die gesprek . Wat belangrik is, is dat ons almal sal bid dat die Here sal lei in alle gedagtes en besluite, en dat slegs Sy wil sal geskied. Mag die uitkoms in belang van Sy kerk, tot eer van sy Naam en tot uitbreiding van Sy koninkryk wees.

KOMMISSIEVERGADERINGS
Gemeentebediening: Maandagaand, 3 Mei, 18h00 in die CJV-saal.
Liefde-Leef: Dinsdagaand, 4 Mei, 17h30 in die Skooltjie.
Eiendom: Dinsdagaand, 4 Mei, 18h30 in die Skooltjie.
Dagbestuur: Woensdagaand, 5 Mei, 18h00 in die CJV-saal.

Herstelwerk aan CJV-saal
Die kerkraad het besluit en begroot om hierdie jaar noodsaaklike herstelwerk aan die CJV-saal te doen. Daar word Maandag daarmee begin en dit sal ongeveer 3 weke neem om te voltooi.

LIEFDE LEEF
Ons benodig asb blikkies kos, pap, pasta, sop, ens… Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za