Bulletin 15 – 21 Mei 2022

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Baie welkom aan ds Francois du Plooy van De Rust gemeente wat vandag se erediens waarneem.

Ds Francois du Plooy
Tema: Stormgod
Teks: Matt 14: 22 – 33

VANDAG
Kanselruiling met De Rust gemeente
09h30 Erediens – Ds Francois du Plooy
Deuroffers: Getuienis
Kategese
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens.
Kategese Gr 4-10 na erediens.
Tee na afloop van erediens in Skooltjie

MAANDAG, 16 MEI
18:00 Kerkraadsvergadering in die Skooltjie.

SONDAG, 22 MEI
GASVRYHEIDSSONDAG
09h30 Erediens – Ds Gerrit van Schalkwyk
Deuroffers: Zimbabwe / Malawi / Mosambiek
Kategese

DONDERDAG, 26 MEI
13:15 HEMELVAARTDIENS

VERJAARSDAE 80+ jr
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.

Innige meegevoel met:
Ronel Crafford en gesin, met die afsterwe van haar ma, Marie Jonck.

Iemand siek of in die hospitaal?
Kontak asb vir ds Albé by 082 928 3561.

KERKRAADSVERGADERING 16 Mei om 6nm in die Skooltjie.

FINANSIȄLE JAARSTATE
Neem asb kennis dat die 2021/2022 Finansiële Jaarstate ter insae by die kerkkantoor beskikbaar is.

Deurdiens
Verwelkom kerkgangers vanaf 9vm by die deure. Indien u hierby wil inskakel, kontak asb vir Arthur Muller by 072 821 9400.

LIEFDE LEEF:
Daar is asb.groot behoefte aan blikkies kos, pasta, toiletware, warm klere en komberse vir die noodspens. Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u e-pos, selnommer, telefoonnommer of adres verander.

HUUR VAN PERSELE
CJV Saal : R1 000   (R1 000 deposito)
Braaikamer : R500   (R500 deposito)
Skooltjie : R500   (R500 deposito)
Kombuis : R800   (R1 000 deposito)
Maak gerus gebruik van ons persele. Lidmate betaal net halfprys.

Daniël Mannakonferensie – Manne by ‘n kruispad
Aangebied deur Braam Grobbelaar, Moreletapark Gemeente
Datum: 20-22 Mei 2022
Plek: NG Oudtshoorn Park, Buitekantstraat 200
Tyd: 19:00 – 21:00 (Vrydag), 08:30 – 14:00 (Saterdag)
Skakel asb kerkkantoor by 044 2722719 om bywoning te bevestig.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205

Gedagte vir die dag
‘n Dag met gebed omsoom
Rafel nooit uit nie

Leraar: Ds Albé Theunissen Sel: 082 928 3561   Epos: albe@moeder.co.za
Koster: Jan Engels Sel: 082 770 9995
Skriba: Annelet Nortier Tel: 044 272 3130   Epos: skriba@moeder.co.za
Facebook: Oudtshoorn Moedergemeente       Webwerf :  www.moeder.co.za
Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00       WhatsAppnr 062 969 8718