Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin. 14 Mei 2023

MOEDERSDAG
GASVRYHEIDSONDAG
09:30 Erediens
Deuroffers: FAMSA Jeugprojek
KATEGESE
Tee na afloop van erediens

MAANDAG 15 MEI
18:00 Kerkraadsvergadering
DINSDAG 17 Mei
10:00 – 11:00 Vrouebybelstudie
Kontak Ilsa 084 279 1797
DONDERDAG 18 MEI
13:15 Hemelvaartdiens (Moedergemeente)
KERKKANTOOR SAL GESLUIT WEES OP HEMELVAARTDAG (DONDERDAG, 18 MEI)
VOLGENDE SONDAG 21 Mei
09:30 Erediens
Deuroffers: Bybelverspreiding
KATEGESE
Tee na afloop van erediens
18:30 PINKSTER by Park Gemeente
Belangrike datums hierdie kwartaal
18 Mei (Donderdag) HEMELVAART
21 – 25 Mei PINKSTER & PINKSTERFEES
Die Pinkster is hierdie jaar by Park Gemeente. Dave Viljoen is die spreker.
Tema: Die Onse Vader-gebed
Offergawes tydens Pinkster ten bate van BYBELVERSPREIDING (Bybelgenootskap)
Basaarbedankings :
Elke keer staan ek verstom
om te sien hoe alles na die tafels kom!
Wit olifante en halwe skape in gelid.
Poedings en koeke word neergesit.
Vure brand hoog en pryse bly laag;
Moedergemeente het opgedaag!
Pannekoek, terte en plante wat blom,
ons almal doen dit net vir HOM!
Here, dankie vir genade en U seën.
Ons weet U het ons guns verleen!
Baie dankie vir elkeen se positiewe bydrae en harde werk wat ingesit is!
Dankie ook vir al die donasies wat ontvang is!
Die finale syfer sal deurgegee word sodra alles gefinaliseer is.
VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word u toegewens….
14/05 Elna Coetzee
14/05 Floris van den Heever
Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Hanties Scheepers
Johan Appel
Lidmate wat behandeling vir kanker ontvang.
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.
Bid asb ook vir ons dokters en ander verpleegpersoneel.
FINANSIȄLE JAARSTATE
Neem asb kennis dat die 2022/2023 Finansiële Jaarstate ter insae by die kerkkantoor beskikbaar is.
NUWE BANKBESONDERHEDE
Weens hoë bankkostes het die Kerk besluit om te skuif na FNB Bank.
Geliewe asb die nodige veranderinge by u bank aan te bring.
FNB
NG Moedergemeente
Rek nr.: 63038755352 Takkode: 210554
Leraar: Ds Albé Theunissen Sel: 082 928 3561 Epos: albe@moeder.co.za
Koster: Jan Engels Sel: 082 770 9995
Skriba: Elzanne Kruger Tel: 044 272 3130 Epos: skriba@moeder.co.za
Facebook: Oudtshoorn Moedergemeente Webwerf: www.moeder.co.za
Kantoorure: Maandae 10:00 – 12:00; Dinsdae tot Vrydae 09:00 – 12:00 WhatsAppnr 062 969 8718
