Bulletin 14 Maart 2021

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Skriflesing: Mat 27:11-26
Teks: Mat 27:19 – Tema: Jy hét met Hom te doen!

VANDAG
VYFDE LYDENSWEEK
09:00 Erediens
Deuroffers: Gemeentebediening
09:00 Peuters en Kategese gr 1 – 10 tydens erediens (Kinders gaan direk saal toe)
Gr 11 saam met ouer(s) – na erediens in kerkgebou.

VOLGENDE SONDAG
SESDE LYDENSWEEK
09:00 Erediens – Ds Gerrit van Schalkwyk
Deuroffers: Teologiese Kweekskool
GEEN KATEGESE

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R2 722-50
Deuroffers: R1 951-50
Getal lidmate in diens: 100 + inwoners van 2 ouetehuise

EREDIENSTE
Grendelregulasies laat tans toe dat 100 mense ‘n erediens kan bywoon. Lidmate wat ‘n erediens wil bywoon, hoef nie vooraf by die kerkkantoor name op te gee nie.

KATEGESE
Omdat ons net 100 mense in ‘n erediens kan ontvang, reël ons tans dat kinders gr 1 – 10 gedurende erediens kategese bywoon. Kinders wat kategese gaan bywoon, hoef ook nie vooraf name by die kerkkantoor op te gee nie. (Die reëling dat alle kinders behalwe gr 11 tydens erediens kategese het, sal net geld totdat die grendelregulasies opgehef word. Dan sal ons weer terugkeer na normaal – gr 1-3 tydens erediens, en gr 4-11 na erediens. Dit sal weer aan kinders geleentheid bied om ook eredienste by te woon.)

Ds Smuts – Afnaweek
Ds Smuts neem sy kwartaallikse afnaweek 18 – 22 Maart, DV.

LIEF EN LEED

VERJAARSDAE 80+ jr:
14/03  Rina de Beer, Tuishuiswoonstel 24
14/03  Niël Truter, Bothastraat 28
18/03  Stef Steffens, Jubileestraat 71
20/03  Corrie Alberts, Bellinganhof
25/03  Dotty van Rensburg, Bellinganhof K122

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Gerald Crook, Van der Rietstraat 21A
Koos Cilliers, Hoogstraat 170A
Nettie van Zyl, Jonkerstraat 17
Sidney Stander, Badenhorststraat 06
Stanley van Rensburg, Kerkstraat 1A
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met:
Hester van Eck met die afsterwe van haar broer.

SATERDAG 27 MAART 09:00 – 11:00 DV
Vleis-en-koekies-en-beskuit op ‘n drafstap…
Met dié dat ons as gemeente nie soos gewoonlik basaar kan hou nie, vind ons nuwe maniere van fondse insamel, saam te werk en saam te kuier. En hier is nog ‘n eerste:
Ons gaan Sat 27 Maart verkoping hou van vars vleis, koekies en beskuit.
Dit is die naweek voor Paasfees. Miskien kry jy kuiergaste. Sorg dat daar ‘n vleisie in die vrieskas is, of ‘n koekie of beskuit om voor te sit.
As jy ‘n bydrae vir die vleistafel wil maak (skaap/lam, bees, vark), of as jy by die verkope van die vleistafel wil help, kontak ds Smuts (0829216854) of Deon de Kock (0828560524).
As jy ‘n bydrae wil maak (koekies, beskuit, koeksisters, ens) vir die koekie- en beskuit-tafel, of met verkope kan help, kontak Louise de Kock (0845744933).
Kontak so spoedig moontlik!
Kom ons wees diensbaar en offervaardig, en werk soos altyd uit dankbaarheid saam met ‘n lied in die hart.  En moenie vergeet om jou vriende en familie van die verkoping te vertel nie!

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 :  Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za