Bulletin 14 Februarie 2021

MOEDERGEMEENTE BULLETIN

Eredienste – bywoning steeds beperk tot 50. Gee asb jou naam by kerkkantoor op (weeksdae 09:00-11) as jy wil kom. En onthou asb om jou masker op te hou! (Ons sal laat weet sodra ons hoor dat meer mense eredienste mag bywoon!)

Ons kinders gaan hierdie week terug skool toe. Ons wens hulle, ouers en onderwysers ‘n geseënde jaar toe. Bid asb vir almal betrokke – dat ons kinders se opvoeding en vorming nie verder skade sal lei nie.

Meegevoel met Heinrich en Amada Bosman met afsterwe van Amada se moeder, slegs 10 dae na die afsterwe van haar vader.
Bid asb vir almal wat siek is! Bid vir almal in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde (dink daaraan dat hulle in dié tyd nie besoekers mag ontvang nie.)

Bid asb vir die volgende lidmate:

* Jan & Cynthia Engels

* Johan Appel

* Stanley van Rensburg

* Marie Verwey

* Dawid Bresler

Mag Moedergemeente hierdie week ons leuse prakties uitleef:LIEFDE LEEF!

KATEGESE

Opvoeding en onderrig uit die Here se Woord, bly in die eerste plek doopouers se verantwoordelikheid. Die kerk wil graag ouers in hulle taak aanvul en bystaan. Daarom is kategese vir ons so belangrik. En daarom wil ons graag, stadig maar seker, en terwyl ons alle veiligheidsmaatreëls tov die virus wil nakom, met ons kategese terug beweeg na normaal.

1) Ons kategese (gr 1 – 11) begin Sondag 21 Februarie.

2) Omdat daar tans net 50 persone eredienste mag bywoon, word kategese in dieselfde tydsgleuf as eredienste gehou – nl 09:00!

3) Om in die lig van huidige buitengewone omstandighede ons kategese klasse veilig te reël, moet ons weet hoeveel kinders dit gaan bywoon. Daarom wil ons vra dat ouers asb die kerkkantoor Maandae – Woensdae tussen 09:00 en 11:00 sal laat weet as jou kind die komende Sondag die kategese om 09:00 gaan bywoon. Gee asb jou kind se naam en die graad waarin hy/sy is, aan die kerkkantoor deur.

4) Kinders is bewus van veiligheidsmaatreëls. Ons sal ook toesien dat by veiligheidsmaatreëls gehou word.

5) Sodra die inperkingsmaatreëls gewysig word en ons kategese reëlings kan aanpas, sal ons dit met ouers en die gemeente kommunikeer. Tot dan sal hierdie reëlings geld.

6) Omdat skoolkwartale gewysig is, is tuisnaweke ook gewysig. Die Sondae waarop daar kategese is en nié is nie, sal dus ook nie soos op die kerkalmanak wees nie. Ons sal elke kwartaal se kategese program aan ouers deurgee.

7) Help asseblief: Alle ouers van katkisante is nie op die gemeente se whatsapp-groep nie. Stuur asb hierdie boodskap oor kategese reëlings aan die ouers van kinders in Moedergemeente.

Kontak my (ds Smuts) of die leier-kategeet Louise de Wet vir enige navrae of as iets onduidelik is.

Dankie aan ouers vir samewerking in belang van ons kinders se geestelike vorming.