Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.
Ons is baie bevoorreg om die Palissander Kamerkoor vanoggend in ons erediens te verwelkom! Hulle gaan die erediens vir ons lei deur Woord en sang.
Kinderkerk en Kategese gaan aan soos normaal.
VANDAG
09h30 Palissander Kamerkoor
Deuroffers: Arbeidsbediening
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens.
Kategese Gr 4-10 na erediens.
Tee na afloop van diens in Skooltjie
VOLGENDE SONDAG, 21 AUGUSTUS
09h30 Nagmaal
Deuroffers: BADISA
Kategese
SONDAG, 28 AUGUSTUS
09h30 Dankseggingsdiens
Deuroffers: Bybelvertaling
Kategese
Ringsitting 28 & 29 Augustus
VRYDAG, 2 SEPTEMBER
06h30-07h00 Biduur
SONDAG, 4 SEPTEMBER
Nasionale biddag vir dowes
09h30 Erediens
Deuroffers: Instituut vir dowes
Geen Kategese – tuisnaweek
MAANDAG, 5 SEPTEMBER
17h30 Eiendomskommissie, DVK & Finanskommissie: in die Skooltjie.
DONDERDAG, 8 SEPTEMBER
09h30 Biduur Tuishuis
KERKRAADSVERGADERING
12 September om 18h00 in die Skooltjie.
VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar. Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
Ons bid vir die lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Lucinda Spies
Asook lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.
Meegevoel aan die familie van:
Tannie Corrie Alberts, sy is op 09-08-2022 oorlede
Iemand siek of in die hospitaal?
Kontak asb vir ds Albé by 082 928 3561.
BELANGRIK!!!
Die kerkkantoor sal tot verdere kennisgewing slegs oop wees op:
Maandae, Woensdae & Vrydae 09h00 tot 11h00
NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerk -kantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.
LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.
NOODSPENS:
Daar is asb.groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap… Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.
BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630
Die Wilde Karoo Trailrun@Tsumkwe
Op Tsumkwe in wildskamp tussen veldblomme en diere op SATERDAG, 24 SEPTEMBER 2022
Hou hierdie datum oop. Ons gaan asb weer almal se hulp nodig hê.
Internet inskrywings is oop:
https://www.entryninja.com/events/78165-wilde-karoo-trail-run
Braaipakke @R50 met braaigeriewe
Roosterkoeke, pannekoek en poeding sal ook te koop wees
Leraar: Ds Albé Theunissen Sel: 082 928 3561 Epos: albe@moeder.co.za
Koster: Jan Engels Sel: 082 770 9995
Tydelike Skriba: Marianna Stassen Tel: 044 272 3130 Epos: skriba@moeder.co.za
Facebook: Oudtshoorn Moedergemeente Webwerf: www.moeder.co.za
Kantoorure: Maandag, Woensdag & Vrydag: 09h00 – 11h00 WhatsAppnr 062 969 8718