Bulletin 14 – 20 Julie 2019

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Kies dan vandag wie julle wil dien… (Jos 24:15)

VANDAG
09:30 Erediens
Deuroffers: Gemeente Jeug
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kinders bly in kerk tydens kinderdiens. Graad 1 tot 10 kategese bly na diens in kerk om bywoning-register af te merk.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
Tee na afloop van die erediens in Braaikamer.

VOLGENGE SONDAG
09:30 Erediens
Deuroffers: Studentebearbeiding

Dankie
Die kerkraad en gemeente wil graag vir ds Gerrit van Schalkwyk bedank omdat hy gedurende ds Smuts van Rensburg se verlof die leraars-verlpligtinge op hom geneem het.

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R4 240-40
Deuroffers: R993-20
Getal lidmate in diens: 135 + inwoners van 2 ouetehuise

Geluk aan
Mariaan Janse van Rensburg met haar verjaarsdag Vrydag, 19 Julie! Mag jy ‘n wonderlike dag beleef, en mag jy in die nuwe lewensjaar die seën van ons Heer beleef! Dankie dat jy reeds vir soveel jare vir ds Smuts in die bediening ondersteun, en dankie dat jy self ‘n voorbeel van diensbaarheid en toewyding is.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
16/07 Wilme van der Vyver, Caves Aftreeoord 74

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Susan van Heerden, Parkweg
George Wallace, Riempie Uitzicht
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met families en naasbestaandes wat geliefdes aan die dood afgestaan het:
Wayne en Linette Venter (Jakarandastr) met die afsterwe van hul seun, Philip
Isma van Tonder met die afsterwe van haar skoonmoeder Freda van Tonder (Tuishuis)
Ronél Smuts (Van Riebeeckweg) met die afsterwe van haar vader
Naasbestaandes van Corrie Dawson (Hugenootstr)

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Ondersteun asb hierdie projek. Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205

NG Kerk Oudtshoorn-Suid bied aan:
VROUE-AAND: Dinsdag 6 Aug 2019 om 18:30 in die Anneks (langs Kerksaal)
Tema: Pienk Pret Drag: Semi-formeel met iets pienk
AAND VOL PRET met gaskunstenaars Tania Smit (skrywer) en Janine Fourie (sanger)
(Ligte aandete ingesluit)
PRYS: R130: Kaartjies by Oudtshoorn-Suid Kerkkantoor en Marianne Dall 083 564 3508

DIENS VAN BARMHARTIGHEID:
Dit is nou weer winter en ons benodig asb blikkies kos, pap, pasta, sop, warm klere en komberse.  Ons benodig ook asb roomysbakke en margarine bakke vir sop. Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander

Herstelwerk in kerk
Die kerkraad het besluit en begroot om hierdie jaar noodsaaklike herstelwerk in die kerkgebou te doen. Ons vra om verskoning vir enige ongerief. (En as daar iewers ‘n bietjie stof is, vra ons begrip.)

Die Here verwag nooit van ons om iets te doen wat buite ons vermoë is nie.