Bulletin 13 Augustus 2023

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

VANDAG
09:30 Erediens
Deuroffers: Straatwerk
KATEGESE/KLEUTERKERK
Tee na afloop van erediens

DINSDAG 15 Augustus
10:00 – 11:00 Vrouebybelstudie
Kontak Ilsa 084 279 1797

DONDERDAG 17 Augustus
Biduur Gottlandhuis

VOLGENDE SONDAG 20 Augustus
09:30 Nagmaal
Deuroffers: BADISA
KATEGESE/KLEUTERKERK
Tee na afloop van erediens

KERKRAADSVERGADERING
14 Augustus om 18h00 in die Skooltjie

Ons bid vir die lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Tannie Anna Henstock
Lidmate in siekeboeë van ouetehuise en aftreeoorde.

Ds Albé neem sy kwartaallikse afnaweek 25-27 Augustus.
Indien u ’n leraar nodig het, skakel gerus vir Manus Blignault by 0829683675 en hy sal met ‘n Ringsleraar reël.

Iemand siek of in die hospitaal?
Kontak asb vir ds Albé by 082 928 3561.

LIDMAAT GEGEWENS
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

NOODSPENS
Daar is asb.groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, blikkies kos… Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

Bestuur van Gemeente webblad
Ons kort ‘n vrywilliger met basiese rekenaarvaardighede wat die bestuur van ons Gemeente se webblad kan oorneem. Opleiding sal verskaf word. Kontak asb die Kerkkantoor.

BANKBESONDERHEDE
NG Moedergemeente
FNB Rek nr: 63038755352
Takkode: 210554

Ek wens vir jou…
‘n Bril – sodat jy die sonskyn en skaterlag in elke dag sal raaksien.
Dat die lourierblaar jou sal herinner
dat jy in Christus ‘n wenner is.
Dat jy in die blommeprag rondom jou
sal onthou dat klein dingetjies
sin aan die lewe gee.
Dat jy met passie sal lewe
en onvoorwaardelik soos
Christus sal liefhê.
Dat jy die goue draad van Sy genade
wat jou ewig deurvleg, sal raaksien.
Dat jy in die voetspore van Jesus sal leef en sy voorbeeld sal navolg.

NG Moedergemeente bied aan:
SATERDAG, 2 SEPTEMBER 2023 – WILDE KAROO TRAILRUN & PRETSTAP/DRAF
Op Tsumkwe ‘n wildskamp tussen veldblomme en diere.
Hou asb hierdie datum oop. Ons gaan asb weer almal se hulp nodig hê. Verdere inligting volg later.

Leraar: Ds Albé Theunissen Sel: 082 928 3561 Epos: albe@moeder.co.za
Koster: Jan Engels Sel: 082 770 9995
Skriba: Elzanne Kruger Tel: 044 272 3130 Epos: skriba@moeder.co.za
Facebook: Oudtshoorn Moedergemeente Webwerf: www.moeder.co.za
Kantoorure: Maandae: 10:00 – 12:00; Dinsdae tot Vrydae: 09:00 – 12:00
WhatsAppnr 062 969 8718