Bulletin 13 – 26 Februarie 2022

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Albé Theunissen
Tema: Goeiemôre Skape!
Teks: Joh 10: 1 – 16

VANDAG
BIDDAG VIR OPVOEDING EN ONDERWYS
09h00 Erediens
Deuroffers: Gemeente Jeug
Peuters bly in die kerk
Kategese Gr 1 -3 bly in die kerk
Kategese Gr 4-11 bly in die kerk
Kategese: Alle kinders bly na die erediens in die kerk vir opening van kategese en
klasindelings.

DONDERDAG, 17 FEBRUARIE
17:30 Diensverhoudinge
18:30 Finanskommissie

SONDAG, 20 FEBRUARIE
09h00 Evangelisasiereeks
Deuroffers: Gemeentebediening
Geen Kategese (Tuisnaweek)
18h30 Evangelisasiereeks
Deuroffers: Gemeentebediening

MAANDAG, 21 FEBRUARIE
18h30 Evangelisasiereeks
Deuroffers: Gemeentebediening

DINSDAG, 22 FEBRUARIE
18h30 Evangelisasiereeks
Deuroffers: Gemeentebediening

SONDAG, 27 FEBRUARIE
EERSTE LYDENSWEEK
09h00 NAGMAAL
Deuroffers: Gemeentefonds
Kategese

KATEGESE
Baie welkom aan al ons jongmense. Ons glo dat vanjaar geestelik verrykend sal wees en dat ons almal net nog nader aan ons Hemelse Vader sal groei.
Die graad 1 kinders moet saam met die res van die kinders in die kerk bly na afloop van die diens, sodat hulle in hul onderskeie klasse ingedeel kan word.

Evangelisasiereeks
Ons jaarlikse evangelisasiereeks is vanaf Sondag 20 tot Dinsdag 22 Februarie. (Sondag 09:00 en 18:30, Maandag 18:30 en Dinsdag 18:30.) Die reeks word hierdie jaar gelei deur ds Albé Theunissen.
Lidmate word uitgenooi en aangemoedig om hierdie reeks by te woon. Nooi asseblief ook vriende, kollegas, lidmate van enige kerk, asook mense wat nooit in die kerk kom nie. Bid asseblief saam vir vrug op die bediening van die Woord.

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
19/02 Chris Crafford

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Nico Oppel
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde
Innige meegevoel met: Johan Terblanche en gesin, met die afsterwe van sy ma, Vera.

NUWE LIDMATE:
Baie welkom aan die volgende lidmate, wie se lidmaatskapbewyse ons ontvang het.
Vanaf Porterville:
Theunissen Albertus Johannes
Theunissen Jennifer (geb. Potgieter)
Theunissen Daniël Jacobus
Theunissen Markus Willem
Theunissen Emma
Vanaf Hartbeespoort:
Mulder Bartholomeus Frederick
Mulder Maria Magdalena (geb. Meyer)
Vanaf Oudtshoorn-Noord:
Strachan Wynand
Vanaf Oudtshoorn-Park:
Erasmus Ernst Hendrick
Vanaf Oudtshoorn-Suid:
Calitz Petrus Johannes
Calitz Elizabeth Eleanor (geb. Croukamp)
Vanaf Oudtshoorn-Wes:
De Beer-Fick Sharlene (geb. De Beer)

BYBELSTUDIE:
Alle dames welkom om in te skakel by Bybelstudiegroepe. Dinsdae 8:45vm of Dinsdae 10vm in konsistorie.
Kontak Ilsa 084 279 1797

Wêreldbiddag vir Vroue op Vrydag 4 Maart om 13:00 – 13:45 vanuit Oudtshoorn Moedergemeente. Almal welkom!

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

Help asb!!!
Het u dalk ‘n ekstra Android foon (nie ouer as 4 jaar nie) wat u kan skenk? Ons benodig asb dringend een by die Kerkkantoor.

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb. Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

LIEFDE LEEF PROJEKTE:
Na Desember vakansie is ons spens redelik leeg. Daar is asb. groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap…
Enige ander skenkings van komberse, lakens, gordyne, handdoeke en klere sal ook waardeer word.
Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205

EERSTE KWARTAAL BELANGRIKE DATUMS
20 – 22 Februarie : Evangelisasiereeks
27 Februarie : Nagmaal
4 Maart : Wêreldbiddag vir Vroue
5 Maart : Wêreldbiddag vir Mans
8 – 10 Maart : Kerkkantoor gesluit vir Oudit
10 Maart : Biduur by Tuishuis
17 Maart : Biduur by Gottlandhui

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u e-pos, selnommer, telefoonnommer of adres verander.

KOMMISSIEVERGADERINGS
Diensverhoudingkommissie: Donderdagaand, 17 Februarie, 17h30 in die kerkkantoor.

Finanskommissie: Donderdagaand, 17 Februarie, 18h30 in die kerkkantoor.

KERKRAADSVERGADERING : 28 Februarie om 18h00 in die Skooltjie.

Nuwe lidmate
WELKOM aan alle nuwe lidmate in Moedergemeente. Dis ons bede dat julle in Moedergemeente ‘n geestelike tuiste sal vind waar julle die Here se liefde beleef, en waar julle deur diensbaarheid en betrokkenheid geleentheid sal vind om die Heer se liefde uit te leef. Mag julle saam met Moedergemeente groei in julle kennis van die Here en sy Woord, en so ook in julle liefde vir Hom!
By die deure is ‘n vormpie vir nuwe intrekkers wat jy kan invul.
Jy is ook welkom om ‘n draai by die kerkkantoor te maak (Maandae tot Vrydae 09:00 – 11:00), of om met ds Albé Theunissen kontak te maak (082 928 3561).

Om oor na te dink
Moet nooit die geleentheid laat verbygaan om liefde te betoon nie.
Dit wat jy in ruil ontvang,
sal jou vir ewig dra.
– Christopher Reeve –

Leraar: Ds Albé Theunissen Sel: 082 928 3561 Epos: albetheunissen@gmail.com
Koster: Jan Engels Sel: 082 770 9995
Skriba: Annelet Nortier Tel: 044 272 3130 Epos: ngoud@mweb.co.za
Facebook : Oudtshoorn Moedergemeente Webtuiste : www.moeder.co.za
Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00